Wat is die eerste woord wat jy sal gebruik om Simon Cowell, daai gewraakte beoordelaar van shows soos American Idol en X Factor te beskryf? Lunsriem? Booswig? Karnallie?
Nee. Jy dink hy’s ’n doos. En hoekom? Want hy is fokken eerlik.
Check, net omdat jou ma skiem jy klink soos Josh Groban wanneer jy Gé Korsten-treffers in die bad sing of omdat jy een keer understudy was vir die rol van Pontius Pilatus by jou laerskool se Passiespel, beteken dit nie jy kan ewe skielik jou hare begin gel, ’n musiekvideo op die interwebs gooi en begin wag vir die zak om in te rol nie. Talent is nie ’n ding wat jy saam met jou inentings by die kliniek inkry nie. Jy moet fokken hard werk as jy iewers wil kom in hierdie lewe, pappie. Ek sien dit so: As jy ’n dokter wil wees, kan jy nie net ’n stetoskoop by Dischem gaan koop, by die hospitaal inwals en daarop begin aandring dat skêre vir jou hul tiete wys nie. Net so kan jy nie ’n CD wil maak net omdat jy ’n garage, ’n kitaar en ’n tjommie met ’n drum kit het nie.
Sien, die ding is, vir heeltemal te lank leef ons maar saam met hierdie middelmatigheid, of wat die Souties noem, mediocrity. Kyk byvoorbeeld wie is SA se gunsteling band – The Parlotones. Die fokken Parlotones? Met ’n frontman wat lyk soos ’n gotiese hottentotsgot (wat tune sy naam is eintlik “Dingaan”) en lirieke wat klink asof dit uit ’n rymwoordeboek vir mense met leerprobleme kom? Nee jirre, man.
Ons tjommies Grobbies en Dronk is ook al lank gatvol vir hierdie tendens waar talentgestremdes opgehemel word terwyl die ouens wat eintlik die kitaar behoort te slaan moet leef op gebumde smokes en Streetwise Twos. Hulle het pas met ’n kiefpiele blog begin wat ’n eerlike en gebalanseerde benadering tot Suid-Afrikaanse musiek gaan volg. Hulle reviews en vlogs gaan op die man af wees, sonder om muso’s se brose ego’s te probeer streel of om ’n PR-persoon te beïndruk om gratis kaartjies vir Skouspel te score.
So op ’n hiperbolies-metaforiese manier gaan hulle die “Simon Cowell” van die interwebs wees. Want vir dié manne dit gaan oor die musiek, en nét die musiek. Sonder om dose te wees.
Hulle musiek-blog, Pressto, het gister gelaunch en gaan elke dag iets anders post, van onderhoude met plaaslike en internasionale bands, gig guides, foto’s, nuus en reviews van gigs en musiekfeeste en video’s waarin Grobbies en Dronk oor die nuutste CD’s gaan gesels.
Check bietjie hulle launch video, val in by www.pressto.co.za en volg hulle op Twitter by @ZAPressto
Watkykjy staan op 3,084,110 post views in totaal sedert 1 November, 2019.