Dit was ‘n Donderdag en daar was mad craziness in die lug. Ek en Fredit was by The Pit, ‘n weggesteekte skating bowl en sometimes live venue in Breestraat, Kaapstad waar die Make-Overs jol ter vrystelling van hulle sesde album, ‘The Devil’s in the Detail’.
Eers ‘n confession. Hierdie is die eerste album wat ek hoor van die Make-Overs en die eerste show wat ek sou sien deur hierdie noise merchants van Pretoria, so ek kan nie regtig ‘n breër konteks skep om te vergelyk nie. Deal with it.
Die Make-Overs is volgens hulle Facebook page ‘n ‘trashpop garage punk something’ band wat bestaan uit Andreas (kitaar en vocals) en Martinique (dromme en vocals). Onwillekeurig dink mens aan White Stripes en alhoewel daar oomblikke is wat herinner aan Jack en Meg (bv. die briljante ‘Skeletons’) sou dit kak onregverdig wees om die lyn daar te trek. ‘n Copy van enige iets is hulle befokkenslis nie, alhoewel hulle noise duo Lightning Bolt as een invloed erken.
Vat die eerste track op die nuwe plaat byvoorbeeld (en ek bedoel plaat, al 12-duim se fantastiese transparent rooi vinyl daarvan): ‘Show Us Some Love‘.
Hierdie driving ritme is meer van ‘n garage rock anthem terwyl ‘Yellar‘ wat dit opvolg ‘n definitiewe Nirvana tipe riff kombineer met sensibilities van L7, Sonic Youth en sommer net lekker distortion, feedback en groove.
Die kombinasie van net elektriese kitaar (hard en wild) en dromme (hard en wild) gee die musiek aan die een kant ‘n eenvoudige en noodwendige primal attraction, maar die slim gebruik van vele effects pedals en feedback op beide kitaar en vocals laat die Make-Overs toe om komplekse en intriguing liedjies te skep.
Die album skop jou kliphard in die maag maar is terselfdertyd melodies en passievol, basically asof dit ‘n hot girl is wat smile terwyl sy jou ribbes vir jou afskop. En jy geniet jouself gate uit.
Terug by die gig en die Make-Overs is besig om die klein, donker en stampvol venue te vul met wonderlik-raserige klanke. Telkens as ‘n song begin, is dit asof altwee die band members smelt in hulle instrumente in. Sweet vlieg, oë gaan toe en hulle leef vir die klank. Hulle is die klank, ‘n sound cord wat direk in die crowd ingeplug word met die krane wyd oop. Hier is nie tyd vir stop en gesels nie, die musiek is alles en weergalm en omvou ons almal in ‘n harde soniese hoodie.
Reg voor hulle en reg langs hulle (daar is nie ‘n stage nie), is kids besig om biere rond te swaai, saam te sing of net te sway. Die venue en die eerlike en authentic performance laat mens voel asof jy by iets is soos die eerste Melvins gig wat ooit gespeel is, underground en vars en op die cusp van greatness.
Hulle album is definitiewe noise rock of ek veronderstel experimental rock of so iets dergeliks, maar dis ‘n incredible feat – ook as jy nog in aanmerking neem dat dit live na open reel tape toe record is by hulle huis op ‘n 16 track. Dis analogue, dis real en dis presies hoe subwersiewe musiek gemaak moet word.
As jy ene wil hê gaan jy moet wikkel. Die limited edition run bestaan uit net 300 rooi vinyls met befokte cover art en 12 songs wat jou bloed sal laat bruis. Kry dit eksklusief by Roastin’ Records wat sopas hulle online store gelaunch het. Check ook hulle ander seldsame en collectable vinyls wat jy nie in ‘n fokken Musica gaan kry nie.
Volg ook sommer die Make-Overs op Facebook maar meer belangrik, gaan check hulle volgende gig. Die band fokken kook!
Check hom:
Live shots deur die Image Engineer
Watkykjy staan op 3,083,885 post views in totaal sedert 1 November, 2019.