Hasie, waar's jou oor?
Beeldhouers, Ruhan Janse van Vuuren en André Prinsloo het 'n scaly move gepull op die departement van kuns en kultuur. Laasgenoemde wou nie toelaat dat hulle hul name iewers op oom Dela se broek uitkrap nie, toe besluit hulle om 'n klein hasie as 'n trademark in die 9m standbeeld se oor weg te steek. Baie mense se argument sou wees: "Dis net 'n fokken hasie! Waaroor die moerse bohaai?", maar kom ons wees eerlik – as jy jou kar invat vir 'n diens (waarvoor jy betaal), sal jy happy wees met 'n moerse bumper sticker wat die jafel daar los om sy besigheid te adverteer? OK, maybe pla dit sommiges van julle nie. Jy ry in elk geval reeds daai kar wat R699 per maand adverteer met SMS nommers orals oor die fokken ding.
Die beelhouers se verskoning was dat hulle die haas daar geplaas het omdat hulle moerse moes "haas" om die standbeeld klaar te kry voor die deadline. Dis nogal 'n goeie verskoning, maar Nkankdla se "firepool" vat nogsteeds die koek. Die regering is so gewoond daaraan om kak te spin dat iets way-out meer sou sin maak. Ek sou getune het dit is die steriele circumcission hasie wat net in die aande wakker word om laities se totvelle af te kou sodat hulle mans kan word en in die verkiesing kan stem.
Anyway, die ouens het omverskoning gevra en alles is nou weer piele. – News 24
Hoe raak jy ontslae van kakpapier?
Duh! Jy fokken brand jou huis af, stooopid! Dis nou as jy in Alabama bly.
'n Gesin het hulle huis van 12 jaar soortvan deur hulle eie toedoen afgestaan aan 'n vlammehel. 'n Klomp stoutgat skoolkinders het hulle pozzie oor die naweek ge-TP en die vrou en haar kind het die Maandag met die skoonmaakproses begin. In die boom naby die huis het hulle nog slierte kakpapier sien hang wat hulle nie kon bykom nie en het besluit om 'n vuur te maak om daarvan ontslae te raak. Die wind was lus vir kakmaak en het die brandende witgoud oor die huis geblaas wat toe basically tot op die grond afgeblaas het.
Ironies genoeg was meeste van die kakpapier wat hulle aangesteek het nogsteeds in die boom na die die tyd. Fokken blaaint.
Vuur is ook 'n baie goeie manier om van slange ontslae te raak wat in huise wegkruip. Vra maar die vrou in Texas wat haar en die bure se huis afgebrand het.
In all fairness is ekself bereid om 'n hele buurt af te brand, sou ek op slange afkom. Vat so, Satan! – Fox
Kaalgat in die sneeu
As jy jouself 15 Februarie in Duitsland bevind, gaan maak gerus 'n draai in Braunlage in die Harz berge. Die jaarlikse Naked Sledding World Chamionship vind plaas. Jy kan tiete (en veral nipple stands) verwag op mooierige vroue se lywe.
Deelnemers moet bereid wees om in hulle onties op 'n slee plat te lê en sowat 90m ver hulle self oor die ys te propel met hulle hande. Handskoene dus word ook toegelaat.
Die prysgeld beloop sowat $1000 vir mans sowel as vrouens en die criteria wat die officials vir entries oorweeg is basies: Jy moet mooi kaal kan lyk.
In die verlede is contestants vanaf Duitsland, Oostenryk en Norweë gekies, maar die Britte vorm hierdie jaar hulle eie span.
Komaan, Suid-Afrika! Word wakker vir 2015 en skryf in. Ons het die fokken mooiste tiete per capita op die aarde. – Telegraph
Be my fokken valentine!
Dit is onder ons aandag gebring dat een of ander company in die Burger 'n geskietery adverteer en probeer coin op die commercialism wat Valentine's Day geword het. Ons is net fokken bly hulle het dit nie gedub as die Oscar Pistorius special nie. Maats, al wat moet skiet op Valentine's Day, is manbotter.
Afrikaanse popmusiek lewe nogsteeds in die longdrop
Daar is net soveel verkeerd met hierdie "musiekvideo" van Die Duiwel wat die Ford Fairlane Dryf deur 'n ene "Chrissie" dat dit heel moontlik in 'n universiteitsthesis ontleed kan word. Hierso, mors gou 4 minute van jou lewe. Jy weet jy wil…
Watkykjy staan op 3,056,060 post views in totaal sedert 1 November, 2019.