Gespot naby die Paarl
Lohan
Kakzef begrafnismotor
Thean
Ek het hierdie oukie in Durbs gespot. Sorry oor die kak quality maar jou fokken oë sal ontplof as jy die ding in hi-def sien. As ek hom weer sien sal ek beter kiekies stuur. Hell!!!
Erich
Hallo Griffin
Hierdie is gespot in Bothaville Spar.
Bacon chocolates en 5 Litter wyn.
Groete
Heinrich
Beste fokken bumper sticker ooit!
Maritz
Hier is n kak fox, n zef skyline,so stuk aerial uit die honda se bonnet, wie weet waarvoor,trollie ongeluk…
Jono van PE
Ek dig die"My Family" se scene. (Greenstone).
Groete
Umlungu
Goeie More
Hoe gan dit daar? Kyk hoe tou mens n bike in kempton.
Hahahah
Groete
Gerhardt
Dag Griff,
Kyk, as ons in die Moot wil zef wees doen ons dit goed. En wat is nou meer zef as om met jou dronk gat jou 20 jaar oue wiele teen hoë spoed te gebruik om ander mense se eiendom te modify?
Verlede Sondagoggend word ek so 05:00 wakker van een marrafakka van 'n crash-boom-bang iewers in die verte – dit klink soos 'n kruis tussen 'n trein wat ontspoor en 'n Jurie Els treffer. Toe die son op is gaan cruise ek deur die buurt om te sien of ek kan opspoor wat de fok die geraas was, en kom toe op hierdie toneel af. Terloops, dis 'n 60 sone:
1) Soos gewoonlik in sulke gevalle, die fok weet wat die ou gedoen het. Dis in 'n pad wat vir 3km pylreguit loop, maar somehow het hy die pad byster geraak en die lamppaal uitgevat voor huis #1.
2 en 3) Daarna tol hy verby huis #2 en maak daarna 'n lekker stewige gat deur die dubbele baksteenmuur van huis #3 (terloops, check ook sommer die bra met die Bulls trui in foto 3 – Goddank het hy darem nie Crocs aan nie.)
4) Maar dis nog nie genoeg nie – ek sê mos dis die Moot, so hier fok ons dinge goed op as ons eers begin. Just for good measure vat hy die hele lengte van huis #4 se palisadeheining ook uit, saam met die watermeter op die sypaadjie.
5) Ten einde laaste kom hy tot stilstand op die grens tussen huis #4 en huis #5.
Op een of ander weird manier is al hierdie skade aan dieselfde kant van die straat – mens sou dink hy sou heen en weer gebounce het soos Mamphela Ramphele tussen politieke partye bounce, maar somehow het hy aan die regterkant van die straat gebly. Dalk stem hy vir die AWB of iets.
Die ou het binne in die ambulans gesit toe ek daar aankom, met net 'n dun verband om sy kop – volgens die paramedic het hy een klein sny van so 5cm aan sy voorkop gehad. Yster, my ou – ek sê mos, dis die Moot: as die weerlig hier slaan, dan slaan ons terug.
So ja – as enige van julle werfetters dink julle kan beter doen, this will take some beating, china. Ons wag vir julle. Once.
Groete,
Prof. Bokdrol.
Die hek gespot in Port Alfred.
Lekker Zeph hu!!!
Enjin
Watkykjy staan op 3,101,766 post views in totaal sedert 1 November, 2019.