Deur Big H
Ons was vir die aand na die hart van Johannesburg toe om die launch van The Slashdogs se nuwe album in Town Hall in Newtown te gaan check.
Auriel van Zyl van ArcAngel Music het ‘n befokte gig aanmekaar gesit om The Slashdogs se nuwe album, Progress Through Plunder, bekend te stel. Ondersteun deur Cortina Whiplash, The Black Cat Bones en Dead Lucky sou dit ‘n aand wees wat Slashdogs ondersteuners nie gou sou vergeet nie.
Ek het voor die launch al ‘n paar van die songs op die nuwe album gehoor, en die video vir die eerste single op die nuwe album, Black and Blue, is ook befok lekker. Ek het dus fokken baie na die aand uitgesien, en het defnitief nie teleurgesteld huistoe gegaan nie.
By the way, julle kan die nuwe video sommer hier check:
Soos gewoonlik was daar lekker merchandise by die deur te koop. Wat egter heeltemal uniek was, was die feit dat jy die individuele songs op die nuwe album as “matchbooks” kon koop. Ja, soos in regte-egte pakkies vuurhoutjies, elkeen met sy eie unieke artwork op, met ‘n kode agterop waarmee jy die song kan download. Ek weet nie wie se idee dit was nie, maar dis ‘n fokken goeie een.
Die nuwe album probeer nie te hard om polities te wees nie, maar The Slashdogs is ook nie bang om eg Suid-Afrikaanse kwessies aan te spreek nie. By die deur was daar posters en t-shirts van die movie Miners Shot Down te koop (http://www.minersshotdown.co.za/) en die opbrengs daarvan het gegaan aan die Marikana Support Campaign.
Ek dink ‘n mens kan lank daaroor redeneer of bands regtig in politiek betrokke moet raak of nie, maar as jy soos hulle actually iets daaraan doen en nie die hele tyd net kak praat daaroor nie, dan is dit ‘n goeie ding. Verkope van die single Marikana gaan ook aan die betrokke families geskenk word, en jy kan dit hier op iTunes koop
Die Slashdogs bestaan al van 2003 af en het al ‘n hele paar veranderinge ondergaan. Die grondslag is nogsteeds rockabilly en klassieke rock ‘n roll, maar hulle was nog nooit bang om nuwe goed te probeer en dit hul eie te maak nie. Die nuwe album het elemente van punk en metal en folk in, en die lirieke is uitstekend. Dis ‘n eerlike en ‘n hoogs persoonlike album, en met tye nogal donker, wat teruggaan na al die basics van goeie rock ‘n roll toe.
Ryan Tarboton is volgens my een van die beste frontmen in die besigheid. Bygestaan deur Henk Lustig op bass, Paul Gioia op lead guitar, Gianluca Tadiello op rythm guitar en Willem Sohnge op dromme, is The Slashdogs een van die beter live acts wat jy op enige plek in S.A. sal sien. Daar is ‘n energie op die verhoog en ‘n konneksie met die crowd wat min bands kan namaak, en die gig by Town Hall was geen uitsondering nie. In kort, dit het gekook, en as jy nie wakker was nie sou die mosh pit jou heel ingesluk het.
Die godfathers van Suid-Afrikaanse rock ‘n roll is hier om te bly, en met mening!
Watkykjy staan op 3,089,800 post views in totaal sedert 1 November, 2019.