Wanneer jy na jou buddy se movie premiere uitgenooi word is daar altyd daai ding agter iewers in jou kop dat jy na die tyd die eerlike waarheid vir die bra moet tune. Amper soos ‘n ma wat haar kind tune “Ag my liefie dis ‘n BAIE mooi prentjie, hoor. Wie is hierdie? Ek en pappa wat handjies vashou?”, terwyl die kind eintlik vir Wagter geteken het wat die bure se steekhaarbrak zaber tussen die leeubekkies. Dis min of meer met daardie gevoel wat ek gisteraand by Cedar Square ingeloop het. Sê nou dis kak? Ek sal moet eerlik wees. Die trailer het befok gelyk en soos dit met trailers is, word die prime cuts gewoonlik as aas gebruik en terselfdetyd gee dit die premise van die movie weg. Thank fuck dat dit nie die geval was met Ek Joke Net 2 nie – ek het die movie regtig geniet.
Die steelfilm (lekker groot woorde so op ‘n Vrydag) neem candid camera vibes terug na sy roots en as jy ‘n kinners van die 80s is en movies soos Funny People en You Must Be Joking jou nostalgiese draad trek, is jy in vir ‘n goeie ride. Daar is egter ‘n aangename verskil tussen Ek Joke Net 2 en die ouer local prank movies – al die pranks is 100% real. Daar is nie forced set-ups wat mens byvoorbeeld in Leon Schuster se werk sou kry nie. Die actors trek nie fake boeppense aan en smeer hulleself vol shoe polish om soos swartmense te lyk nie. En die beste van alles is dat daar nie ‘n afgewaterde storielyn met kak slapstick patches is om die fliek se gate toe te stop nie. Die bindingswerk word bewerkstellig in die vorm van twee nuuslesers (Solomon Cupido en Lelia Etsebeth) van ‘n fake nuusateljee wat die inleiding tot die daaropvolgende prank announce. By (min) tye dalk nie so snaaks as wat dit kon wees nie, maar defnitief meer effektief en minder irriterend as ‘n staged prank waarvan ons al baie gevoer is in ander local movies.
Bogenoemde “nuuslesers” asook Thokozani Ntuli vorm saam met Hannes Brummer die core van die pranksters wat ‘n klomp unsuspecting mense van die Suid-Afrikaanse publiek goed op hulle moer gee. Van die pranks is so goed afgepull dat dit soms moeilik is om te onderskei wie “in” is op die hele fokop. Ek dink byvoorbeeld aan Fokofpolisiekar wat deur die cops in Joburg afgetrek is vir die “besit van dagga”. Wynand was in gewees op die hele ding en sy commitment om mace (water) in die gesig te vat verdien ‘n handeklap. Goeie acting. Die res van die Bellville Bende het hulleself bekak. Johnny amper letterlik. Hy het ‘n nervous poep gelos, for reals, en ek dink nie iemand het Francois van Coke al ooit so angsbevange gesien nie. Die man het sommer op die spot R3k uitgeruk om die manne in blou te bribe. Ek het vinnig met Wynand gesels vanoggend en hy tune Snake was seriously uitgefreak omdat hy opgeskorte vonnis het vir een of ander vorige transgression. Dus ‘n well executed prank.
Dis was nogal opvallend gewees hoe deur die kak die publiek was met sommige van die set-ups. In ‘n hele paar shots kan mens GoPros sien, maar ek skat as jy jouself in sulke situasies bevind dat tunnel vision die oorhand sal kry, veral met die donkerder tipe pranks. Sonder om te veel weg te gee dink ek byvoorbeeld aan intense scenes soos die cocaine drug bust, die creepy clowns en die murder scene by ‘n motorhandelaar. Fokken heavy shit, bra. Dat mens kameras hier in daar in scenes sien terwyl die victims salig onbewus is daarvan, maak dit net meer legit.
Dis ook moerse cool dat die crew so bietjie met klein kindertjies se imagination gefok het. Dink byvoorbeeld terug aan een van die ou flieks waar die klein kids vir Zet gesplit het. In Ek Joke Net 2 is daar ‘n soortgelyke situasie. Fokken slim van hulle om dit in te sit en die kiddies se reaksies is opreg, onskuldig en as jy ‘n chick is sal jy woord soos “kostelik” en “ag jitte, mamma!” rondgooi.
Daar is nie veel negatiewe punte om oor te tob nie, maar ek sal wel so twee dinge uitlig wat my effens gekrap het (wat sommiges van julle nie noodwendig sal pla nie):
Op ‘n stadium is daar ‘n scripted parody oor Julius Malema se EFF party. Dis nie ‘n prank nie, eerder ‘n klein distractor of filler wat, I suppose, as bidingselement aangewend is (jirre, ek gebruik sulke grootmenswoord). Dit het bietjie out of place gevoel, maar dis 3 minute of so lank en dan is jy weer in die game. En dis darem ook nie heeltemal fokken terrible en aaklig nie.
Yolandi Malherbe (SA Playboy model, sien foto onder) feature as eye-candy in ‘n paar clips deur die movie. Dit sou befok gewees het as hulle haar bietjie meer gebruik het. So gepraat van haar – nog iets wat my bietjie afgesit het (maar dis meer van ‘n persoonlike issue) is dat sy nie gisteraand by die movie se premiere was nie. Sy was in die Kaap. Ek het spesiaal ‘n sweetpakbroek aangetrek om haar te broeknaai. Ek het met ‘n pienk roos en alles vir haar gestaan en wag by Ster Kinekor se kamerverlate… Sies, Yolandi.
Sies.
** UPDATE **
Yolandi tune ek praat absolute tos. Sy was toe al die tyd by die premiere. Ek dink ek het by die verkeerde kamerverlat vir haar gewag:
Anyhoooo…. As die producers en die director hierdie lees het ek vir julle twee ‘n voorstelle:
1) Maak seblief nog een van hierdie movies. Dit was fokken snaaks.
2) Wanneer julle begin werk aan die volgende een, vra die publiek om vir julle idees vir pranks te submit.
Dit ook was baie cool van hulle gewees om al die victims wat ge-prank is se name in die credits te gooi aan die einde. Moerse fokken slim idee.
Ek Joke Net 2 begin 1 Mei (volgende Donderdag) by die cinemas regoor Suid-Afrika draai. Dis ‘n public holiday, so jy het nou iets befok om daai dag te gaan doen.
Watkykjy staan op 3,092,677 post views in totaal sedert 1 November, 2019.