Nag van die Lang Pette is beslis die beste Jack Parow album tot dusver, en ook sy derde (wat pas vrygestel is). En dit dan nogal ‘n dubbel album, waarvan een kant acoustic is. Ek fokken sê jou. Awê bra Jack, well played my ou. Well fokken played.
Die electric album is slick, hard en vat nie kak nie. Die eerste track Blou Bek skop af in top windgat styl. ‘Almal bly stil want dis Parow wat nou rap, as jy weer terugpraat, los ek jou met ‘n bloubek…’ en dan drop daai lekker VET fokken beat in wat crowds maak hop soos ‘n groot beach ball op die sement. Parow se raps is giftig, die lyrics vlymskerp en die bedonnerde track maak dit damn duidelik wat sy intensies is met hierdie ambitious dubbelalbum.
Die elektriese album is gepak met collaborations en feature Nonku, Dirt Nasty, Francois van Coke, Rattex, DJ Naaldekoker en ook ‘n boeremusiek vibe saam met die Klipwerf Orkes. ‘n Highlight vir my is definitief ‘Bring your friends‘ saam met PHFAT. ‘n Tipe opvolg op ‘Doosdronk‘ van Die Antwoord (waaraan Parow ‘n deel gehad het) met die fok-alles refrein: ‘Kom ons raak poes-dronk, bottel in die mond, poes rond, dubbel fokken brannewyn…’
Die elektriese album sluit ook dan heel gepas af met ‘P.A.R.T.Y.‘, ‘n tipiese Parow party anthem waarin hy wens vir net goeie tye en lekker kuier ‘hier waar die dop en die entjies flow‘. Ons stry nie. Ons ken.
Die groot surprise package is egter die akoestieke album. Rap? Acoustic? Like waddefok bra Jack? Het jy sag geraak? Drink jy nou Coke Zero in jou brannas? Tot jy hom luister pappie. Tot jy vir hom luister. Daai is gees, en ek lieg nie vir jou nie.
Onder die vaardige hand van producers Loki Rothman en Justin de Nobrega, kry Parow classics soos ‘Hard partytjie hou’, ‘Dans dans dans’ en ander ‘n groovy nuwe dimensie. Daar’s ook welkome nuwe tracks wat kook. Dis nie net ‘n klakelang-zikke-zoem bokskitaar rondgetossery nie, maar liewer ‘n geval van elke song wat opnuut (en fokken slim) verwerk is tot iets wat gelyktydig uniek en befok is.
Luister uit vir ‘Byelville‘ met ‘n standing bass en trekklavier(?), ‘Katarien‘ met ‘n Griekse Zorba-agtige vibe, ‘Die Kruispad‘ met ‘n saag gejol deur Mr. Cat & the Jackal, en die kakwarm slide kitaar en swampy blues op ‘Hard partytjie hou‘. Fokken pure klas.
Behalwe vir samewerkings deur Francois van Coke (yes, nog ene) en Pierre Greeff is daar ook ‘n killer roadtrip tune met so skoffel-skoffel drumbeat saam met living legend Valiant Swart.
Ambisieus is die album beslis, maar Parow pull dit af in styl. Die 12 elektriese en 11 akoestiese tunes loop soos stroop en wys watse accomplished kunstenaar die zefgat met die lang pet geraak het.
(Okay, daar’s so 3 tracks wat ek nie regtig gelike het nie, maar fok, 20 uit 23 is ‘n fokken A+ in my boekie. Rap erekleure. Respek.)
‘Nag van die Lang Pette‘ is nou landwyd in winkels beskikbaar as jy nog ‘n CD player besit en ook op iTunes as jy jonger as 40 is.
Kry die album hier: https://itunes.apple.com/za/album/nag-van-die-lang-pette/id773098435?uo=4&at=11l7do
Of catch die man live in jou buurt, ek sê:
Donderdag, 6 Maart
Atterbury Teater, Pta
Saterdag, 8 Maart
Rocca Bar, Durban
Vrydag, 14 Maart
Klein Libertas Teater, Stellenbosch
Maandag, 17 Maart
Barnyard Theatre Willowbridge, Kaapstad
Donderdag, 20 Maart
The Assembly, Kaapstad
Vrydag, 21 Maart
Marks Park, Emmarentia
Watkykjy staan op 3,090,337 post views in totaal sedert 1 November, 2019.