AC/DC het die datums en venues vir die eerste leg van hulle wêreldtoer bekendgemaak wat op 2 Augustus in Pennsylvania afskop en 25 Oktober in Afrika eindig, maar surprisingly is Suid-Afrika (wat 'n moerse fan base het) 'n fokken pit gedruk.
Dis die ouens se eerste toer in vier jaar sedert die die 2010 Black Ice Tour. Die idee agter die nuwe toer is om die band se 40ste bestaansjaar te celebrate. Dit begin met Kanadese en Amerikaanse stadions in September waarna daar 'n hele string UK shows is en hulle finaal afsluit in Afrika met 'n show op 22 Oktober in Windhoek en die laaste een by die Nyayo Nasionale Stadion in Nairobi, Kenia.
In February het Brian Johnson reeds in 'n radio interview begin skimp oor planne vir die toer: "It's been 40 years of the band's existence, so I think we're gonna try to do 40 gigs, 40 shows, to thank the fans for their undying loyalty. I mean, honestly, our fans are just the best in the world, and we appreciate every one of them."
Check die volledige storie uit in Rolling Stone en Brian se interview hieronder waarin hy gister met promoter en huisvriend, Michael Chuggy gesels het oor hulle planne vir die toer wat Afrika insluit.
Watkykjy staan op 3,084,323 post views in totaal sedert 1 November, 2019.