Fok alleen weet wat gaan daar op Ellis Park aan. Dit is asof hulle een of ander gummy bear juice loop suip het in hul extended off season. Fokkers. Ek sou byvoorbeeld die hele span laat drug test. Die bliksems is nog nie vyf minute terug in Super Rugby nie en meeste SuperBru's daarbuite lyk asof dit deur 'n trein getrap is.
As jy nog die dae kon onthou voor die Kings hul beurt gekry het, sal jy weet dit was soms donners hard om te weet wat gaan gebeur as die trots van Johannesburg per ongeluk vir 'n game opdaag. Hulle was so onvoorspelbaar soos 'n Brakpan bra op steroids by 'n rave.
Hulle het, byvoorbeeld nog altyd die Sharks 'n les of twee geleer, maar om die Stormers te klap… sho dit maak jou wonder hoekom dit meer sin maak om dagga eerste in Cape Town te legalize.
Anyway, die Lions se start laat my amper dink aan laasjaar toe die Kings die Force geklap het. Niemand het daai kak sien kom nie. Almal het vir so rukkie in die fetus posisie gelê en huil vir so week of wat, tog was dit die Cheetahs se awesome run wat van die kenners daarbuite so bietjie soos skoolseuns laat lyk het.
Die naweek is dit die Bulle se beurt, maar wees gewaarsku… maak jy nou die regte besluit en kies die fokkers vir 'n wen teen die Bulls, dan drop hulle jou heel moontlik deur glad nie vir die game op te daag nie.
Back jy die Bulls en die Leeutjies wen drie in 'n ry… huil jy ook.
My personal advice – drink so sewe tequilas voor jy die pick op jou SuperBru in pons.
Cheers.
Hier is wat ek en griffin skiem dalk gaan gebeur.
Blues v Crusaders: (08:35)
Kortbroek: Blues met so 6 – onthou die Crusaders vat so ses games om wakker te work.
Griff: Crusaders met 22
Cheetahs v Rebels:(10:40)
Kortbroek: Wat is die Rebels? Spoedkatte met so vier
Griff: Cheetahs met 16
Stormers v Hurricanes (19:10)
Kortbroek: Stormers met 6 want dalk is hulle wakker en shit.
Griff: Stormers met 10
Chiefs v Highlanders (08:35)
Kortbroek: Defending champs wen gewoonlik tuis, maar die een gaan harder as jou skoonma se voorkop wees. Chiefs met so twee.
Griff: Chiefs met 16
Waratahs v Reds (10:40)
Kortbroek: Aussies moet almal die naweek 'n vet kak vang. Tahs met drie. Don't care.
Griff: Reds met 8
Force v Brumbies: (13:00)
Kortbroek: Losers! Brumbies met ses of iets. Ek kyk eerder hoe Dale Steyn 'n Kiwi kletter.
Griff: Brumbies met 7
Bulls v Lions: (17:05)
Kortbroek: So idee die Bulle gan die Leeus so bietjie in die poeper gee. Met so nege punte.
Griff: Ek het so bietjie opgefok hierso. Ek wou die Lions met 'n wen van 4 kies, toe kies ek per ongeluk die Bulls. Lekker kak mistake, maar ek skiem steeds dat die Lions die Bulls sal vreet met 4.
Watkykjy staan op 3,091,357 post views in totaal sedert 1 November, 2019.