Deur Big H.
Heine van der Walt het onlangs vir die eerste keer 'n musiekfees gereel, en met die eerste probeerslag dit spectacularly reggekry!
Wolmer Fest was gehou by die Wolmer Bush Lounge, en die eerste ding wat mens opval is dat mens sommer tuis voel as mens daar instap. Die plek het 'n vibe wat ek nog nie by ander feeste tëegekom het nie.
Ek was moerse impressed met die manier waarop alles inmekaar gevloei het. Die sekuriteit was vriendelik en het geweet wat hulle doen, die kos was great en baie billik geprys, die kroeg het gekook en ek hoor dat die kampeergeriewe ook lekker was. Alles het op skedule gebeur en Conrad Jamneck het, soos die professional wat hy is, die main stage laat loop soos stroop.
Wolmer Fest was 'n musikale ervaring soos min. Die 30 bands wat oor die 3 dae op die 2 verhoë gespeel het was 'n fantastiese mengsel van metal, rock, blues en selfs 'n bietjie jazz. Kyk, laat ons eerlik wees, die oorwegende tema vir die naweek was metal. Klipfokkenharde heavy fokken metal. Maar selfs al het jy nog nie heeltemal jou siel aan die metal gode verkoop nie was daar genoeg variëteit om enige liefhebber van goeie musiek tevrede te stel.
Daar was 'n hele paar bands wat vir my uitgestaan het. The Slashdogs het ou bekende songs gemeng met nuwe goed (kyk uit vir hulle nuwe LP Progress Through Plunder wat een van die dae uitkom) en was een van die hoogtepunte van die eerste aand. Underbelly was die Vrydagaand se ander hoogtepunt. Goeie fok daai ouens kan speel!
Die Saterdag het ook verskeie hoogtepunte gehad. Dave van Vuuren (ja, daai ou wat Idols al gewen het) was na 3 jaar weer herenig met Freedom For Your Life en hulle het die gehoor se gesigte afgesmelt. Dis een band op wie ek defnitief my oog gaan hou, want ek dink daar kom nog groot dinge van hulle af.
Because of Betrayal verdien ook spesiale vermelding. Na al die flack wat hulle die afgelope jaar in die media gevat het was ek nuuskierig om te sien of hulle die goods kan deliver. En hulle het. Kliphard. Ek hoop dus dat die fokus van nou af op hulle musiek sal wees, want dis 'n solid band en die Suid-Afrikaanse metal scene sal defnitief armer wees sonder hulle.
Daar was ander harde bands soos Story of a Stranger, Urban Vitamin, Home At Last en die Newtown Knife Gang, wat lekker afgewissel het met bands soos Feed The Wolf, Juggernaught en die Black Cat Bones, wat goeie ou rock ‘n roll goed verteenwoordig het. En, ja, die Black Cat Bones het alweer gewys hoekom hulle nogsteeds die beste live act in die land is.
En net toe ek gedink het dat die aand nie harder kan raak nie toe word die Wolmer Stage in klein stukkies geskeur deur Adorned In Ash, Red Helen en Bloodbeast. Motherfucker, dit was hard. En lekker!
Die beste van Wolmer Fest is egter gehou vir heel laaste, toe Boargazm die Main Stage betree het. Heine van der Walt saam met Chris van der Walt, Cicero Carstens en Jason Hinch was defnitief die hoogtepunt van die naweek vir my, want dis van die beste metal wat ek nog in aksie gesien het. Die varkies het gekook, en ek is van nou af 'n fan. Period.
Ek verneem dat hierdie nie die laaste Wolmer Fest gaan wees nie, en dit laat my hartjie sommer net bons van pure stroperige gelukkigheid. Want ek het lanklaas 'n fees so geniet, en ek sal volgende keer weer daar wees, dis verseker!
Hier is die bands wat ek by Wolmer Fest gesien het:
Watkykjy staan op 3,131,239 post views in totaal sedert 1 November, 2019.