Nitro Circus in Joburg was fokken insane gewees! Amper te veel aksie vir die brein om te verstaan of in te neem. Die ouens het ook net voor die show heel verblydend aangekondig dat die crowd by FNB die grootste stadium crowd ooit was waarvoor hulle al daai insane tricks kom gooi het. Sold out, pappie. 35000 skreeuende, cheering fans, about die hele fokken tyd! Natuurlik sal daar 'n nool of twee wees wat tune "Ag fok, weet jy wat? Ek was al by FNB waar daar 90000 mense was, hoor? So net vir jou informasie" terwyl hy sy wysvinger voor jou gatsiggie rondswaai en so Indiër-Kim-Kardashian-nek-move doen. Luister hier, poepol: Toe jy daar was, het jy gekyk hoe 30 marabse 'n eier rondjaag. 35k is about die grootste praktiese crowd wat Nitro by FNB kan vat, want poesgroot ramps. Jy sou fokol kon sien reg agter die moerse rig, jou fokken aap.
Die show was set om teen 19:00 te begin maar die ouens het solank die crowd begin entertain deur t-shirts, skateboards en 'n baie kief klein fietsie weg te gee vir klein laities uit die crowd wat hulle dans moves onder in die arena kom gooi het. Intussen het die grootmense tonne bier gekoop en die stadium begin opvul. En toe spat die kak: Backflips, double backflips, front flips en fok weet wat nog. Die MC kon omtrent nie byhou soos die ouens indrop op die vyftig voet ramp en verby die crowd deur die lug trek nie, Jissis daai moes vir hulle soos 'n ewigheid moes voel nie.
Ouens het op klein driewielfietsies, 'n perdjie op wiele, 'n fokken lazy boy, klein skopskoetertjies, motorbikes, snowboards, skateboards, BMXes, roller blades en fok weet wat nog alles ingedrop by daai intimiderende ramp. Die enigste persoon wat die risiko geloop het om haar poes af te val, was Jolene Van Vugt, die enigste chick in die team, maar gelukkig het sy nie. Sy het groter ballas as jy, ou maat (figuurlik gesproke natuurlik). Terloops, sy was Catwoman se stunt driver in The Dark Knight Rises, maar by Nitro Circus het sy gegaan vir 'n pienk Barby-kar. Dis nou voordat sy die dirt bikes ook vir so paar back flips gevat het.
Die crowd het alles opgevreet. Van driejarige laities tot krimpies. Die MC, Bruce Robson, het op 'n stadium van die groter name wat meer specialised tricks doen aangekondig saam met video previews. Iets in die lyn van: "Hierdie bra het het probeer om 'n double front flip te gooi met sy scootertjie ses maande terug. Toe poes hy hard neer en bars sy hart. Hy was ses maande lank in traksie. Check die video". Die video van said persoon se near-fatal fokop word dan gespeel op die big screens. "Oooof!" En "Aaaauch!" hoor jy die crowd dreun. "Hy is vanaand hier! Moet hy weer probeer!" En die sadistiese crowd skreeu soos een man "Yeeeees!". Dik gees. Van die manne het weer hard neergeslet maar gelukkig het niemand te rof daarvan afgekom nie. Ek sal graag wil weet wat die ouens se danger pay is.
Halfpad deur die show is 'n 15 minute pis-en-bier break aangekondig wat opsigself vir goeie entertainment gemaak het. Ek het nog nooit by FNB (en ek was al fokken baiekeer daar) mense so vinnig gesien pis nie. Laities het letterlik die toilets binnegestorm, helfte van hulle blase in die piskrippe gestort en die ander helfte sommer teen hulle bene laat afloop soos hulle weer uitstorm. Dis hoe engaging die experience was. As jy wegkyk, fokken mis jy uit.
Deurentyd was daar fireworks (dis nou behalwe vir die redneck musiek en redneck video clips) en moerse vlamme gewees wat gesorg het vir seks vir die ogies en die show is ook met soorgelyke fanfare afgesluit. Ek is bereid om my pielkop op 'n blok te sit dat Nitro Circus volgende jaar sal terugkom Suid-Afrika toe en as jy hierdie jaar daarop uitgemis het, maak seker dat jy dit volgende jaar gaan kokkenodge. Dis die beste live action show wat jy ooit sal sien!
Ingrid Swart en Henry Engelbrecht het vir ons so paar kiekies geneem. Check die Watkykjy Flickr stream hieronder uit asook hierdie video wat ons aanmekaargesit het uit 1776 fotos:
Flickr Stream, Nitro Circus Joburg:
Watkykjy staan op 3,071,843 post views in totaal sedert 1 November, 2019.