Dit was nie moeilik om Nkandla se sekiriteit te omseil oor die langnaweek nie. Ons het reeds geweet om uit te kyk vir die vistors centre, die cattle kraal, die amfiteater en die swembad. Die swembad was die grootste challenge gewees, maar ons het ons iPhones gesync om die theme song van Pink Panther sommer so oor YouTube te speel en bloot om dit gesluip. Sou ons inval, kon ons in elk geval swem.
As jy ooit Nkandla illegally besoek, is dit van kardinale belang dat jy die tune moet speel, so hier is hy:
Die houtdeur by die swembad word nooit gesluit nie, want een van Zuma se ses vrouens gaan altyd laataand uit om zol te rook en click die deur net saggies toe omdat sy dik paranoid raak en nie Msholozi se kondoomlose groepswoeps wil ontwrig nie.
Vandaar af is dit heel maklik om by Zuma se private library uit te kom – dis die sewentiende deur op die linkerkant. Moenie worry nie, daar is signs ook, want dis slegs buite gerieflike Nkandla se boundaries wat Zuma weet dat Breitling "links" beteken.
Sy library is maar karig ge-stock, maar ons het nietemin vinnig deur sy collection van vyftien boeke gescan en die tien bestes gekies. Kyk, almal weet dat Zuma nie kan lees nie, so ten minste agt van die tien boeke word in die aande vir Zoempie gelees terwyl Mac Maharaj hom in-tuck voor hy gaan lallies…
How to Cheat at Everything
Hy moes iewers begin het, right? Hierdie boek vat Zuma deur al die stappe en dit gee hom 'n eksterne blik op beide kante van die gereg: die kant wat ons graag eendag sou wou leer ken as geregtigheid en die kant waar Zuma wei en wandel saam met sy beeste en concubines. Hierdie boek is ook heel moontlik die rede hoekom Zuma nog nie in die tronk sit nie, maar meer belangrik, hopelik die titel van dieselfde boek wat hy eendag in die tronk sal skryf. Dit was ook die boek met die minse stof op, naas sy twee gunsteling inkleurboeke…
Business Ethics Today
Kyk, as jou grootste tjommies van die grootste besighede in Suid-Afrika run, is dit baie belangrik dat jy jouself touwys maak met die etiek van enige besigheid. Hoe anders gaan jy en die Guptas vir die Suid-Afrikaanse publiek 'n vet gemeenskaplike mielie in die hol rol as jy nie weet hoe om 'n oversized driepootpot vol ethics bietjie te kook nie? Om die pyl by die regte plek in te skiet vir die doodskoot, moet jy weet waar al die sagte plekkies sit. Het jy geweet dat Jacob Zuma die "custodian" van die regering se "ethics code" is? Dit beteken dat hy met homself moet raas as hy per ongeluk R250m uit spuitkak op Nkandla. Hy het moontlik 'n vet boner gehad toe Mac Maharaj een aand hierdie boek van die rak afgehaal het vir 'n slaaptydstorie.
Bribery and Corruption
Ons het hierdie boek amper geskip en gedink dat dit een van die meer voorspelbare en boring boeke sou wees. Ons het dit eenkant toe geskuif om een van die ander titels nader te trek toe dit van die rak afpoes uit die Holy Bible se cover. Zuma het hierdie een goed weggesteek en met goeie rede – dis moontlik sy eie weergawe van die Bybel. By nadere ondersoek het ons ook gevind dat sommige van die bladsye uitgeskeur was en twee en twee bymekaar gesit: Dis die bladsye wat vir Zuma voorgelees is waarvan hy baie moes gehou het en vir sy State Of The Nation speeches moes gebruik het. Van die ander bladsye het goue sterretjies opgeplak gehad, moontlik vir oorweging om by political rallies te gebruik. Daar was orals vetterige vingermerke regdeur die boek. Hierdie outjie word elke dag faktap gelees. Ons is geen forensiese deskundiges nie, maar van wat ons kon aflei van die onderstebo duimafdrukke het Zuma die boek dalk self ook probeer lees…
Animal Farm
Hierdie boek was eers glad nie 'n surprise gewees nie en toe sak daar bietjie confusion oor ons uit. Natuurlik sal 'n voorstaander van nepotisme, korrupsie en onderdrukking hierdie boek in hulle collection aanhou. Wat egter die kak uit ons confuse het, was dat die boek spotless was. Dik toe onder die stof en gald nie gebruik nie. Mint condition, soos 'n advertensie in die Junk Mail sou tune. Die enigste logiese slotsom waartoe ons kon kom was dat Zuma se liefde vir plaasdiere, spesifiek hoenders en beeste, iets in sy broek wakker gemaak het. Hy het moontlik gedink dat dit 'n boek propvol prentjies en foto's van plaasdiere was. Imagine sy disappointment toe hy fokol illustrasie in die boek gekry het. Nogal ironies om te dink dat die boek wat net sowel sy biografie kon wees net so terug gesit is op die rak.
