Tussen draties kap en vir die kak wat refs alweer vanjaar anvang het ons dalk so bietjie belangstelling in rappie verloor. Die naweek jol die Bokke egter so dalk is dit tyd om weer vir 'n slag die keyboard af te stof – en nee ons het nie die keer 'n SuperBru pool nie want een poesgroot pool is seker genoeg.
As jy dalk die naweek in Snorcity by daai huge bierfest gaan wees mag so stukkie rappie kakpraat jou dalk help iewers, so kom ons check gou so bietjie.
Right, vir starters behoort die Walliese afrigter, Warren Gatland, se post-match speech Saterdag met iets soos “Fokkit, hulle forwards het ons verniel!" af te skop. Die bra kan heel moontlik ook tune: “Net toe ons dink Bakkies het ons gebliksem, toe gooi die manne so bietjie Lood by, ons bloei nou nog.” Nee kyk boys, wen behoort ons te wen al lyk ons agter so bietjie wankelrig.
Onthou ook dat van Wallis se groot kanonne nie die trip gemaak het nie en as jy in ag neem dat daar groot hoeveelhede Bloubulkultuur in Bokbloed gepomp word, is dit dalk goed so. Noem dit die Baanbrekerbloubulbroerbrigade. Dit is nou maar net eenvoudig 'n feit dat ons die sagmaakproses die naweek in volle swang behoort te sien. Shots vir almal. Ek meen, nie eers 'n kopkou by een van daai warm bokkies wat op Woensdae op die site feature sal my oortuig om vir 10 minute teen Duane Vermeulen, Willem Alberts, Francois Louw,Bakkies Botha, Matfield, Guthro Steenkamp of die Du Plessis broers te try jol nie. Imagine dan dat daar nog 'n Beast en 'n Shrek (Coenie Oosthuizen) op die bench wag om jou shots te gee net sodra jy skiem dis genoeg. Hectic shit bra.
Check, ons weet Die Bok moet bliksem en so nou en dan 'n vuil fokker op die veld wees en hy sal sy Springs streke moet wys om die klomp witvelle te verslaan. Bakkies spaar mos die mooi praatjies en gentlemen-like behavior vir na die game, of hoe? Al gee Wallis hul alles soos Jacques Kallis behoort hulle nie die mas op te kom nie. Nie eens teen 'n gelapte agterlyn nie. Noddefok. Daai vibes in die backline maak my so bietjie worry. Jy kan nou tune van Frans Steyn wat jy wil, maar een ding is verseker, niemand, ja fokken niemand, boot 'n bal so vêr soos daai bra nie. Hy maak ook heavy uit van mieliesak met die skouer plat trek en as ons nou mooi daaraan dink het hy ook kak met PDivvy opgetel so paar jaar gelede opgetel. Fok, Frans. Wat gaan aan?
Dalk het dit iets met Snake White te doen? Fransie het mos vir die Sharks namens die jakkals 'n traan op national TV gepik nadat die Bulls hulle so bietjie gestamp het. Either way, dit is huge – hoe ironies is dit nou dat almal die bra so ruk terug oor sy gewig kak gebyt het? Kom ons hoop Heineken weet iets wat ons nie weet nie.
Op die slightly meer positive note,like ek erg die idee van Lood op die bench. Hy jol nog heel jaar lekker spoedkatrappie en behalwe vir daai kak klos hare waarmee hy rondloop lyk hy heel lus vir koppe stamp. Guthro se 50ste behoort ook spesiaal te wees. Ons weet mos uncle Fester maak uit van manne faktap tackle. Van all die stutte daarbuite laat hy my die meeste aan Os dink.
Dit bring my by my actual punt. Jy weet, die rede hoekom ek my hier my bek moes rek. Ek is opsoek na 'n paar cheerleaders wat uitmaak van biskuit skut en kak praat oor rappie. Daar is 'n plan om so ietsie vir die Currie Cup te doen… sal nog die details gooi.
In die meantime, as jy skiem jy sien kans, drop ons 'n mail by kapteinkorbroek@gmail.com Of tune my op @tune_jou_once.
Die plan is om een vir elke span te kies en onthou, dit gaan hier oor gees en rappie kennis, nie so seer cupsize nie.
Nou maar piele vir Sannie.
Watkykjy staan op 3,083,276 post views in totaal sedert 1 November, 2019.