Deur Dratie de Weerdt
Wie sit die HEL terug in Helsinki? Wel, twee slick rappers van Johannesburg en die een fokker is nie eers meer met ons nie.
Huyser Burger (van Battery9) is al meer as twee jaar terug begrawe, maar nóú het daar een van sy video’s soos ‘n doosastrante ou Boerespook op Youtube kom gesigwys. Jy check, min mense weet van ou Huys se side-project, Helsinki (nie uitgespreek soos die Finse hoofstad nie, maar eerder ‘helseuntjie’).
Hierdie nuwe-ou tune se naam is Black Mampatile, en trust ons nou maar as ons vir jou sê jy gaan solidly in jou broek kak as jy dit uitcheck. Of dit mag dalk sommer net maak dat jy sulke eerie hoendervleis kry tot op jou tjommie – eksperimenteer maar self en moet ons asseblief nié laat weet wat was die resultaat nie!
Jy deal hierso met ‘n poescool post mortem, ‘n donker voice uit die graf en ‘n gróót motherfucker wat nie kak gevat het van rympies gooi nie. Fok Jack Parow en fok Die Antwoord. Check hierdie mal fokken kont uit:
Dit is van die mainste local hip-hop wat jy ooit sal sien en dit maak dit nogal moerse jammer hierdie kite het nooit gevlieg nie.
Poesfokkenjammer…
Maar raait, só het Helsinki gebeur:
Huyser het so paar jaar terug moerse rondgehang by ‘n blok flats naby Wespark begraafplaas, net buitekant Melville in Jozie, omdat van sy tjommies daar gebly het (nie daai hoendervleis tjommie van netnou nie – vrinne). Só ontmoet hy toe vir Pateletso William: ‘n hekwag maar ook ‘n man wat ‘n solo-rap onder die naam Papa Monate. Die twee het mekaar instantly gevind en opgehook met Arnaud van Vliet (die ou wat al kitaar gejol het vir Battery9, Diesel Whores, Radio Lava en Arno Carstens).
Arrie skryf toe die beats, Huys rap in Afrikaans en Pato’s rap in Tswana – ‘n kombinasie wat só uniek is dat dit sommer oombliklik skrik vir absoluut fokôl. Die beats is mal en eksperimenteel. Die lirieke is so bliksemswil windgat soos Huyser self en ‘n ou word nogal vir ‘n ses geslaan oor presies hóé Tswana en Afrikaans met mekaar kan jêl. Klankgewys is daar moerse baie ooreenkomste tussen die twee. Luister gerus mooi!
Kort voor lank skryf Helsinki, sonder dat hulle eers lank saam was, hulle eerste tune genaamd DNA en dít beland toe sommer op MK ook. Die teddiebeer wat so vinnig rondbuzz, vinniger as daai binnepoespienk battery-haas met die simbale, trek nogals die aandag:
Daar is glo nog heelwat meer van Helsinki se tunes wat nog nie almal van ons se ore bereik het nie. Kom ons hoop maar dit vergaan nie in die eindelose fokôl in nie. Dit sal mos nou net kakhartseer wees!
O, en in case jy gewonder het wat die ander Battery9 ouens deesdae aanvang – check gerus Die Menere uit. Paul Riekert (B9 se vocalist) en André van Rensburg (‘n voormalige B9-kitaarslaner) het ‘n lekker depro downcore country vibe aan die gang. ‘n Akoestiese duo wat dalk net-net kan maak dat jy deur jou eie polsies vreet. Hulle het ook al ‘n tune op die interwebs uitgegooi. Oor manne wat braai. Die laaste braai op Rooijakkalsdraai. Dis nostalgies, uitgechill en sommer net poesmooi:
Watkykjy staan op 3,056,592 post views in totaal sedert 1 November, 2019.