Ons is heeltemal te fokken lui om vandag ‘n Donderdagvideo te sit en uitkak wat ons ses ure gaan neem om te maak, plus dis fokken langnaweek. Ons wil ook bietjie braai, suip en dagdronk raak virre change. Daar word gevolglik poesvroeg geduik vandag.
Geniet eerder hierdie duik compilation wat ons met seaweed en snot inderhaas aanmekaargesit het.
Ry veilig as jy weg gaan vir die naweek, moenie eTolls betaal nie, eet al jou groente, hande bo die kombers en onthou dat meer as eenkeer afvee speel is. As jy die naweek by die werk moet sit, het jou baas jou heel moontlik vir ‘n poes gevat omdat jy nie jou bek kan oopmaak nie. Staan regop, man! Kry houding.
As jy by die huis gaan rondhang, braai at least vier keer. As jy bored is – daar is kakbaie festivals regoor die land die naweek. Tik dit in jou Google masjien in en sny ‘n lyn.
Laterz!
*maak so faktap gangsta sign met vingers*
Watkykjy staan op 3,091,364 post views in totaal sedert 1 November, 2019.