Deur Ronster
Zero four hundred hours, Donderdagoggend 18 April rapporteer ses festival-fikse manne vir rock 'n roll diensplig. Hierdie manne sal deur daai ou oom in Meet the Fockers as “in the circle of trust” beskryf word. Goeie pêlle jy, weet. Ons is oppad om ‘n massive roadtrip expedition aan te vat Splashy Fen toe. In Underberg, in die Natal somewhere, 650km van onse geliefde Petoors af. Raait, go!
Kyk, ons is almal geharde festivalmanne, ons ken van. Al die Koppies, al die Ramfests, al die international rock shows, paar van die manne het ‘n Download en ‘n Daisies strepie ook al. Rock n Roll vloei diep deur ons are. Die is ons eerste visit by die mysterious Splashy Fen.
So ry ons 04:00 uit Pretoria, fast forward gou deur die N3, ‘n Harrismit breaky, nog drie ure se ry deur die moerse mooie Drakensberge, stop vir dop en wet-wipes in Underburg, en die laaste 13km van grondpad met bottels en 6-packs op ons skote tot by die festivalhekke, kom ons ‘n heel respectable 756ste om 13:00 daar aan. Lekke fokken excited, soos laaities in die laat negentigs oppad om hulle eerste blue movie te gaan try uitneem.
Kyk, dis obviously mooi wêreld daai. Dis die Drakensberge, en sulke klein enkel mosbedekte bruggies oor riviere en shit. Pragtige wêreld, jy weet. Needless to say was die festival venue se backdrop ook nogals befok. About soos Nuweland met die berge.Ons kry toe ‘n camping spot, maak trailor oop, knak die eerste yskoue bier en kontempleer toe hard wat is die beste manier kamp op te slaan. Die rigting, setup en kuier-area is heavy belangrike besluite. Dis jou huis hierdie vir drie dae, dit moet sort of sin maak.
So tussen deur die kontemplasies, bier en kamp opslaan begin ons notice waddefok ons onsself voor in gelaat het hier. Ons besef toe die is nie jou average Koppie of Ramfest crowd wat hier uithang nie. Hierdie is naby die see, en wat is by die see? Chicks. Getan. Oulik. Baie van hulle. Die heeltyd. Deur die loop van die weekend het ons op ‘n moerse sophisticated manier gecalculate daar is ten minste elke 20 sekondes ietsie om met die oog te roof. Smiles all round, veral vir die paar single Casanovas in ons circle of trust.
Een van ons vra toe later die middag die vraag: “Hoe laat isit?” Die antwoord was “Uhm, boys, dis nou eers half fokken vier”. Net daar besef al ses van ons in ‘n beautifully synchronized moment of glory dat die verhouding van tyd wat al verloop het vanaf ons arrival hier, en ons huidige level van dom dronk, dat dit heeltemal uit proporsie is. Soos ons nou voel moet dit at least al 21:00 wees of iets. Dit stel toe sommer ook die trant van die volgende drie dae. Voluit. Volhard. Fuckup.
Die nuwe verhouding van tyd teenoor dom dronk veroorsaak toe ongelukkig dat ons die eerste twee acts mis, maar dis ok, ons sal opmaak daarvoor. Dit was toe Haggis and Bong se job om ons te verwelkom met hulle bagpipes en metal na die main stage in so moerse marquee tent. Dit was asof ons die ses voorste manne is in William Wallace se battalion, net voor hulle die Ingilse gaan tune hulle is panzies en whatnot. Groot kokkedore. Ek dink dit was brilliant om heeltyd onder ‘n tent te party. Dit help vir die erge koue wat jou balls laat krimp, en jy worry nie oor reën of moontlik velkanker nie. Na H&B gaan verken ons toe net vining die biertent en mis toe weer ‘n band (ons is idiots) omdat ons vasgehak het by die evil Jagermeister trok.
Ons was weer op duty toe Squeal begin jol. Squeal!! Befokte old school Rock n Roll!! Proudly South African Soundgarden of something. Hulle was kak goed gewees. JagerMeister trok.
