RAMfest 2014 was fokken rof en ek praat nie onnodig groot hier nie. Kyk die ram is mos maar ‘n duiwelsdier en oor die algemeen fokken bedonnerd soos min. Maar vir twee dae het ons daai mal swart ram hard en aanhoudend gery. Bloots ook. Tot hy ons stukkend, bloeiend en skreeuend terug in die werkweek ingegooi het.
(Blykbaar staan die RAM in RAMFest eintlik vir the Real Alternative Music Festival, so jy het hier te doen met die grofgeskut van musiek china. Rock en metal en harde electronika. En jy moet hard partytjie hou… party… party… party. Ek dink dis ‘n reël of iets, al kon ek dit nie in die press release raaklees nie.)
Hierdie jaar was RAMfest innie Kaap op ‘n fokken beautiful plaas genaamd Elandskloof naby Villiersdorp, 125 km uit Slaapstad uit. Groen gras, bome oral (lees: koelte) en water net waar jy kyk. ‘n Pragtig-idilliese omgewing. Dus net reg om na verskriklike musiek poeshard te luister en baie kak aan te jaag.
Ek en die boys van die 666 crew het weer ‘n ding fucked-up geKreef hierdie jaar en dit was dik gees daar, soos altyd. Riverfront property, brekkie in die oggend, fokken lekker mense – die werke pappie! Behalwe vir die beste afterparties, was daar ook kak mal kar partytjies in die parking lot met Slayer en K.O.B.U.S. op die draadloos, en die GTi is sommer vir lekker gerev in die rooi (wenk: dit bring nie girls to the yard nie). Wat Kyk Jy? het weer naam gemaak, dis vir seker.
Net so duskant die Kreef was die Metal Braai, waar ons net ‘n rukkie moet stilstaan op pad verhoog toe, ouens. Kyk ‘metal’ en ‘braai’ is twee van my favourite goed in die wêreld, maar nie as hy so gedoen word nie.
A nee a. Die metal is gepomp uit ‘n Pentium II PC computer met Noag se geel keyboard op ‘n VW Fox se bonnet en die braais was twee klein konkas wat partykeer selfs gelight was. Hulle het darem eenkeer Judas Priest se ‘Painkiller’ dooshard gejol wat klein bietjie opgemaak het. Klein bietjie.
Baie van my tyd is egter verwyl tussen die Red Heart en Monster stages, asook die Santa Anna Mexican kosstalletjie waar ons saam met bra Piet vark gerook het. True story.
RAMfest het hierdjie jaar hulle mees diverse stel artists nog bymekaargemaak en die line-up het 50 local en 5 international acts ingesluit waaronder Biffy Clyro, Foals, Trivium, Killswitch Engage en Camo and Krooked.
Met vier stages, ‘n spul bars, ‘n killer crew en die potensiaal om in dosyne ander pelle en kennisse vas te strompel (letterlik) was dit egter onmoontlik om by al die acts uit te kom. Nie ‘n slegte probleem om te hê nie, want dit was pretty much die heeltyd speeltyd met ‘n fokken awesome soundtrack wherever jy gaan.
(Behalwe die Metal Braai. Dit was net… Nee.)
Local bands wat my mateloos impress het was Conduit met hulle intense en decadently mesmerising metal (al was dit in die middag), De Wallen met hulle klipharde old school rock en tonne gees, The Very Wicked met ‘n melodiese maar donker versnit van psych rock, die Black Cat Bones (beslis die hart en siel van SA rock) en dan PH Fat (surprising vir my, right?) wat al wat wakker is aan die dans gekry het.
Van die internationals was die metal manne meer my vibe, alhoewel Biffy Clyro ‘n incredible live band is. Trivium het ‘n tight-as-fuck set gespeel van hulle beste tracks (lees: ons het geheadbang soos die Hoenderman) terwyl Killswitch Engage weer impress het met hulle stage performance en onblusbare energie. Jy kan sê hulle het dit horings gegee. Ha. Ha. Ha. Anyway…
Toe die reën liggies uitsak Sondagoggend was dit so asof God self besluit het dat daar nou genoeg gesondig is vir een naweek op hierdie pragtige stukkie aarde. Leepoog kom ons freaks uit ons tente gekruip en hoor met gedempte stemme of iemand nog sleutels het dat ons asseblief kan huis toe gaan. Asseblief man. Dis nou genoeg.
Ons praat min in die kar, luister laid-back tunes en probeer ons oë op die pad hou. Alles is seer, alles pyn en ons weet die stort by die huis gaan ons nie binne skoonwas nie. Maar dis okay. Die crazy stories en mal herinneringe is net genoeg om ons te hou tot volgende jaar…
Once.
Disclaimer: Ek het nie gedink die comedy was snaaks nie en ek het ook nie by die Olmeca electronic stage uitgehang nie, alhoewel ek verstaan die birds daar was poeshot. Nota vir volgende keer…
Fotos deur The Image Engineer:
Watkykjy staan op 3,073,936 post views in totaal sedert 1 November, 2019.