Nitro Circus ticket wenners!

In Aankondigings deur griffinRek jou bek

Ons het ‘n hele fokken hoop entries ingekry van julle marabsies af om tickets te wen vir Nitro Circus se shows in Suid-Afrika. Ons deel graag hulle entries met julle. Die tickets sal spoedig hulle pad vind na julle inbokste toe en ons hoop julle is net so excited soos ons om die show te gaan kokkenodge. Verwag ‘n full report met befokte kiekies…

Die entries wat gewen het:

Aan die Griffin

Eerstens: Ek skryf in vir JHB tickets!

Daarsy, aangeheg is my foto vir die inskrywing. Dit was “back in the day” toe Element hemde, over sized DC skoene en baggy jeans nog die kat se snor baarde was. Ek was nog n snotneus laai toe toe ek begin Blunt lees het en toe ook die ouers tune ek soek n skateboard. Wel die foto is geneem net na ek my eerste skateboard gekry het en besluit het dis tyd om saam die groot visse te swem en die infamous Thrashers skatepark in Pretoria aan te pak. Ek’t besluit om sommer by daai indoor half pipe te begin en vir ma gesê sy moet net regstaan met die kamera. Ek is nogal bly sy het anders dink ek nie sou ek nou kon inskryf nie. Ek’t daarin gestap as die tier op die mier, en soos jy in die foto sien, weg gestap as die stront op die grond. Van windgat laaitie tot n gebreekte gewrig. Dit sal ook nie die eerste keer wees wat hierdie foto status sal bereik nie. In daai dae was die Blunt tydskrif groot onder ons laaities en my vrinne het my oorreed om die foto in te stuur vir hulle, en kan jy nou meer, daar word hy gepubliseer met een of ander leedvermakerig opskrif. Ek het die uitgawe probeer soek, maar aangesien die tydskrif nie meer bestaan nie, was dit onsuksesvol.

Vir my part hoop ek net dis goed genoeg om n kaartjie los te slaan, want dis een van daai once in a lifetime geleenthede wat ek nie wil mis nie. Volg al vir Travis en die manne van die begin van dae af en hulle bly maar legendes vir my!

Groete!
Willem
willem


Hi
Aangeheg is 2 kiekies van my waar ek 4 jaar oud was… Die een waar ek in die Pits is met die Zef pit crew…en die ander een hoe vinnig ry ek weg van my pa en sy baby Blue Zef broekie, beste stunt wat ek nog gedoen het
Eugene
Pits

AC 50


Awe griffin, hier is ek op die ouderdom van 8. Gooi bietjie n whiskey throttle op my kx65. Ek sal like van jhb tickets.
Lekke
Vickus
whiskey-throttle


Griffin

Ek het fokkol fotos van myself met my chopper en die gear lever hier in die middel tussen jou bene, so nou moet ek maar my laaitie uit pimp.
Fok my ou, ek moet hierdie kaartjies wen. My laaitie kerm nou al vandat die ticket sales begin het, maar die zak is net te min.

Sy naam is Adam, maar hy is al op wiele van hy daar uitgeklim het en hy kry gereeld op sy moer.
Hier is hy op 1 en half besig om gocart te ry  en hy slide hom om die draaie, ken nie van briek nie, net van petrol:
laitie1

Op sy eerste motorbike. Sê nou vir my hy is nie ‘n chick magnet nie en van sy eerste scars.
laitie2
en
laitie3
Die laaitie is heeldag besig om tricks te probeer doen, of dit nou op die skatebord, fiets, skates of wat ookal is.
En van sy eerste tricks op sy fiets op ouderdom 2 en ‘n bietjie jaar:  balance en ramp. Sorry die fotos is so kak: swak selfone.
laitie4
en
laitie5
Nou is hy 15 en nog steeds is hy besig op sy wiele en nog steeds bliksem hy nou en dan neer:
Hier het hy van sy maatjie se BMX geval terwyl hy probeer tricks doen. Lekker rowe wat nou nog besig is om gesond te word.
laitie7

So, nou weet jy, die laaitie moet Nitro circus gaan kyk (en die laaitie se pa ook) in JHB.
Help!
Adam(snr) en Adam(jnr) Stander