Toe jol Wonderboom. Old School Suid-Afrika Rock n Roll kwadraat. Moerse hard gejam op daai funky dudes se tunes. Jagermeister trok.
Toe betree Tree63 die verhoog. Onthou jy hulle? Hulle het vyf jaar laas saam gejam. Hulle het al hulle old school hits gejol wat n klokkie laat lui het nou en dan en ons het volle bors saam gesing met “I stumble over Mountains”, en dan onthou ons nie meer die woorde nie. Maar dit was pretty cool om die band te check weer. Goeie werk Splashy, ek't die een gelike. Jagermeister trok x 2 of 3
Toe was dit tyd vir dans, pappie! The Kiffness het seker gemaak daarvan tot so 2am of iets. Ek het nie gekyk hoe laat dit was nie want ek was toe net te bly ek het my koplampie onthou om my tent te gaan soek. Slaap.
Die volgende oggend so 09:00, lekker braaf en sterk ge”babbie buster breakfast bun” vanaf die kos stalletjies (moerse variety kos gewees, tot so kiosk vir ‘n Bar One, Chocolate melkie en ‘n pakkie Fritos 2h die oggend) en met ‘n sletsappie vir nagereg besluit ons vandag gaan ons ‘n dop drink by die hoogste pub in Afrika. So 40km van die festival af, op met ‘n moerse fokken bergpas wat bestaan uit ‘n “4×4 only” grondpad, en dan net oor die Lesotho border, daar vind jy Sani Top. So gesê, so gedaan. Voluit. Volhard, Fucked up.
In hindsight was 80% van daai experience fokken horrible gewees. Ses ouens wat nog dik babbie het, nog nie onstlae geraak van die bruisende brannapensie nie, en ‘n 4×4 grondpad vir vier ure soontoe en terug is nou nie die brightest of ideas nie. Trust me. Daar was ‘n grand total van drie dringende veldjies wat gevang was op die mooie berge. Die ander 20% however was befok. Ek meen, ‘n branna, ‘n jager, en ‘n lekker warm pub lunch by ‘n plek met “ek voel so klein en fragile” en “nou is ek ‘n photographer of note” tipe views oor die berge is nogals die shit! Complete met die local “speel vals tunes op hand made instruments vir die tourists” band. Fast forward weer deur grond pad terug, vul gou die 25l kan op met yskoue berg waterfalletjie (heavy Bear Grills style), border posts en weer dop koop in Underberg, is ons terug en reg vir aksie so 16:00.
Vinnige paar brannas by die tente, toe gaan check ons vir Vusi Mahlasela. Eers Jagermeister trok. Lekke mellow African tunes wat die koppies maak swaai met ‘n moerse smile. Ja Rusta Mahan, Irrie…oh nee, dis in die Caribbean daai. Anyway. Jagemeister trok.
Toe stap twee van die grootste kokkedore in SA Rock n Roll op die stage. Francois van Coke en Arno Carstens. Holy fokken shit! Net daar draai hulle daai music festival op sy kop saam met Van Coke Kartel se guitarist. Dis crazy gewees. Tot die Son Opkom, Bubblegum, Illuminate (Daai VW add se tune), ‘n Battery 9 cover om 25 Years of SA Rock te celebrate (oh ja, dis Splashy se 25th gewees), I Love Brandy, en Arno Carstens se Highway to Hell cover van AC/DC, was van die tunes wat ek onthou. Needless to say, dit was emotional, dit was hard, dit was serious Rock, dit was befok. My brein het gekraak. Ek sou R600 betaal het met ‘n smile net vir hulle show as ek moes. Fokkit dit was goed gewees. Jagermeister trok.
Volgende, Just Jinger. Dis nou die bra wat die stem so opgefok het op live tv so paar jaar terug. Kyk, ekt geen kak met hulle music nie, maar ek's nie ‘n moerse fan nie. Smaak verskil. Deal with it. Ek onthou hulle live show in 2001 op Centurion met water op die drums en so klok ding wat die een dude gejol het. Anyway, dit was kickass gewees om Sugarman live te sien though. Jagermeister trok.
