Ons het glad nie verwag dat Watkykjy-Suid hulle Ramfest report sou uitrkry voor Watkykjy HQ nie. In die Kaap is dinge heelwat stadiger as hierbo, maar ons haal ons hoed af vir Chopper en sy bende. Hierbo was dinge rof gewees, nie dat ons verskonings maak nie…
Soos met Oppikoppi het Ramfest in een van daai musiekmonsters verander oor die jare en dis vir seker nie ‘n entry in jou dagboek om ooit weer te mis nie. Jy sal wel bands mis hier en daar. Soos met drank, is daar ‘n oorvloed musiek om in te neem. En dis kakhard. Ek is gewoonlik eerste om vir almal te preek en wenke te gee oor hoe om jouself aan die lewe to hou by plekke soos Koppi en Ramfest, maar soms oortree ekself die basics en ‘n hele stel nuwe planne, wenke en reëls word opgetrek.
Ons crew het byvoorbeeld eers by ‘n hardware shop gestop op pad na Ramfest en gum boots en reënjasse gekoop. Sulke vieslike geel Paddington Poes reënjas. Sure, ek het soos ‘n oversized pielkop met geelsug gelyk, maar jirre maats, daai kak outfit het my gered die Vrydagaand. Sommige revellers se plakkies het kniediep in die modder verdwyn en ander marabse het face plants in die modder gemaak. Die confidence van die pielkopreënjas en bootse het my natuurlik laat dink dat ek sommer dronk kan rondstrompel en oor fokol hoef te worry nie. Dis eers na die laaste band die aand gejol en ek myself in die Kreef Hotel bevind het waar ek agtergekom het dat al die biere deur die dag begin optel het vir ‘n groot damage score. Toe probeer ek hulle stemme stilmaak met tjoklit-chilli tequila. Big mistake. Vir almal rondom my. Ek vra dus om verskoning aan al die mense wat ek blykbaar groen gespraypaint het in die bar. Ek is is ‘n fokken doos. Ook aan big H en sy goose wat tot 2am moes wag sodat die groen verf waarmee ek myself ook beetgekry het kon droogwoord voordat ons terug huis toe is. Dis mos lekker as jyself nie hoef te bestuur nie. Lekker fokken gerieflik. Ook maar goed so, want dis fokken stupid om dronk te bestuur. Agt laities het hulle (of pappa of mamma) se karre gerol op daai modderige grondpad in Bronkies. Jy moet of fokken stupid, dronk lisensieloos of al drie wees om dit af te pull. Genuine, pik fokken by, my ou!
Saterdag het moerse broos begin. Daai tipe vibe waar jy opstaan en soos fokken Shrek lyk, melk uit die yskas haal vir jou hangover (WTF?), dit in die honde se bakke uitgooi (WTF?) en dan besluit om ‘n blik Ideal Milk uit te drink (dubbel WTF?). Not so ideal. Kots alles uit en dit ruik soos shampoo wat jou natuurlik met die vraag los: Wanneer het ek shampoo gedrink? Dit het egter alles in perspektief gesit, gesorg vir so bietjie innerlike monoloog en die gevolgtrekking was om Saterdag NET EEN drink te drink. OK, twee, wat versrpei was oor 8 ure. *stoot bors trots uit*
En toe kom die memories terug: Die Vuvuvultures se unapologetic energie op stage, ISO wat ‘n groot crowd magnet was, chicks en laities wat hulle kak verloor op Foals en Biffy Clyro (Biffy was befok verby gewees – Skotland mag maar), Pestroy wat hulle laaste gig gejol en vir Bronkies ‘n nuwe poepol geskeur het en Black Cat Bones (altyd ‘n konstante vir ‘n goeie fokken harde party by enige show). ‘n Groot persoonlike favourite – en hier het ek myself surprise – was Agro gewees. Die local metalhaeds wat al van die 90s af deurdruk met hulle dik sound. Ek sweer hulle word in headbang credits betaal wat hulle iewers na die tyd vir teddiebeertjies kon uitruil. Ons het ook backstage in Trivium en Killswitch Engage vasgeloop vir interviews. Die manne van Trivium was ‘n bietjie meer ernstig (beide op en van die stage af) maar het die crowd solid ge-rock. Dis min dan mens Indiërs voor teen die barriers hulle koppe sien verloor op metal, ‘an all.
‘n Spesiale blykie van waardering moet egter uitgaan aan Killswitch Engage, die marabse van metal, skiem ek. As mens Voortrekker badges kon uitgee vir grootste marabs, sou dit aan hulle guitarist en back-up vocalist, Adam gegee word. Die bra is so fokken mal soos ‘n haas op stage en as hy metalscore uit 10 uit moes kry, sal dit hoogstens 2 wees. Lekker in shorts op stage met ‘n bandanna, ‘n knee guard en die fokken weirdste moves wat mens nie eers onder cock rock sou kon file nie. Hy was fantasties. Fantasties spasties. Soos die Ingilsman sou tune “What a fun bunch of guys”. Dit is weereens bewys toe hulle ons Maandag na die harde naweek gejoin het vir ‘n moerse braai in Wolmer. Epic se fokken ma.
Check gerus ons RAMfest highlights package uit. Die tune is In Due Time deur Killswitch Engage. Hy poes lekker hard. En as jy hom klaar gekokkenodge het, check die Watkykjy foto stream uit deur Henry Engelbrecht en Ingrid Swart onderaan.
Watkykjy staan op 3,092,676 post views in totaal sedert 1 November, 2019.