Na ons kortstondige trippie deur Hoover Dam in Nevada het ons die aand uiteindelik uitgesak in Las Vegas met ‘n hele paar duisend kilometers onder die belt. Uiteindelik was ons in die tiende Amerikaanse staat van ons trip. Teen hierdie tyd was ekself heeltemal fokken gatvol gewees vir die RV lewe. Nie die ryery nie. Dit was befok. Ek moes fokken drie weke se slaap inhaal en dit het soos ‘n carrot voor my neus gehang: nog net een aand in ‘n RV park en dan slat ons fancy hotelle vir die laaste vier aande.
Ons het so bietjie in die RV park gaan rond drentel en agterkom dat daar ‘n hele paar happy campers met weird karre daar uithang. Die Vegas Motor Show (een van die grootste in Amerika) was ook daardie week aan die gang en hierdie outjie het ons particularly laat kop krap:
Die eienaar het ons vertel dat hulle die tjor op ‘n flatbed trailer saamgery het maar dat hulle die kar na die motor show toe sou bestuur. Dit het fokol sin gemaak, want die ding was so laag dat hy onmoontlik ‘n slang se voorvel op die teer sou clear.
“It is a $300k car. You mos gonna fuck it up before you even drive it for two meters!”, tune ek een van die blare. Toe ruk hy sy iPhone uit. Ek het gedog hy bel tjommies om ons te kom poes, maar toe maak hy ‘n app oop, start die kar en lig hom omtrent 20cm van die grond af met computerized hydrolics.
“Jissis! No fokken ways!” kon jy ‘n kollektiewe Suid-Afrikaanse aksent in disbelief hoor skree. Dik fokken impressive. Dit zal die zef in enige iemand opwakker…
Ons het verslae en impressed verkas en ek het weer begin dink aan die hotel carrot wat voor ons neuse hang en ek het besluit om die carrot te gryp met beide hande. Genoeg was genoeg. Ek het die “fok alles” handoek om my nek gesit, die res van die team gegroet en sterkte toegewens vir hulle laaste aand van maplotters wees en mekaar wakker snork en myself 250m van die RV park af gaan inboek by Circus Circus. Fokken bliss, pappa! R560 vir ‘n aand se oordentlike rus is poes cheap.
Van die ander ouens het klaarblyklik vergeet dat daar baie werk sou wees die volgende dag en het Vegas met ‘n groot hand gaan groet. En Vegas het terug geklap. Meeste van hulle het platsak teruggekeer net na vyf die oggend, almal met hangovers en groot poker stories. Eerste aand van Vegas, done & dusted.
Die main goal van hierdie trip was om aan die World Food Championships deel te neem, so dit was tyd vir set-up, voorbereidings en registrasie. ‘n Kamera crew het ons begin rondvolg en alles ge-document vir een of ander program wat nou binnekort in Amerika gaan air. Dit sal blykbaar later hierdie jaar ook op DSTV wees. Ek het myself maar skaars gehou, want ek het die production company ge-Google om te check watse programme hulle maak. Dit sluit treffers in soos Dates From Hell, Fish Tank Kings, Man v. Food, Extreme Couponing, Doomsday Preppers en die goose saam met wie ek heeltyd rond gemission het was baie ON-trots op die feit dat sy op Honey Boo Boo ook gewerk het. Hulle main mission met enige program wat hulle uitkak is dus om die mense wat hulle afneem soos kompleet poeste te laat lyk. Ek vermoed die program gaan ‘n fokken shocker wees en sal julle graag dadelik laat weet as dit hier in SA air op DSTV. Jirre, skaam…
Anyway, ons het (min of meer soos wat ons in Lynchburg gedoen het) die braai area gaan opstel in Fremont – die ou deel van Vegas – en toe so paar blokke aangestap om te gaan registreer vir die Vegas World Food Competition. Alles goed en wel tot ons op die elfde vloer in die poeslike hysbak gaan staan het vir amper ‘n uur. Tien (meestal fokken groot) ouens in ‘n lift wat gebou is vir tien normale size mense. Mooi man. Lekker.
Na so paar angsbevange krete wiff Afrikaans accent deur die lift se poeprige intercom na ‘n tannie wat fokol verstaan, is ons uiteindelik bevry en kon met die res van die dag se planne voortgaan. Almal het by die Four Queens gaan inklok, ‘n hotel met ‘n moerse nice view van die Fremont Street Experience. Laasgenoemde het ‘n moerse Sony screen van ongeveer 500m lank wat ‘n tipe van ‘n dak of koepel vorm bokant ‘n straat wat met bekende casino’s besmeer is (maar meer daaroor in die volgende storie).
Almal het vinnig gaan relax vir so paar minute, die hotel uitgecheck en ‘n shower gevang voor ons gaan deelneem het aan die moerse Food Parade later die aand. Ons het so six bells daar uitgeslaan en gaan plek inneem agter die res van die teams, freak shows, hot chicks, lelike chicks en chicks wat lelik staan. Lekker gwap extravaganza. Van die een punt van Fremont Experience het ons deurgemission na die eindpunt, die Golden Nugget Hotel, waar ons die laaste paar aande sou deurbring.
Ons het fokken excited begin raak toe ons by die Golden Nugget se poorte ingeloop het. Daar was free kos orals, free drinks en free tequila. Ek groepeer die tequila apart van die free drinks af, want omtrent sestien van daai outjies het heel smoof in my keel afgegly. Die feit dat die tequila meisie ook poeshot was (hmmm… Mexican) het ook gehelp. Raat, dit was maybe tequila brille, maar dit was nogsteeds befok gewees (check die video)
Die heel fokken beste feature van die hotel was egter die see-through supertube wat dwarsdeur die foyer of swembad area (waddefok dit ookal was) gekronkel het. En daar was moederfokken sharks in die moerderfokken akwarium waardeur die supertube gegaan het. Al wat hulle gekort het was frikkin’ laaazuuhrz! Die volgende gedagte het dadelik by my opgekom: “Ek is fokken bly ek het GoPros en ñ onderbroek ingepak. Next trick: supertube deur die shark tank waar almal in die hotel kan sien. Ruk my piel uit en druk sy wang so teen die tonnelmuur as ek verby die lanie mense van die hotel gly waar hulle lê en tan.” Dit het obviously nooit gebeur nie, so ek sal moet teruggaan.
En dit was min of meer hoe die eerste twee dae in Las Vegas verloop het. ‘n Heel relatiewe rustige begin vir ‘n rowwe plek soos die Glitter Gulch. Die plek kan mens baie fokken maklik breek en daar is ontelbaar baie freaks. Die res van ons Vegas trip word gecover in nog so twee opvolgstories.
In die meantime, kyk solank na die video summary van ons eerste twee dae.
Fun facts:
Vegas is bekend daarvoor dat die casinos se ligte nooit afgesit word nie, maar by die Fremont Street Experience begin elke show deur al die ligte op die geboue buitekant af te sit (dit sluit die geboue onder die canopy in) en een van die tweerigting strate wat die Street Experience kruis word afgesluit vir veiligheihdsredes. Aan die einde van die shows (wat 18:00 begin en 0:00 eindig) is daar ‘n poes irriterende recorded stem wat vir about ‘n uur lank op repeat vir mense tune oor safety. Dis fokken hard. O, en het ek gemention die poes irreterend? Veral as jy dronk aan die slaap probeer raak of met ‘n hangover bed toe gaan…
Watkykjy staan op 3,055,947 post views in totaal sedert 1 November, 2019.