Deur Ronster
So die election is op ons. Ek sien hulle roep hom “The 5th democratic post-apartheid elections”. Waddefok!? Hoekom word daai apartheidskaart nog gespeel? Anyway, besides dit is dit nogsteeds ‘n dag wat elke Suid-Afrikaner belangrik voel en dink hy is die shit. Jy het nou vir die groot kokkedore gesê wat jy van hulle dink want jy weet mos van beter. Jy het nou jou stem lekker dik gemaak deur te stem (no pun intended). Die son skyn lekker en die voeltjies tjirp, jy kry 'n dag af by die werk, all in all is dit “good good good good vibrations” met hippie sunglasses en happy tunes in die agtergrond.
Die ander kant van daai voting coin is dat jy eintlik nie ‘n clue het waddefok waste politikus wat gesê het oor wat nie en wie waste kak belowe het nie. Julius tune ons die ANC is kak want JZ is vet, JZ dink daai Nkandla Style song is 'n moerse joke terwyl hy cocktails in sy firepool drink en Tannie Zille sê iets van 6 gazilleon regte egte jobs as hulle wen. Dan donner NUMSA en daai Vavi dude hier van die kant af in en confuse ons almal net meer dat ons nie meer met sekerheid kan sê of NUMSA n political party is of nie. Is hulle?
Elke 2de single serving nuusberig op jou geliefde News24 smartphone (dumb user?) app is oor iets wat een of ander bling-bling dude in parliament vir jou belowe het, of oor hoe kak die ander party is. Meer geld, beter economy, fokkol e-tollies, beter healthcare, beter skole, beter bullshit. Ek check ou bra Julius sê hy belowe om met my sy rooi suit en rooi beret op te pitch vir werk (so 10h eers obviously) as hy somehow in parliament in-gevote word. Daarsy Julius, dit sal ons minder na 'n fokken sirkus laat lyk. Punte vir effort dude, Suid Afrika sê dankie. Dalk is dit nie so bad dat die ANC weer wen nie, want waarvoor gaan ek dan lag elke oggend op News24 terwyl ek my fight teen die bruinbere verloor?
Anyway, waarby ek eintlik wil uitkom is die tegnologie wat gebruik word om te vote. Almal maak hulle kruisies langs ‘n vriendelike gesiggie op ‘n stuk heavy legit papier, jy vou dit mooi in die helfte, trek die voutjie mooi plat met jou naels, gooi die papiertjie in 'n dosie en kry ‘n ink stain op jou vinger. Proud as fuck!! Dan word al daai 50 miljoen dosies regoor die hele land agter op ou wit Hilux bakkies vervoer na een of ander skoolsaal, waar tik koppies wat ‘n D gescore het vir Wiskunde SG die papiere als op ‘n hoop bliksem en dan uitsort en tel volgens die vriendelike gesiggies op die papier. Dis mos nou legit shit daai. No margin for error! Ek wonder nogals wie in government se second twice removed cousin het daai tender gewen. Of iemand het die 1950s gebel om te help met die elections.
Ons het 4G interwebs, die banke kan jou lening application real time process met checks na die credit bureaus en ek kan iets van my iPhone af print op die printer in my huis as ek op die beach lê (ek bly in Pretoria, so die see is kak ver. Ek kom nie baie daar nie, maar ek kan as ek wil). Die government scan selfs jou passport op so masjientjie by die border en kan dadelik check wie jy is en watse kak jy al aangejaag het.
Wil jy vir my sê dat in 2014, in vandag se tyd met javascripts en shit vir smartphones, en dedicated Oscar DSTV channels, dat ons nie electronically kan vote nie? Sure, nie almal het smartphones nie, nie al die ou toppies verstaan daai "i-ding met so touchscreen" nie, maar almal het 'n fokken fingerprint, wat gescan kan word, op 'n computer, na ‘n database toe, oor die interwebs, wat dan deur ‘n ander computer gecompute word. Imagine gou die – jy stap in, scan jou regterduim, druk op Tannie Zille of JZ of Julius se vriendelike gesiggie op 'n groot touchscreen, die computer maak “beep” soos in die future movies en tune jou “Dankie, Thanks, Ngiyabonga, Ke a lebona” of something moerse proudly South African, en jy loop. Dit sal my vir seker beter laat voel dat my vote actually getel het en gerus stel dat daar fokkol koeraptjin is met die voting nie. Ons glo net lekker blind dat die voting percentages reg is. Dis lekker blind bullshit ook! Ek sou dink dat iets so belangrik soos die keuse van ons volgende faktap President bietjie meer legit kon gemaak kan word.
Dis sulke tipe shit wat maar net wys dat die political parties almal completely fixated is op leë beloftes en 19inch rims vir hulle BMW M6se (wat is die meervoud vir n BMW M6?), en nie op “It is better for the community” nie. Ek wou 'n tender insit by die government vir so system maar toe onthou ek ek's nie family of friends van iemand daar nie.
Kyk, dis jou plig om te vote as 'n respectable citizen en whatnot, so jy moet, en ek gaan defnitief. Gelukkig gaan die results so plus minus 72% accurate wees.
Sweet.
Watkykjy staan op 3,092,662 post views in totaal sedert 1 November, 2019.