Onthou julle nog toe die band Volkspeler verlede jaar Oppikoppi op horings geneem het met ’n stripper in ’n Voortrekkerrok? Met ’n hondehalsband en ketting? Op Vrouedag? Nee, jirre.
Terwyl hoofsanger Johan Jack Smith ’n paar maande in ’n safe house moes deurbring ná Sunette se Boervrouliga van dié spulletjie te hore gekom het, het hy hard en lank gesoek na ’n plaasvervanger en uiteindelik in Valhalla in die vuil Weste van Pretoria op Wiekie Vega afgekom. En fokkit, sy kan nie net dans nie – sy kan sing ook. Hierdie vurige rooikop sal van nou af saam met Volkspeler optree en die manne se hormone op hol jaag.
Check so bietjie haar jongste tune saam met Volkspeler genaamd Joburg. Sy is op Facebook ook, soos dit hoort.
@TaliepKatgriep
Watkykjy staan op 3,084,453 post views in totaal sedert 1 November, 2019.