Kids skiem Paasfees is die shit. Ek meen, wie like dit nie om op ‘n Sondagoggend in die tuin rond te hardloop met die hoop om ‘n chocolate eier of twee te score nie? Ek het dit vroeër vandag gedoen, maar die bure was dik upset omdat ek nie ‘n broek wou aantrek nie.
Anyway, Paasfees beteken baie goed vir baie mense. Rappie freaks en daai manne wat in die posh skole in ons land se groot stede was (‘Old Boys’) kry behoorlik ‘n pielstyf as hulle dink aan al die Easter festivals waar Grey Collage teen Monnas WitBulle of watokal jol. Laat my altyd dink aan die ou classic waar die dudes voor die game bid: “Here help ons vandag om net ons beste te lewer.” En dan ‘n minuut later: “Twee drie, kom ons fok hulle op!”
Ander mense like weer van op holiday gaan. Lekker see toe, pappie. Jou Facebook lyk behoorlik soos ‘n kak Masterchef episode. Cocktails en seekos is mos dik baie lekkerder by die see, my bra. As ons Durbs toe skuur kan ons mos die Sharks game ook gaan chack. Ballito is die nuwe Margate en die N3 terug word dikwels met ‘n monster babelas aangedurf. Maar dis fokol, want die GTi is mos gebou om te fokof. Maak net seker jy haal jou plates af, want daar is meer speedcams op daai pad as wat daar mense is wat actually van bestuur uitmaak.
O ja, Paasfees ook een van die belangrikste religious holidays maar dit is mos vakansie ook, so die dedication level is nie noodwendig elke jaar op ‘n Muslim level nie.
So vertel ‘n dude my dat 20 April ook Internasionale Daggadag is. Die manne gaan glo ierwers in Joburg saamtrek en daaroor gesels. Niemand gaan zol rook nie, maar daar gaan zolprodukte wees. Die beroemde Dagga Couple gaan ook daar uitslaan. Gaan google ‘420’ as jy skiem ek praat kak. Die manne vier hom hard en hoekom nie? Kyk, ek gaan nie stry dat daai sakkie kak wat jy by ‘n taxi rank optel jou so dom soos grond maak nie. Rondkyktwak kan jou ook in groot kak by die cops kry, tog sal die average mert in Joburg jou mooi verduidelik dat hul beste kliënte daai middle-to-upper class wit latte is wat heeltemal teveel sakgeld en te min pakslae by die huis kry.
Maar as jy vandag nog dink aaptwak is vir armgatte, skollies en flat-out druggies moet jy dalk so bietjie meer buite begin speel. Dis ‘n deel van society. Deal with it – check jy daai pun? Baie manne wat skyf trek reken hulle doen dit om ander kwale te genees of te voorkom. Ek het vir lank gedink dit is ‘n pot tos, tot ‘n oom van my wat daar op die Weskus somewhere bly my so ruk terug gebel het.
Nou Oom Dawie was ‘n onderwyser back in the day voor hy by sy oorle skoonpa die boerdery oorgeneem het. Hy was ‘n belangrike ou in die gemeenskap en soos meeste manne van sy generasie, was hy op ‘n kol daarvan oortuig dat Apartheid die antwoord is.
“Korties, jou oom wil jou iets vertel, maar belowe jy sal nie sleg van my dink nie,” begin die random oproep.
“Jou oom het die ander dag dagga gerook, maar voor jy my oordeel – ek gebruik dit steeds en dit help vir my prostaatkanker.”
“Toe hulle my diagnoseer het ek vir die eerste paar maande aan depressie gelei. Jy weet mos die kanker loop in die familie en ons het mos gesien wat die chemo aan tant bets se lewensstandard gedoen het.”
Oom Dawie skiem toe fok chemo en op amper 70 begin hy so erg Google dat daar kans was vir ‘n stoflaag om op sy trekker se sitplek te ontwikkel.
“Ek was baie skepties, maar die feite daarbuite spreek boekdele.”
Na so paar maande se research skiem oom Dawie toe dit is tyd om dit wat hy op die interwebs gelees het so bietjie te toets. Hy kry toe ‘n stop by een van die plaaswerkers en “Korties ek het dit sommer in my pyp gegooi en dit het heel snaaks geproe en geruik.”
Later het oom Daaf uitgefigure dat hy die dagga in ‘n olievorm moet gebruik. Sy kankertelling het van ‘n 5.5 na 0.5 oor ses maande gedrop en ander probleempies soos rumatiek het ook verbeter.
“Aan die begin het ek niks gevoel nie. Dit was eers toe ek die buurman gehelp het om sy pomp te skuif wat ek iets agtergekom het.”
“Korties, ek het my bakkie aangeskakel en net daar het ek gedink my exhaust is besig om af te bliksem.”
Oom Daaf is mos ‘n semi-pro mechanic ook en hy vlieg toe daar uit om te check… maar alles was piele. Hy het even later by sy skuur die bakkie op ‘n ramp loop trek, net om seker te maak.
“Ek kon niks fout kry nie en dit het my verstom. Ek weet mos hoe ‘n ding moet klink.”
“Maar Korties, en nou moet jy mooi luiser… daardie aand lees ek my bybel vir eerstekeer in 20 jaar sonder ‘n bril!”
Terloops die Paashaas bestaan nie.
Watkykjy staan op 3,110,848 post views in totaal sedert 1 November, 2019.