Okay fine, die kak het al eintlik laasweek gespat, maar as jy mooi na die naweek se line-up kyk begin Super Rappie eintlik eers die week.
As ons gou na laasweek se games kyk was ek net so verbaas soos 97% van die Superbrusters daarbuite toe die Lions die Cheetahs 'n les geleer het. Fok, nou moet die Lions nog net drie games wen voor ek vir 'n sekere soutpiel 'n steak by Aandklas moet koop.
Maar ek's actually bly dit het gebeur, want at least weet ons nou daai klomp Spoedkatte het wakker geskrik. Die Sharks moes die Bulls in Durban pakgee en ek moet bieg, die Bulle was dalk so bietjie beter as wat ek geskiem het hulle gaan wees.
Die naweek sou ek die Stormers game wou check, maar Nitro Circus roep. Bikes is way cooler as rappie.
Raait, ek en Griff het weer so srukkie Super Rappie advice vir die waterkoppies daarbuite, en onthou die wenner van die Watkykjy pool kan die naam van volgende jaar se trophy kies.
Crusaders v Chiefs (08:35 kick-off)
Onthou jy nog die dae toe die Crusaders alles en almal hard gedonner het? En hier verwys ons nie na daai medieval dudes met die swaarde wat die moslems so gelem het nie. Ons praat van die manne wat SuperRappie al 7 keer gewen het. Ek het 'n kak feeling hulle gaan vanjaar kak maak.
Korbroek: Crusaders met 5 want hy is lankaal styf.
Griff: Ek sal ook gaan vir Crusaders. Met so 7.
Cheetahs v Bulls (19:10 kick-off)
Onthou jy nog jou eerste keer of is die volgende keer jou eerste keer? Op een of ander stadium moet jy seker punt natmaak of dalk so bietjie daai chastity belt losmaak. Either way, die Cheetahs het nog nie in Super Rappie die Bulls gepomp nie en dit kan dalk die week gebeur. There's always a first time.
Korbroek: Relax, kap 'n dratie – die Bulls behoort met so 7 te wen.
Griff: Die Bulls pak die Cheetahs aan sonder Spies. Nie dat dit veel 'n moerse verskil gaan maak nie. Cheetahs vat hom met 2.
Highlanders v Blues (08:35 kick-off)
Onthou jy nog hoe kak die Highlanders laasjaar was? Ek het so feeling dit gaan nie vanjaar weer die geval wees nie. Ek het ook 'n feeling dat 'n bier voor 9am jou Saterdag heel befok gaan maak.
Korbroek: Groot Maori ysters in altwee spanne – Highlanders met 8 want ek het al so bietjie gedrink vandag. Net so bietjie.
Griff: Blues met 2
Brumbies v Reds (10:40 kick-off)
Onthou jy nog hoe die Brumbies die Bulls op Loftus laat mangeladder proe het? Sonder die Jake White Shark kan die manne dalk so bietjie klippe kou. Ek skiem Reds met 9 en jou sussie is lekker.
Griff: Brumbies met 7
Sharks v Hurricanes (17:05 kick-off)
Onthou jy nog hoe dit amper onwettig was vir Sharks spelers om Engels te praat? Elke jaar begin die Sharks as favourites vir some rede. Die tyd het dalk gekom om daai value op papier in 'n beker te verander.
Kortbroek: Durban is seker die kakste plek op die planeet om die tyd van die jaar te wil rappie jol. Bismark like dit egter amper meer as wat hy pompe like. Sharks met so 3, dalk meer.
Griff: Ja wat, die Sharks sal hom vat, maar ek skiem met so 4.
Lions v Stormers (19:10 kick-off)
Onthou jy nog toe die Lions meer as 4 games in SuperRappie gewen het? Wel dan is jy fokken oud. Die Stormers maak nou die laaste klompie jaar uit van tackle en as jy wil pyp rook op die einde…
Kortbroek: Ellis Park gaan lekker vol wees, Vol Stormers fans. Slaapstad manne met so vyf is my pick.
Griff: Fok dit, die Lions sal hom vat. Met fokken 1 punt.
Waratahs v Force (Sondag 07:05)
Onthou jy nog hoe kak Aussie derbies soms is? Die hardcore manne daarbuite sal opstaan vir die een. Jy kan hom even kyk voor Park Acoustics. Dis nou as jy SuperJags is.
Korbroek: Moes 'n coin flip vir die een want Oztralia en daai Johnson doos pis my erg af. Waratahs met 11. Sommer.
Griff: Waratahs met 9
Watkykjy staan op 3,091,021 post views in totaal sedert 1 November, 2019.