Voor ons verdaag moet daar net eers ‘n sakie ligtelik aangeraak word. Neknominations. Asof die naam self nie kak genoeg is nie, is die konsep heavy laerskool vibes: Down ‘n drink terwyl jy ‘n video daarvan maak en nominate een van jou tjommies om dieselfde te doen. Basies ‘n chain reaction van marabsgeit in die hoogste graad.
Daar is twee maniere om dit te doen en die eerste voorbeeld is vir my effens aanvaarbaar. Hierdie bra het ‘n klein verhaaltjie daarvan gemaak. Alhoewel die video effens langdradig is, het hy nie sy naam met ‘n plank geslaan soos die tweede voorbeeld nie:
Enter die “grapgat”. Die taai marabs wat aantrek en optree soos die stereotipe wat hy is. Daar is ‘n rede hoekom daar stereotipes is, veral as dit kom by BlouBul rugbyondersteuners en dis hierdie ou. Baie geluk dat jy ‘n hele bottel skoon brandewyn kan down. As die video ‘n minuut langer was sou ons gesien het hoe jy gekots het ook.
Net ‘n tip: andersins as jou lewer en jou dayjob, is die internet vir ewig.:
En met daardie klein sakie uit die weg, is dit tyd om te fokken duik. Want dis naweek. Gaan down ‘n bottel brannas in jou Smurfie outfit met horings…
Watkykjy staan op 3,118,402 post views in totaal sedert 1 November, 2019.