Kyk, pappie, Nitro Circus is oppad Suid-Afrika toe baie binnekort en hulle slat Joburg, Kaapstad en Durban. Dis heel moontlik die meeste aksie wat jy vir 'n adrenaline junkie, extreme sports fans of petrolkoppies kan voer in Zef-Afrika! Ons het mos nou al twee keer hieroor gepraat en ons praat nie fokken weer nie. Jy't moontlik kaartjies sien rond float elders op kompetisies op die interwebs, maar ons het vir jou die motherload!
Ons gee tickets weg vir elke show!
2 x dubbel tickets vir Kaapstad (15 Februarie – Kaapstad, Cape Town Stadium)
2 x dubbel tickets vir Durban (19 Februarie – Durban, Moses Mabhida Stadium)
5 x dubbel tickets vir vir Joburg (22 Februarie – Johannesburg, FNB Stadium)
Dis 18 tickets in totaal wat nege van julle hier op Watkykjy kan score! 2014 begin toe nie so kak nie, after all, huh?
Luister BAIE mooi:
Jy het net tyd tot Maandag , 10 Februarie om te in te skryf vir die kompetisie. Elfuur die oggend. Dan maak ons die kompetisie so toe soos 'n lappop se alie.
Hoe om in te skryf:
Gaan grawe bietjie jou ou foto's uit van toe jy 'n klein dogtertjie of seuntjie was waar jy kennismaak met jou eerste stunt. Dit kan 'n foto van jouself op jou eerste fiets, skateboard, rolskaatse of ice skates wees. Daai fake plastick motorbikes tel ook. Dalk jou eerste poging van die dak af met pappa se gholfsambreel. Jou eerste sprong uit 'n boom uit met 'n Checkers sak as valskerm. Jou eerste bomlallakiesie in die swembad in. Gaan soek daai foto uit jou kinderdae wat "danger" skree. Ons soek so bietjie retro aksie, maats. Daai foto op jou driewiel met die pispot as 'n helmet toe jy drie was? Dit was kakgevaarlik, ou pellie! Almal het daai tipe foto's. Maybe was jy 60 sentimeter lank toe jy die eerste keer op 'n 15-hand hoog perd gery het. Dis hom daai. Dink hard terug – as mamma of pappa nie meer daai foto's het nie, vra vir ouma en oupa. Of daai oom of nefie.
Jou inskywing (foto's) moet vergesel word van 'n kort beskrywing, byvoorbeeld: Ek was vier toe my mamma my afgeneem het toe ek van die kraalmuur afgespring het. Ek was nie eers bang of iets nie.
Toe-toe, begin rondbel, SMSe stuur en e-mails uitjaag. Jy't nie baie tyd oor nie.
Jy e-mail jou inskrywing hierheen
En maak asse-fokken-blief dubbel seker dat jy ons tune of jy inskryf vir Durban, Kaapstad of Joburg. Jy is meer as welkom om soveel keer in te skryf as wat jy wil, solank jy by die reëls hou.
Reëls:
- Lees alles op hierdie post mooi deur en maak jouself vertroud met die inhoud. Jy is nou al mooi groot.
- Ons voer nie korrespondensie met huilerige mense nie.
- As jy jou foto's instuur, maak seker dit word vergesel deur 'n kort beskrywing soos bo vermeld.
- Deur in te skryf gee jy consent dat jou foto's op Watkykjy geplaas mag word.
- As jy dalk 'n ballie of antie genoeg is om self kinders te besit en jy het foto's van hulle soos in bogenoemde scenarios, is jy welkom om dit as inskrywing te gebruik. Sorg net seblief net om vadersnaam dat jou kinders klere aan hulle basse het en dat jou vrou/man/partner ook toestemming gee.
- Jy is ook welkom om foto's van bogenoemde scenarios van jouself as grootmens in te stuur, maar voorkeur sal gegee word aan foto's van lesers toe hulle sorgelose kids vol avontuur en gevaar was.
- Ons soek nie entries van mense wat hulleself of hulle kinders doelbewus in gevaar stel nie. Hierdie is nie die geleentheid om jou foto's in te stuur waar jy 'n bottel cane down terwyl jou buddies crackers en vuurpyle in jou hol aan die brand steek nie.
- As jy vir SANRAL werk, mag jy nie inskryf nie, want ons besluit sommer so. Check hoe lose jy uit. Lekker!
- Watkykjy sal die beste entries kies en met die wenners correspond. Indien daar vir some rede nie genoeg inskrywings is nie, sal ons besluit wat met die kaartjies sal gebeur. Of ons gooi dit sommer net in die Juksei.
- Moenie foto's van internet gaan aftrek van vreemde mense nie. Ons weet hoe om daai shit te check.
Watkykjy staan op 3,091,364 post views in totaal sedert 1 November, 2019.