Hierdie outjie gaan baie aandag trek. Ons gaan hom oor so rukkie bespreek met Jack Parow op Twitter (9:15) en dan mooi kom update hierso. Jy kan alles hierso volg
Jack Parow oor die musiekvideo: ‘’Ek is heavy excited oor die video. Dit was ‘n group effort en al my gevaarlike tjommies het gehelp om dit ‘n sukses te maak. Van Casper Lee, komediant Schalk Bezuidenhout, Derick Watts and the Sunday Blues tot EFC champion Juggernaut het kom mal raak. Die video is netso gevaarlik soos die liedjie…so hosh ja, as jy weer terug praat los ek jou met ‘n Bloubek!’’
NAG VAN DIE LANG PETTE beloof om Jack Parow kiefste album nog te wees. Dit is sy derde studio aanbieding en word vrygestel as ‘n dubbel-album wat beide sy romantiese en gevaarlike kante afspeel… en dis nou hier! Nag van die Lang Pette sluit 11 akoestiese snitte, 12 nuwe elektroniese snitte en 6 Radio Raps insetsels in
Julle kan hom van vandag af in musiek shops aanskaf of sommer direk nou op iTunes koop.
Jack Parow verder oor die album: “Dank die vader dit is klaar. Daar het baie tyd, sweet en stres in die album ingegaan. Ek het nie besef waarvoor ek opgesign het toe ek ‘n dubbel album aangepak het nie. Dit sou al laas jaar Oktober gedrop het, maar ek is bly dat ons dit tot nou uitgestel het. Al die kief mense wat bygedra het maak dit vir my ‘n baie spesiale album. Dit was ‘n cool proses en ek het saam met die befokste kunstenaars in die rondte gewerk. Dankie aan almal wat deel was van die proses. Ek sien nou uit om die tracks live te drop.”
Twitter: @JackParow
Facebook: www.facebook.com/jack.parow
ELEKTRONIESE KANT
1. Buckle Up (Radio Raps)
2. Bloubek
3. Trouble in Paradys
4. Ode to You ft Nonku
5. Fok Fokkity Fok ft Dirt Nasty
6. Fee Fi Fo Fum
7. Stuck in Limbo ft Nonku
8. Smoke Break (Radio Raps)
9. Bring your Friends ft PHFAT
10. Attack Kill Destroy ft Naaldekoker
11. Sannie Sê
12. Dans met My ft Klipwerf Orkes
13. Veilig ft Janie Bay
14. Staan Op ft Francois van Coke
15. Over & Out (Radio Raps)
16. The Future ft Rattex
AKOESTIESE KANT
1. Raak Rustig (Radio Raps)
2. Byellville
3. Dis Befok
4. Tema van jou Lied ft Valiant Swart
5. Dans Dans Dans ft Francois van Coke
6. Katerien
7. Die Kruispad ft Mr Cat & The Jackal
8. Bietjie Nicci Beach (Radio Raps)
9. Eksie Ou
10. Hard Partytjie Hou ft Francois van Coke
11. I Miss
12. Tussen Stasies ft Pierre Greeff
13. Last Laugh
14. Te Gechill (Radio Raps)
Watkykjy staan op 3,083,854 post views in totaal sedert 1 November, 2019.