Ons het Saterdagaand bietjie gaan fles vat by die Staatsteater in Pretoria (nadat ons by die krieket in Tjoeras gesit en huil het tydens die Proteas se triomfantlike nederlaag) om te check wie 2014 se MK Awards gewen het. Anne Hirsch, Jean Jordaan en Bouwer Bosch het die affêre present terwyl ouens soos Fokofpolisiekar, Wrestlerish, Al Bairre, Haezer, Die Skynmaagde en Jack Parow die crowd entertain het. Dit was nogal 'n rowwe party en gelukkig is die wenners vir ons ge-mail ook. Want drank:
Video:
Shortstraw – Waterworks
Live Act:
Jeremy Loops
Album:
Shortstraw – Good Morning Sunshine
Budget Video:
Al Bairre – We move on
Nuweling:
Al Bairre
Afrikaans:
Van Coke Kartel
Fees:
Oppikoppi
Legende:
Haddad Viljoen
Venue:
Arcade Empire & Assembly (gedeel)
Watkykjy staan op 3,110,847 post views in totaal sedert 1 November, 2019.