Deur Big H
Okay, ek was nooit vantevore by die Blue Moon nie. There, I said it.
Toe ek dus hoor dat hulle laaste show die afgelope naweek gehou sou word het ek summier besluit om ‘n bike trip daarvan te maak en Nelspruit toe te ry, want ek moes dit net eenvoudig gaan uit check het voor dit heeltemal verby is.
Ek het goeie dinge van die Blue Moon gehoor, maar niks kon my voorberei op watse befokte venue dit eintlik is nie. Ek was stomgeslaan toe ek daar aankom.
In hulle eie woorde: “Blue Moon is a unique, custom-built, multi-purpose functions venue, hosting live music concerts and private functions. The venue is designed to ensure excellent acoustics both inside the building and in the adjacent amphitheatre. The design also guarantees all-round maximum visual access to the main stage.”
En, glo my, hulle praat nie kak nie…
Die line-up vir hulle “Last Waltz”, soos hulle dit genoem het, was briljant. December Streets en ISO het die Laeveldse girlies sopnat gehad. No One’s Arc (‘n band wat jare gelede in Nelspruit onstaan het en nou die Kaap bly) sal ek baie graag weer wil sien. Wonderboom en die Black Cat Bones is van die beste live acts wat jy in die hele Suid-Afrika sal sien, en om twee sulke bands direk na mekaar op dieselfde verhoog te ervaar was mind-blowing.
Tussendeur die acts was daar baie stories vertel, en dit was duidelik dat die Blue Moon ‘n baie ryk geskiedenis het. In die 14 jaar wat dit bestaan het, het dit ‘n groot rol in die ontwikkeling van Suid-Afrikaanse blues en rock gespeel.
Die Sondagmiddag was daar ‘n “Picnic on the Moon” en Nakhane Toure, Tailor, Matthew Mole en Saarkie het gespeel. Ek was teen daai tyd al oppad terug huistoe, maar ek hoor dit was ‘n baie spesiale dag.
En na alles wat ek die naweek gesien en ervaar het kan ek nie glo dat ‘n plek soos daai as music venue gaan ophou bestaan nie. As ek reg verstaan is een van die redes daarvoor die feit dat daar nooit genoeg plaaslike support was nie. As dit waar is behoort die hele Nelspruit hulle koppe in skaamte te laat sak.
Watkykjy staan op 3,090,631 post views in totaal sedert 1 November, 2019.