Fietsry boner
'n Twee-en-twintigjarige fietsryer van Ierland het onlangs uitgevind waar sy perineum sit, want hy het dit faktap gestamp teen sy bergfiets se crossbar. In case jy wonder waar jou perineum sit, druk gou jou hand voor by jou broek in en voel rond in daai gedeelte daar tussen jou balsak en jou hol. By chicks staan dit normaalweg bekend as die 'goos' – die gedeelte tussen die gat en die doos.
Asof dit nie seer genoeg is nie, het hierdie moerse harde stamp 'n ongemaklike ereksie vir die ou veroorsaak. En met ongemaklik bedoel ons sewe weke lank. Die bra het vyf weke uitgehou met sy houtie voor hy eventually die moed bymekaargeskraap het om oom dokter te gaan spreek. Ons neem aan dat dit 'n reguit gesprek was en op die man af. 'n Mediese span het uiteindelik na twee weke reggekry om die overexcited mountain biker tot halfmas te bring deur bloed toevoer na die ou se soldaat te blok. Probably die kakste Irish luck op aarde.
Ons neem aan dat die bra van nou af net pienk meisiefietse sonder crossbars vir 'n spin sal vat. – The Irish Independent
Spaar daai outjies vir later
Kyk mooi na hierdie seun. Sy naam is Christopher Scheller. Hy hou een van daai bordjies vas wat booswigte kry om vas te hou nadat hulle ge-arresteer is vir kak aanjaag. Daai bordjie beteken hy kry 'n kriminele rekord. Kan jy raai waarvoor?
Kom ons kyk of jy reg geraai het. Die tiener het dronk bestuur, toe crash hy sy kar teen 'n boom. Hy is hospitaal toe geneem en daar is x-rays geneem, jy weet, om te check wat hy alles gebreek het. Toe ontdek die dokters 'n abnormaliteit in sy poefkanaal. Aah, hy't goeters in sy hol opgedruk. Dit het ingesluit: vier necklaces, vier bracelets, 'n socket wrench en elf ringe. O ja, amper vergeet ons van die sakkie sintetiese zol. Die dom doos! Wie steel sintetiese zol?
Hy is dus aangekla van dronkbestuur en al die kak wat hy uit 'n huis uit gesteel het. Poef plan, my ou, poef plan… – Huffington Post
Threesome met Rand draai lelik
Die Suid-Afrikaanse Rand het 'n sleutelpartyjie by sy huis in Centurion gehou wat lelik uitgedraai uit. 'n Hele paar currencies het die uitnodiging van die hand gewys terwyl die Nigeriese Naira en die Zim Dollar nie vlugte na die partytjie toe kon bekostig nie. Blykbaar ook nie goed genoeg vriende met Suid-Afrikaanse president, Atul Gupta, om clearance vir landing by Waterkloof Lugmagbasis te kry nie.
Die Britse Pond, Amerikaanse Dollar en die Euro het wel opgedaag, die Rand dronkgemaak (die misbruik van Rohypnol word ook tans ondersoek) en om die beurt in die boude genaai en toe in 'n gat af gegooi met 'n graaf agterna. Teen £17.84, €14.86 en $10.92 is die Rand tans besig om homself uit die gat uit te probeer grawe.
Lede van die publiek in die area word vriendelik versoek om asseblief net 'n tou of 'n fokken leer of iets in die gat af te gooi voor Petrolprys opdaag en op die Rand pis van buite die gat af. – Finansiële nuus regoor Suid-Afrika.
Watkykjy staan op 3,056,192 post views in totaal sedert 1 November, 2019.