So week of wat voor Jack Parow se gig by die Atterbury Theatre het ek heimlik gewens die plek brand af. Check, ek moes ‘n show saam met die siblings gaan kyk om die krimpie se jaarsdag te vier en die tipe shows wat die krimpie smaak is nie my top tipe vermaak nie. Aangekom by die Atterbury Teater was hulle sign besig om af te brand. Helse vlamme. My droom was besig om waar te word en ek het op die sypaadjie afgetrek vir ‘n foto (my iPhone was gefok en kon net selfies neem) toe ‘n bra in ‘n 4×4 (tipies Snortoriaan) op my skree: “Laat jy beweeg, my vriend!”. Fokken doos.
Long story short het ek dit deur die kak show gemaak en was later bly dat die plek nie afgebrand het nie, want onse vriend, Jack Parow het dit vir my gered.
Ek was half skepties oor of sy acoustic show gaan aftrek kry by ‘n seated audience. Gewoonlik is sy shows op-en-af-tot-die-honne-blaf met marabse wat mekaar met brannas bemors in die voorste rye terwyl hulle “hoss ja” en “poeslekker” skreeu. Die acoustic set het my verbaas. Loki Rothman het defnitief ‘n groot bydrae hier gelewer. Die man ken van kitaarslaan, kan befok sing en gee ‘n nuwe dimension aan Parow se show. Dit was eintlik fokken briljant aanmekaargesit. 45 minute van Parow se nuwe acoustics tracks gevolg deur ‘n 15 minute break en dan nog 45 minute van kakharde musiek deur sy band verskaf om sy rap lekker weights te gee. DJ Naaldekoker oppie decks, Rufio Vegas op bass, Loki op electric guitar en Jade Neebe (sekerlik die fokken hotste female drummer in SA) oppiestokke.
Dis about hier waar die kinners uit hulle seats geklim het, op en af begin spring het en eventually so stuk of twintig op die stage geklim het met die laaste tune en aapkak gegaan het. Volgens Parow, Jade en Naaldekoker is dit die tipe shit wat gewoonlik by hulle shows in Nederland gebeur. So respek aan Pretoria wat uitgestick het (minus daai poes in die 4×4 natuurlik) en dit een van die lekkerste indoor non-club gigs sover gemaak het.
‘n Moerse lekker party indeed om sy nuwe dubbel album, Nag Van Die Lang Pette te launch. Shop die fisiese CD online hierso of gaan kry die outjie sommer straight op iTunes. Lees ook sommer Chopper se review van Nag Van Die Lang Pette hierso.
Ons het so bietjie met Parow na die tyd gesit en ginnegaap (check die foto’s van die gig onder die video):
Foto’s deur Henry Engelbrecht.
Watkykjy staan op 3,090,328 post views in totaal sedert 1 November, 2019.