Johhny
Juffrou begin haar les. "Ek het iets in my hand, dis rond, rooi en soet, wat is dit?"
Johnny waai sy hand in die lug. Juffrou vra vir Sannie.
Sannie sê: "Dis 'n cherry juffrou"
"Jammer Sannie," sê Juffrou dis 'n appel, maar ek hou van die manier hoe jy dink."
Toe vat sy 'n lemoen en sê: "Ek het iets in my hand. Dis oranje, rond en het sap in. Wat is dit?"
Weer gooi Johnny sy hand in die lug. Juffrou ignoreer hom weer en vra vir Sarie.
Sarie: "Pomelo Juffrou," reken Sarie.
"Jammer Sarie," sug Juffrou. "Dis 'n lemoen maar ek hou van die manier hoe jy dink."
Hoogs die moer in stap Johnny na Juffrou toe en sê: "Ek hou iets in my sak vas. Dit is rond en het 'n kop op. Wat is dit?"
Juffrou sê: "Sies Johnny!"
Hap hy: "Disse coin ma' ek laaik hoe Juffrou dink!
Eksamenkak
V: Waarvoor word beesvelle gebruik?
A: Om die bees binne te bou.
V: Wat is 'n outobiografie?
A: Dis die onstaan en geskiedenis van die motorkar.
V: Waarvoor staan die afkorting t.o.v.?
A: Tot onder die voete.
V: Wat is die doel van die kies- en oogtande?
A: Die kiestande kou die kos en die oogtande kyk dat hulle die kouwerk goed doen.
V: Voltooi die volgende idioom: Hoe meer haas…
A: Hoe groter haaspastei.
V: Wat is die teenoorgestelde van kleinneef?
A: Kleinteef.
V: Wat is die meervoud van kabeljou?
A: Kabeljulle.
Vergelykings wat hoërskoolleerlinge actually in hul opstelle gebruik het:
* Sy gedagtes het in sy kop rondgetuimel en verwantskappe gesmee en gebreek soos onderbroeke in 'n tuimeldroër.
* Die bootjie het saggies oor die dam gedryf presies soos 'n rolbal nie sou nie.
* Hy was so lank soos 'n twee meter lange boom.
* Hy het diep uit sy keel gelag – soos daardie geluid wat 'n hond maak net voor hy opgooi.
* Haar woordeskat was so sleg soos, wel, wat ook al.
* Dit was 'n werkersklas-tradisie, soos pa's wat hul kinders met elektriese bore rondjaag.
* Sy het nader aan hom gegroei – asof sy bakterieë was en hy Britse beesvleis teen kamertemperatuur.
* Die son het uit die see opgerys soos 'n gloeilamp uit 'n bad water.
* Hy is so maer soos 'n vark op 'n grondhervormingsplaas.
* Ek het so minderwaardig gevoel soos 'n Zim-dollar.
Watkykjy staan op 3,083,865 post views in totaal sedert 1 November, 2019.