Aardbewing reaksie
"Aardbewing!" Het een van ons tjommies in die overseas op Facebroek gepost 'n paar sekondes nadat 'n 4.4 outjie Los Angeles getref het. En dis about hoe lank dit gehou het ook – 'n paar sekondes en gelukkig fokol skade. 'n Paar ander mense was gelukkig genoeg om reeds teen 6:25 op hulle kakhuise te sit en die bruinbere het dus nie in hulle broeke beland nie. Die TV presenters van KTLA was bietjie minder gelukkig – hulle was live op air en was oppad om 'n storie oor Chris Brown te cover oor een of ander skandaal en toe hulle eie name met 'n plank geslaan het. Die skokgolfie het die dude en die chick laat besluit om onder die tafel in te duik en omtrent dadelik weer op te kom soos verskrikte meerkatte wat 'n kilogram leeukak geruik het. Die chick, Megan het die obvious stuff begin uitwys: "Kyk hoe val hierdie goed van die ceiling af!"
*niks val so van die ceiling af nie*
Ons is nie seker wat die ou se probleem is nie – ons hier by Watkykjy sou bietjie langer onder die tafel weggekruip het en stinkvingertjie met Megan Henderson gespeel het. Net 'n nota, Chris Schauble – Megan is doable… – L.A Times
Piele nuus
Meanwhile was 'n news crew aan die anderkant van Amerika (Washington) besig om oor 'n helikopter crash te berig. Soos dit is met nuusmense het hulle natuurlik 'n hele paneel gehad wat almal eiertjies te lê gehad het en herhalend die obvious oordrewe gestate het. Bewapen met iPads het hulle deur die foto's gegaan wat van die beheerkamer af deurgevoer is en op kykers by die huis se TVs vertoon is: "Soos julle kan sien kom daar kakbaie rook uit daar by die Space Needle, een van Amerika se iconic geboue." Daai tipe kak. Toe jaag die beheerkamer effens kak aan, want die volgende foto was een van Edward Scissorhards gevolg deur een of ander breakfast. En toe? 'n Piel. "Uhhhm, ons gaan daai kak net ignoreer… uhhhhm…"
Ironies genoeg het was die female presenters se reaksie om hulle monde groot genoeg oop te maak vir 'n piel om daarin te pas, maar ons sal dit geriefliksheidsonthalwe toeskryf aan absolute skok. Of sal ons?
Mens kan seker sê…
(sit donkerbril op)
… dit was 'n unieke newsflash.
YEEEEEEEAAAAHHHH! – Huffington Post
'n Weird gestekery
'n 23-jarige vrou van Tennessee het haar man met 'n kombuismes in sy bors gesteek omdat sy glo dat hy NASCAR aanbid. O ja, en sy het ook vas geglo dat die duiwel binne har woon. But wait, there's more! Dit het nie by die huis gebeur nie. Sy het eers met haar kar dwarsdeur 'n kerk se deur gebars en toe haar man gebel. Hy het haar voor die altaar gevind. Dis die dat sy hom toe met die mes steek. Haar man het gemanage om die mes uit sy bors te trek, terug huis toe te ry en die cops te bel. Uhm, selfone, enige iemand? Hello? *click-click*
Die polisie het haar geskraap en tjoekie toe gesleep. Daar het sy aan hulle bekend gemaak sat sy redelik baie met die jirre praat, jy weet, oor haar daggarokery en so aan. God het haar blykbaar getune dat dit nie nice is om heeldag en heel aand lank rondkyk Rothmans te rook nie, maar sy skiem dis piele, want sy kan goeters sien wat ander mense nie kan sien nie.
Ons hier by Watkykjy vermoed dat sy moontlik iets sterker as dagga gerook het. Ons vermoed sy het moontlik 'n marmot gerook wat acid gesluk het terwyl hy 'n parakiet genaai het wat krokodil mainline. Ons wil ook sover gaan om voor te stel dat sy miskien so vyf minute se therapie nodig het. Ten minste. – Times
Die Windpomp
En nou vir plein fokken doodgewone nuus – Die Windpomp, 'n film met van ons land se beste akteurs in soos Marga van Rooy, Ian Roberts, Grethe Fox en Leandie du Randt asook nuweling Armand Greyling is vanaf 25 April te siene in Nu Metro en Ster Kinekor teaters.
Hier is 'n trailer.
Watkykjy staan op 3,090,342 post views in totaal sedert 1 November, 2019.