Fokkit, smaak my dis vandag Nasionale Release-Jou-Nuwe-Music-Video Dag hier in Suid-Afrika. Hiermee dan die nuutste van ons twee gabbas, Jack Parow en Valiant Swart – Tema Van Jou Lied
Die konsep vir hierdie musiekvideo was om ongewone en inspirerende mense, wat hoop uitstraal in moeilike omstandighede, uit te beeld. Die ouens het ‘n wye verskeidenheid mense, van ‘n vroulike Elvis nabootser tot ‘n paraplegiese valskermspringer, in die Weskaap gevind.‘n Reeks onortodokse Suid-Afrikaanse stories maak hierdie musiekvideo uniek.
Jack Parow en Valiant Swart se optrede is verfilm op ‘n plaas buite Malmesbury. Die beeldmateriaal is saamgestel om Tema van jou Lied ‘n emosionele dokumentêre musiekvideo te maak.
Watkykjy staan op 3,083,283 post views in totaal sedert 1 November, 2019.