Deur Juan Boy de Kok
Wat het gebeur in Hollywood? Een van my eerste herhinneringe as kind was Spiderman in the drive in. Sonder CGI. Dit was AMAZING. Dit wat ek die naweek gekyk was ‘n onsekere ervaring, asof ek Loving, Thornbirds of Les Misrables kyk. Want regtig, as Rabobi nog eenkeer gepis het moes hulle hom op ‘n drip sit. Dit was ‘n teatrale soetsappige geteem oor kalwerliefde en die innerlike stryd van ‘n tiener laaitie: “Ek smaak jou, maar ek kan nie by jou wees nie, ek laaik jou, maar fokken los my uit, ek is jammer, jy is jammer, ek dink ek’s gay, my pa was ‘n doos, nee ek is ‘n doos”. Net as dit te veel raak en jy dink die fliek is klaar dan begin dit weer. Nee wat… Twilight het ons flieks verewig befok.
Wel een goeie ding wat ek kan sê is die villains was nogal okay. Eintlik was hulle scarier as die ANC se magsuksessie – jy dink elke keer dit kan nie erger raak nie. Eers is dit Electro, Thor se BEE partner wat heeltyd short en alles om hom kak saam, dan is dit die Max gang se airborn unit, dan is dit Renoster-in-‘n-blik (wonder waar kak hy?)
Hollywood moes hulle penne stomp geskryf het vir Spidy om al daai kak uit te sort, en in alle eerlikehied dink ek hulle het gefaal. Jy kan net soveel kak uitsort met ‘n string snot. Ek dink hulle sou sy gat geskop het as dit ‘n regte skoolbarnie was agter die paviljoen. Jou chick gaan dit laaik, punte, maar jy gaan doedoes in dié een. Ek het naderhand gevoel soos daai ouens wat net gaan rugby kyk vir die fights, en daar was net twee, minder as ‘n weeksaand in Jepico’s…
Watkykjy staan op 3,101,749 post views in totaal sedert 1 November, 2019.