Up next, Veranda Panda. Ek ken hulle van geen kant af nie, maar die vocalist chick het ‘n stywe goue toppie aangehad sonder ‘n bra, so ons was happy. Dis lekker happy-go-lucky tunes gewees, so all good and party party disco disco. Jagermeister trok x 2 of 3.
Na die gazilionth Jaremeister trok visit stroll ons terug mainstage toe en word instantly met die uncontrollable urge oorval om hol te skud. Sibot het dit veroorsaak, so half twee die oggend somewhere. Holy shit warrafokkenshow!! Plug gou jou brein in by ‘n muur socket, dan sal jy ‘n clue hê van die show. Complete met LED liggies om sy oë en so electric music pad thing soos wat die ouens van Linkin Park jol, en ‘n hot chick langs hom, met lazers en ligte en beats wat jou hart uit ritme gooi. Birrafull! Jagermeister trok. Yeaah ek't weer my koplampie onthou! Slaap.
Dag drie het begin soos enige ander oggend by ‘n festival. Jou bure is nog nie klaar geparty nie en hulle jol een of ander never-fokken-ending electro tune met ‘n brown-note bassline wat jou spuities lekker aan die gang kry. Staan vining vinnig op, en sny ‘n lyn na jou naaste kakhuisie toe en hoop die rock gode is jou genadig dat jy nie die 27ste ou wie sy slapgat bruinbere daar gaan stoei het nie. Gelukkig was ek about die 11de ou gewees. Dankie.
Fast forward deur nog ‘n “babbie buster breaky bun” en sletsappies (let wel, meer as een die keer want ons gaan nie nou iewers heen ry nie) vir nagereg, gevolg deur ‘n healthy mid-morning tequila snack, voel ons weer sterk. Met die nuwe lus en krag besluit ons vandag park ons die cooler en kampstoele by die main stage en roofkyk heeldag. So gesê, so gedaan. Pak al die shit op, mission met als stages toe, kry ‘n lekke spot, gooi ‘n branna…befok. Jagermeister trok.
Die heeldag was lekker chilled happy-go-lucky tipe tunes gewees. Die Gus Brown band het nogals my aandag getrek. Die vocalist jol lekker mondfluitjie ook. Moerse lekker hippy Bob Dylan vibes.
Drie-uur het hulle die Sharks vs Cheetahs op die main stage se screens gewys. Dit was nogals ‘n smart idee van die organizers. Koppie, take note. Na die game pak ons als weer op, terug kamp toe, trip amper oor ‘n dude wat uitgepass en lekker getoast in die son lê. Te danke aan ons next level festival fitness wat net opgebou word deur jare se ondervinding sidestep ons gelukkig daai bra no problem. Trek warm (basically als wat jy in jou sak het) aan. Mission terug stages toe. Jagermeister trok.
By die Jagermeister truck of evil besluit ons “Nou gan ons braai”. Behalwe braai se spelling is verander na P A R T Y. Jeremy Loops het die hele crowd moerse laat smile en hop hop hopidifok. Ons ontdek BrutalFruit Slush Puppy by ‘n ander bar. Best.Invention.Since.Slammas. Ons kon net nie uit figure hoe kry ons dit reg dat ons dit heeltemal misgeparty het tot nou toe nie. Rookie mistake boys, rookie mistake. Anyway, ons het opgemaak vir die missed brutal fruit slush puppy opportunities. Ek en my een bra sign toe ook op vir ‘n Fifa 14 kompetisie by die Jagermeister truck of evil, maar Chris Chameleon het veroorsaak dat ons vergeet daarvan en nie opdaag nie. Thanks Chris, nou is ek ‘n befokte Jagermeister cooler armer. Ek het dit nooit besit nie though, maar ek sou, want ek sou mos defnitief 1ste gekom het teen die 18 jarige upperclass laaities wat ‘n PS3 en flatscreen in sy kamer het terwyl ek nou op ‘n dom dronk level van 12 uit 10 is. Ek bedoel, hoe moeilik kan dit wees? Ekt ook ‘n Xbox, ‘n wit een, en ek het mos al Fifa 08 so paar keer gejol. Maar Chris, weet jy wat, dis cool, want Rock ‘n Roll het gewen in my hart. Jy is vergewe. Jagermeister trok(met ‘n buff oor my gesig dat hulle my nie erken nie)
Enter Shortstraw, en almal is happy en hippy en skud glowsticks rond, including ek. Daar het ons die term “Hippy Chicks en Glowsticks” gecoin. Jagermeister trok. Brutalfruit Slushpuppy bar.
