Aaah, Durban! Die ideale bestemming vir die Wes-Rand kokkelol om sy Crocs af te skop en net bietjie weg te kom van die gejaag na 'n bankbalans wat uiteindelik op zero staan of net bietjie, al is dit net tyedlik, die kloue van die kreditere te ontsnap. 'n Man graft heavy hard, ek sê. Tyd vir so bietjie kwaliteit tyd saam met die gesin. Tyd vir boners op die strand. Tyd vir so bietjie vakansie saam met mamma. Tyd om klein verkakte leerbeursies om jou nek te dra. Tyd om roomys vreet terwyl die branders oor jou bunions spoel. Tyd vir holiday. In Durban. In 1962…
Hierdie post is 562 keer in totaal gelees en 1 keer vandag gelees.
Watkykjy staan op 3,084,454 post views in totaal sedert 1 November, 2019.