The Great Dictators of the World
Ons het lanklaas 'n boek gesien wat so opgefok was. Varkore, helfte van die bladsye het uitgeval en daar was even bladsye wat op sommige plekke aan mekaar vasgeplak het en duidelik is foto's op meeste plekke netjies uitgesny. Zumpie het duidelik die kak uit hierdie boek uit geniet. Dit was duidelik dat die groter foto's uit die boek uitgesny is en van die kleineres gelos was, want van die foto's was geraam gewees en teen die muur opgehang. In ander dele van die boek was daar hartjies om lelike ooms se gesigte geteken met sirkeltjies en kruises. Van die kleiner foto's met die hartjies om wat nogal uitgestaan het, was Robert Mugabe, Kim Jong-Il, Moammar Qaddafi, Fidel Castro en Idi Amin. Daar was ook 'n foto teen die muur agter die lessenaar van Zuma wat vir Mugabe 'n drukkie gee. Langs daardie foto was daar nog 'n foto van 'n dude in 'n rooi beret wat met gebalde vuiste staan en skree, maar iemand het het 'n groot piel bo-oor die foto geteken wat manbotter in die bra se gesig skiet…
The Zuma Years
Jacob Zuma het moontlik hierdie boek laat ankoop omdat hyself nie weet wat die fok meeste van die tyd om hom aangaan nie. Hoe de fok moet hy weet wat die SACP en COSATU se stand van sake is? Maybe het hy gedink dat "The Zuma Years" vir hom nogal 'n soos "Days Of Our Lives" klink en dat 'n soapie oor hom geskryf is. Jy kan nie 'n narsissis soos hom blameer om daardie klein foutjie te maak nie, kan jy? So rofweg deur die middel van die boek was daar 'n Mr Video receipt gewees vir "The Untouchables". Dis moontlik as 'n plekhouer gebruik.
Zuma Exposed
Ons was glad nie verbaas om Adriaan Basson se "Zuma Exposed" op die rak te sien nie. Dit was nogal goed weggesteek en daar was notas regdeur die boek. Baie paragrawe was onderstreep en op sommige bladsye was kopbene geteken. Kom ons hoop maar net dat dit suggereer dat die leser 'n stoere Pirates ondersteuner is. Gepraat van die leser – dit moes Mac Maharaj gewees het wat die boek vir Zuma weggesteek het, want daar was notas in leesbare handskrif gewees. Die woord "categorically" en "refute" word nogals fokken baie deur die boek bespeur. Ou Mac het moontlik die boek aangewend as 'n riglyn om Zuma se gat te red op 'n daaglikse basis.
Cows – Watch them grow
Alhoewel hierdie 'n gevorderde boek is (6 jariges en opwaards) vir Jacob Zuma, is dit ook nice om te sien dat hy aandag aan sy stokperdjies gee. Hy hou baie van koeie en beeste en kan nie altyd by die huis wees nie, so dis die perfekte boek vir hom om te lees wanneer die blou lig brigade teen 160km/h op die N1 in Gauteng jaag omdat hy alweer laat is vir een of ander meeting waar iemand anders vir hom 'n speech voorberei het. Ver weg van Nkandla af kan hy nou deur die prentjies kyk en sien hoe dit sou lyk as sy koeie by die huis groter word. Ai, die wonder van "lees" soms…
Moomin's Brilliantly Busy Colouring Book
Al Zuma se electioneering, denialism en onderduimse deals moet tog sekerlik hulle tol eis op die 72-jarige krimpie. 'n Man is nie 'n fokken klip nie, hy moet relax en wat beter manier is daar nou nie om te relax nie as om bietjie die inkleurboeke nader te trek? En dan het jy boonop nog 'n Moomin inkleurboek ook? Fokken score, pappie! Ons moet wel mention dat die kleure so effens clash hier en daar (pers koeie?) en dat daar meeste van die tyd buite die lyne ingekleur is (of sal ons dit uitgekleur noem?) maar fok my bra, probeer jy bietjie agter in 'n R1,2m Mercedec Benz inkleur wat tweekeer die spoedgrens ry en voor karre insny.
Kom kleur in!
Daar is wel hoop vir Jacob Gedleyihlekisa Zuma. Hy het al voorheen probeer om Afrikaners se harte te wen deur saam met Steve Hofmeyr te braai. Hierdie inkleurboek is heel moontlik aangeskaf om saam met volwasse Afrikaners in te kleur met sy volgende besoek aan Orania. Dit spreek tot hulle intelligensie, aangesien hierdie boek gemik is op volwassenes. Dis net jammer die boek se teikenmark is volwasse vrouens want Tanya O'Connor se inkleurboek vir volwassenes bied vir elke vrou en haar vriendin 'n ontsnapsessie in die vorm van inkleurterapie. Beide partye gaan moontlik hulle moere hard strip as hulle dit agterkom…
Watkykjy staan op 3,056,588 post views in totaal sedert 1 November, 2019.