Raporteer terug vir Gangs of Ballet. Daar was ek een met die musiek, once. Die tunes het met my gepraat, ek en hulle tunes was tight terwyl ek majestically my rock ‘n roll moves gooi en probably soos ‘n idiot lyk, maar ek voel ‘n fok. Dans Dronk Dans is lekker. Altyd. Teen daai tyd was ek convinced die aand is nou klaar, toe tsjek ek ISO en Bittereinder moet nog jol. Voluit. Volhard. Fucked up!!! Jagermeister trok. Brutalfruit Slushpuppy bar (probably).
ISO het sulke moerse plastic beachballs in die crowd gegooi en ek't een gepunch eenkeer. Jy moes my bisceps check daarna. I was lekker pumped up my chaana, so pumped I almost had to take my post-workout my boytjie. ISO is altyd moerse cool, ek sal nooit moeg raak vir daai dudes se tunes nie. Moerse respek by the way dat hulle recover het na al daai shit wat gesteel is by Koppie. Jagermeister truck of evil.
B – I to the double T – E –R to the E- I – N – D – E – R (ek dink). Hulle was hard, hulle was aanhoudend, hulle het my brein finaal gebreek. Daai zebra maskers en visuals is moerse trippy. Net soos by Koppie laasjaar. Ons was amper dood, maar ons het survive. Net-net, as gevolg van ons skills en experience. Moerse respek vir daai Peach dude wat DJ vir Bittereinder en toe direk daarna vir Yesterday’s Pupil ook. Ek het Yesterday’s Pupil gemis want ek was weer oorval van blydskap dat ek weereens my koplampie op my kop ontdek het. Punte vir my. Slaap. 2h? 3h? Ek weet nie.
Daai volgende oggend moes dit seriously gelyk het asof die drake van Game of Thrones geboorte gee toe ons gediertes by die tente uitkruip kompleet met byklanke en reuke van die dood. Wat die byklanke aanhelp is die feit dat ons weet dat ons al die kak moet oppak en 650km terug mission huis toe. Daar is nog ‘n dag van die festival oor, maar in ons defence, ons klok al in net so oor die dertig op die klok van die lewe. ‘n Festival babbals chill saam met ons ou krimpies vir drie dae straight. Dis nou Sondagoggend en ons moet Dinsdag weer gaan kakprofessional wees by die werk en maak asof ons als weet van als. Ons is moerse sorry Dan Patlansky en Black Cat Bones, maar van ons begin al grys hare wys, ons sukkel. Next time.
Fast forward weer deur trailor pak, abandoning ‘n opgefokte tent en stoel net daar, ry, stop na die eerste 20km langs die pad vir een van ons suffering souls om gou vir george te roep, naaste Steers, highway, huistoe, stoei die bruinbeer, selfie in die stort (nie die foto tipe selfie nie), sushi, slaap.
Vele dank Splashy. Ons sal weer so maak in 2015. Cheers
PS: Ek is however bietjie afgepis met julle, want julle het veroorsaak dat een van die geharde manne nooit weer na ‘n festival toe gaan nie (net tot Koppie). Dis nie julle skuld nie, julle het ons net innocently tot by die water gelei, maar ons het verder gedrink. Baie.
Watkykjy staan op 3,048,176 post views in totaal sedert 1 November, 2019.