Locally sal die BLK JKS die Foo Fighters support saam met international band Kaiser Chiefs! (check die video onder). Nie die fokken sokker span nie, die band, pappie!
Ons sit nou al so rukkie op hierdie geheimpie, maar omdat ons mense van inbors is (ons like ook van die uitbors tipes) het ons so bietjie gewag met die bandwagon, want dit lyk of almal die sleutels vir die fokken ding soek en afpoes. Ons het ook ‘n ekstra bederfie as net bloot die nuus dat Foo Fighters Suid-Afrika toe kom in Desember (supported deur Kaiser Chiefs). Ons het actually ook tickets om weg te gee! Yaaay!
*spring op-en-af en klap handjies vinnig teen mekaar*
Twee dubbel tickets vir Kaapstad en twee dubbel tickets vir Joburg. Vier Watkykerjies gaan dus gelukkig genoeg wees om hulle beste maatjies saam te sleep na een van die acts waarvoor Suid-Afrika nou al fokken lank met boners staan en drool. Die moerefokken Foo Fighters!
Tickets sales maak hierdie Donderdag 9am oop op www.bigconcerts.comen by Computicket, so slaap wakker!
Kaapstad se tickets (Woensdag, 10 Desember) wissel tussen R395 en R960 per ticket
Joburg se tickets (Saterdag, 13 Desember) wissel tussen R350 en R1085 per ticket.
Wat op die spel is as jy by ons wen:
Twee double tickets (general standing) vir die Kaapstad show op 10 Desember (Cape Town Stadium)
Twee double tickets (general standing) vir die Joburg show op 13 Desember. (FNB Stadium)
Met ander woorde, vier gelukkig Watkykertjies in die Noorde en die Suide.
Hoe staan jy ‘n kans om te wen?
- Ons het ‘n lys van 10 van ons eie gunsteling Foo Fighters songs gekies en vir jou hieronder geplak.
- Jy kies dertig sekondes van enige van hierdie tien songs, jol dit op jou hi-fi of TV of ipod en maak ‘n video van hoe jy aapkak gaan saam met die tune. Die tien songs in ons lys is ‘n starting point – jy is welkom om ander Foo Fighters songs te kies. Laat weet ons net watter een jy op besluit het.
- Jy kan saamsing (met ‘n masker op as jy wil), jy kan soos ‘n wurm breakdance op die vloer, jy kan saam kitaarspeel, jy kan dromme maak van koffieblikke, jy kan buite voor jou kar in die straat tekere gaan. Solank dit nie langer as ongeveer 30 sekondes is nie.
- Ons soek klas, ons soek styl, ons soek jou desperaatheid en ons soek originality en fun. Doen moeite as jy wil wen. Net jou verbeelding kan jou keer om nie die Foo Fighters te gaan kyk for free nie.
- Jy laai die video op YouTube en jy mail die link na ons toe
- Jou titel MOET ten minste die volgende inhê: Watkykjy Foo Fighters, gevolg deur whatever jy dit wil noem.
- Ons sal al die bestes op die site feature van tyd tot tyd en twee wenners kies vir Joburg en twee wenners kies vir Kaapstad. As die gehalte van entries nie up to scratch is nie, sal ons die oorblywende tickets op ‘n ander manier weggee of sommer self hou.
- Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 31 Julie 2014 om 21:00 die aand.
Hier is die songs waaruit jy jou 30 sekondes stukkie kan kies. As jy ‘n groot fan is, sal jy almal ken (daar is ‘n playlist ook onder hierdie waar jy na stukkies van die tunes kan luister)
‘Everlong’
Vanaf: ‘The Colour and the Shape’ (1997)
‘Best of You’
Vanaf: ‘In Your Honor’ (2005)
‘My Hero’
Vanaf: ‘The Colour and the Shape’ (1997)
‘All My Life’
Vanaf: ‘One by One’ (2002)
‘Monkey Wrench’
Vanaf: ‘The Colour and the Shape’ (1997)
‘The Pretender’
Vanaf: ‘Echoes, Silence, Patience & Grace’ (2007)
‘Walk’
Vanaf: ‘Wasting Light’ (2011)
‘Stacked Actors’
Vanaf: ‘There Is Nothing Left to Lose’ (1999)
‘This Is a Call’
Vanaf: ‘Foo Fighters’ (1995)
‘Learn to Fly’
Vanaf: ‘There Is Nothing Left to Lose’ (1999)
Raak jy ook al heavy fokken exicted?
Hier is sommer Everlong se video ook:
En jissis man, Kaiser Chiefs kom ook. Hoe befok is dit? Een awesome gig fucked into one!
Watkykjy staan op 3,118,586 post views in totaal sedert 1 November, 2019.