Dis belangrik dat jy weet wat in President Zuma se Staatsrede gesê is gister. Soos in poes belangrik. Jy bly mos in Suid-Afrika. Mos. Die goeie nuus is dat ons hier by Watkykjy dit vir jou opgesom het in ‘n kort video wat omtrent ‘n minuut lank is. Kyk hier na die video:
Wag, wag… Nou voor jy dink ons is al weer op die bloutrein en bunny chow, luister eers bietjie hier china. Dit is genuine die State of the Nation Address daai, al lyk dit nie fokken so nie.
Jy onthou mos Zuma het sulke Ninja Turtle poster gehad. So dis waar dit begin. Kyk bietjie. Check, check…
Volgende, luister na die skillie en dan na Zuma se actual stem as hy lees… ek bedoel speech. Dis so dieselfde. Kak vervelig, niksseggend en op een noot met stukkies keel-skoonmaak plek-plek. #twins
Dan sal jy opmerk dat die groot skilpad besig is om ‘n heelwat kleiner skillie van agter te vat. Kom ons noem die kleiner skilpad sommer Jan Publiek, of Ekenjy. Moenie sê jy het nie al so gevoel nie, komaan! Daar is ‘n rede hoekom jou metaforiese boude so metafories seer is elke metaforiese oggend.
Gepraat van korrupsie, die naaiende skilpad het darem ‘n blerrie nice dop daar op hom. Kom ons noem die huis van hom sommer Nkandla of iets. En ek weet van net een president in die wêreld wat tans so “gery” word deur sy eie huis, amper asof hy dit moet ronddra op sy rug.
Jy sal ook opmerk hoe die kamera wegpan van die main attraction af na die benches waar die ander groot skilpad passief lê en toekyk. Kom ons noem die skilpad sommer die ANC parlementslede of iets. Hulle wag vir hulle beurt.
So daar het jy dit. Zuma se State of the Nation Address – netjies opgesom en die beste van als is dat hierdie skilpadvideo tien teen een ‘n groter impak op jou lewe gaan hê…
Watkykjy staan op 3,110,906 post views in totaal sedert 1 November, 2019.