Hierdie foto is 21 jaar terug geneem deur my pa, waar Ek (4) en my broer, Wian (3) ons toertjie roetiene op ons splinternuwe BMX stunt trainer fietse verfyn (sponswiele en trainer wheels ingesluit).
Groete
Jaco
photo


Hi Griff,

Hier volg my inskrywing vir die Kaapstad Tickets:

Hier is ‘n foto nadat ek myself fuck-up deur ‘n hout heining gejaag het, toe ek maar net 5 jaar oud was. Altwee die pype net onderkant die regter knie afgebreek. Die hospital gee my toe blou gips om in te blend by al die ander blou kolle! Ergste van alles, dit het twee uur op ‘n Sondag middag gebeur, maar my pa het my eers 9uur die aand hospital toe geneem toe al die brannas op was, en hy klaar gebraai het. Dokter wou amper my pa laat toesluit vir kindermishandeling en nog veel meer. Maar nadat my ma ingegryp het, is ons daar deur. Vyf dae later was ek reg om vir ‘n foto te pose met die perd wat my afgegooi het. Vandag is ek 23 jaar oud, en het nou eers besluit om tydelik die bike ding te los. Het intussen soveel breuke in offroad en enduro opgedoen, ek kan nie meer nie!
Cheers.
Divan
2-5-2014 2;38;52 PM


Yes ja heres my first entry into your befuckte competition (ill send in 2 more pics as i got older and the bikes got a bit bigger)

Basically i was about 2 in this picture and my dad had always raced bikes so when he bought me this bike for christmas i popped on his old agv helmet and he pushed me around (thats him in the sweet ass boardshorts behind me) for hours while i made weird ass bike noises. this was my first step into moto lifestyles.

wat kyk jy entry

Here i am again a bit older ( about 3 years) and i exchanged the old ass agv helmet from the first pic for lekker scott goggles and Fox gloves that were roughly 300 sizes too big but thats all i could steal out my dads kit bag.

in this pic i just finished doing a few laps in and around the house when my mom tuned me i need to pose for a pic next to my trusty red plastic bike which you can see sticking out in the corner of the pic.
wat kyk jy entry 2

In this pic im about 4 and a half years old and my dad picked me up from creche or whatever its called (before grade r) with this bad ass ktm 50 on the back seat of his car (the red plastic bike from the previous pics was broken after i crashed trying to ride down our driveway which was still gravel back then so the wheels kakked and fell off). needless to say i was amped beyond words and couldnt wait to ride it, he had bought me my own kit now (fox top and red “bmx stars” pants) but i still had to settle for the old agv helmet for a while. so anyway when we got home i put my gear on, and posed for this pic like a total champ who cant wink properly. unfortunately my mom decided to put the camera down after this photo was taken because moments later my dad started the bike up and i got on and without hesitation grabbed a handful of throttle, flew out of our driveway, over the road and into the neighbour’s yard which was full of moerse bushes and i just went arse over kettle into the foliage. It must have been kak funny but nobody took pics (mom was freaking out, dad was removing bike from said foliage and bushes) but i can remember it like it was yesterday, and so you are gonna have to take my word for it but i promise it happened. anycase i still race bikes to this day and my dad has hung his boots up so to speak but he still digs extreme stuff and is my “pit crew” at all the races and i know he would be very happy if i could say to him iv got tickets for him and I to go watch nitro circus. (sorry for the long description) Cheers!
Bjorn

wat kyk jy entry 3


Howzit

Die arm mense se swembad daai.  Om te duik in daai pools was kak gevaarlik, maar ek is mos braaf.  Ek was seker so 4 jaar oud
WKJ001
Seker een jaar oud, klim hom!  Lekker zef met daai jogger-broek
WKJ002
My begin-dae van boogieboarding.  Hartenbos.  Ek was 5 jaar oud
WKJ003
Volstruis gery in Oudtshoorn.  Ek was 10. Daai goed is moer vinnig.  My rit was suksesvol.
WKJ005
My pa het ook probeer, toe bliksem hy neer
WKJ006

Peter

Share dit faktap
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
  •  
griffinNitro Circus ticket wenners!

Gooi Comment