Die Britte, alhoewel hulle oor die algemeen stokke in hulle holle het, is glad nie sleg met karbou nie. Kyk byvoorbeeld na die oorspronklike Mini uit die 60’s uit. Dik suksesvol. Huge. In fact so goed dat BMW dit in 2003 oorgeneem het en nog ‘n groter sukses daarvan gemaak het. Ironies genoeg het die Britte se kak met karre min of meer dieselfde tyd as in die era van die Mini begin. Dalk even vroëer. Die main rede was die stok in die hol. Designers het bietjie agtergebly en werksmanskap het ‘n backseat gevat. Asof niemand ‘n fok omgegee het nie. About dieselfde as wat tans met Suid-Afrika se myne gebeur, net met minder doodslag.
Nogtans is het daar steeds goeie karre van die fabrieke se vloere afgerol maar met “goeie karre” bedoel ons mooi karre met gebreke. Soos om Kate Upton uitgestrek op haar rug op jou bed aan te tref na ‘n lang dag se harde werk maar wanneer jy die lakens wegtrek, is haar piel groter as joune. Dissappointed!
Een van hierdie cabbies was die Triumph TR6, ‘n straight six wat tussen 1969 tot 1976 vervaardig is. Daar is altesaam 94619 by die fabriek uitgestoot waarvan 86249 uitgevoer is en 8370 in Soutpieleland agtergebly het. Destyds was dit fokken baie vir ‘n production line, maar deesdae is dit maar ‘n klein getal as jy byvoorbeeld op die N1 kyk na hoeveel dose BMWs ry.
Die Triumph was ‘n mooierige karretjie. Die body was lekker sporty (soos Upton se tiete) maar die res van die kar kan gesien word as Upton se piel. Gearbox failures was daar baie van (eintlik regoor die Britse motorspektrum in die laat 60s en vroee tot mid-70s), ‘n kak handbriek, kak gewone brieke, ‘n te klein radiatorbottel en gevolglik overheating en ‘n moerse weird struktuur. Wat laasgenoemde aanbetref was die kar se body aan die raam vasgebolt gewees so as jy oor ‘n speedbump of ‘n treinspoor gery het, het dit gelyk of die kar se dashbord op sy eie move. Heavy skeel-oog vibes. By the way, mens noem dit “cowl shake” of “scuttle shake” in case jy wonder hoekom jou Kia so maak. Omdat die tjorrie ‘n sportsmotortjie was (hy kon blykbaar 190km/h top-end) het hulle dit goed gedink om ‘n hard-top as ‘n optional extra beskikbaar te maak. Die catch was dat dit twee mense geneem het om die dakkie op te sit. Fokken blaaint.
Gepraat van optional extras… hoe faktap is dit dat mens deesdae met die aankoop van ‘n nuwe kar al die “optional extras” moet optel by die prys? Het jy al gecheck dat metallic paint ‘n fokken optional extra is? Ek wil nog sien hoe die poes dit werk:
“Ja, ek soek die nuwe Merc C180, maar ek soek nie metallic paint nie. Laai hom so af met daai grys primer. Ek sal hom self spraypaint”
“Meneer, jy moet ‘n kleur kies”
“Man, moenie my fokken meneer nie. Ek soek hom kaal. Ek wil nie sesduisend skille ekstra vir paint betaal nie, jissis. Dis mos ‘n ekstra.”
en so aan…
Terug by die Triumph TR6 – Is dit ‘n terrible kar? Wel, ja. Dis ‘n terrible stuk kak onveilige ding uit die 70s uit, maar dis nou 2014 en as ‘n Sondagkar kan die outjie werk. Daar is baie aftermarket parte en what-whats om die tekortkominge uit te sort. Ons kan net nie guarantee dat jy gaan gwap optel met hom nie. Beslis nie Kate Upton nie. Die ander probleem is dat hy nie so maklik beskikbaar is in Suid-Afrika soos in byvoorbeeld Amerika of Australia nie. ‘n Vinnige Google search lewer so paar van hulle op in Amerika vir tussen $9000 (dan is hulle fucked) en $45000 (mooi agter hom gekyk, meneer).
Vir daai klas van zak kan jy eerder ‘n Audi A4 splinternuut koop en die dak met ‘n grinder afsny. Hy sal nog steeds meer stabiel as die Triumph TR6 loop…
Watkykjy staan op 3,089,928 post views in totaal sedert 1 November, 2019.