Deur Big H.
Wanneer is daar genoeg mense by ‘n festival? Of enige partytjie, for that matter? Dis ‘n vraag wat ek myself afgevra het toe ek laas naweek by die Best Fest One in Muldersdrift aangekom het.
Sien, daar was ten minste vier ander festivals en gigs daai selfde Saterdag in Johannesburg en Pretoria aan, en as gevolg daarvan was die bywoning by Best Fest One effens kakker as wat ek verwag het.
En dis baie jammer, want die eerste ding van Best Fest One wat my opgeval het was hoe goed dit georganiseer was. Die organiseerders kan dalk ‘n bietjie werk maak van die aanywysings en die toegangsroete na die plek toe, maar die venue self was befok. Genoeg parkering, genoeg geriewe, genoeg sekuriteit, genoeg kos en drank, en genoeg plek vir baie mense.
Anyway, die rede hoekom mense in die eerste plek na sulke festivals toe gaan is die musiek, en in daai afdeling het Best Fest One uitgeblink. As ‘n mens na so baie van die tipe goed toe gaan soos ek dan loop jy die gevaar om uiteindelik net dieselfde bands op verskillende plekke oor en oor te sien, maar Best Fest One se line-up was uniek en vars en ‘n lekker kombinasie van goeie plaaslike musiek.
Shadowclub het eerste gespeel (omdat hulle direk daarna na een van die ander festivals toe moes jaag) en is gevolg deur Lonehill Estate, Fuzigish en die Graeme Watkins Project. Fuzigish sal altyd een van my gunsteling local acts bly, en Graeme Watkins en sy crew het gespeel met ‘n energie wat ek lanklaas op ‘n verhoog gesien het.
Die konings van Suid-Afrikaanse rock en blues, die Black Cat Bones, het gespeel toe die son begin sak het, gevolg deur Evolver One. Tussendeur was daar ook ‘n “jam session” waarin David Owens, Justin Serrao en Cliff Beige (voorheen van Plum, kan jy glo?) gejol het.
Die main act vir die aand was Jack Parow, en hulle het Muldersdrift ‘n nuwe ene geskeur. Die kleiner skare het vir Jack Parow net aangespoor om nóg beter en nóg harder te speel (en dis daai tipe houding en professionaliteit wat verklaar hoekom hulle een van die beste live acts in die hele land is).
Die aand is afgesluit met ‘n DJ set deur Catherine Grenfell van 5fm. Briljante vibe. Briljante tunes. Briljante manier om die dag af te sluit.
Wanneer is daar genoeg mense by ‘n festival? Ek weet nie. Maar as die party so lekker was soos die een wat ons by Best Fest One gehad het dan maak dit nie ‘n fok saak nie.
Watkykjy staan op 3,089,799 post views in totaal sedert 1 November, 2019.