Vroeër hierdie jaar het die Cape Town Chapter van Watkykjy gaan rock en fok en roll by RAMfest. Kliphard. Lees presies hoe hard in die Kaapse round-up.
Wat ons nie vir julle getune het nie, was dat ons saam met befokte Kaapse metal band Conduit getravel het op hulle Road to RAMfest.
Check, hulle was een van die nuwe bands wat na ‘n Battle for RAMfest in Stellies ‘n opportunity gegee is om die Vrydag op die Monster Stage te jol. Hard earned stripes. En toe, majestic metal in die middag, wat ‘n bepoeste manier was om verrigtinge af te fokken skop daar.
Met behulp van die Image Engineer het ons ‘n fokken lekker video bymekaargesit van hulle journey. Dit feature hulle track ‘Welcome Destruction‘ so jy kan sommer uitcheck hoe benaai hulle klink. Enjoy!
Conduit jol Vrydag 30 Mei by Mercury in Kaapstad, saam met Stoker en Coded. Volg hulle op Facebook vir volgende gigs en shit.
https://www.facebook.com/weareaconduit?fref=ts
Watkykjy staan op 3,084,039 post views in totaal sedert 1 November, 2019.