Voor ek my storie begin vertel, net so bietjie context wat ek mooi formeel gaan probeer skryf. Ek is gevra om my koshuisstories te vertel, veral oor die ontgroening waaroor meeste manne nooit uitpraat nie. Ek bly nou al 12 jaar in Kanada en dit bring so bietjie perspektief beide met die ouderdom en die afstand van SA en al sy dinge en is ook my verskoning vir al die Engels wat ek gaan meng.
Ek was eerstejaar baie lank gelede, en ek gee glad nie nou om om presies te vertel wat ons alles aangevang het en aan ons laat doen het nie, maar mense moet net seker maak hulle verstaan die agtergrond. Ons groep eerstejaars was van die eerstes waarvan party ouens nie army of grens toe was nie, met die gevolg dat ons baie jonger was as die jongste seniors, en hulle het ons resent vir daai helse ondervinding (soos hulle dit beskryf het) wat hulle moes deurmaak en wat ons op uitgemis het. Daar was baie macho kak en terme soos “van jou ‘n man maak” en “jou plek leer” was vrylik rondgegooi deur ons ouers, ouer broers, onderwysers en uiteindelik die seniors en HK. En as jy jonk en dom en dronk is en jy hoor dit genoeg dan begin jy so effe kak voel omdat jy nou nie ook soos die harde manne army toe is nie, en dan is jy maar bereid om baie hard te probeer maak of jy ook so tough is. Die gevolg is dat ons behoorlik afgekak het, maar ook dat ons toegelaat het dat hulle dit doen. Die ou Afrikaner Calvinistiese “Ja Meneer, nee Meneer, dankie Meneer” kultuur was nog sterk in ons groep. En dan was daar trots, o fokken trots. Te trots om by die koshuisvader te gaan kla, want dan lyk jy soos ‘n sissie. Te trots (of te bang) om voor al die ander eerstejaars te sê nee sorry dis nou te veel, want dan lyk jy soos ‘n sissie EN jy weet die seniors sal almal straf vir jou hardegatgeit. Jy kan nie jou ma of jou pa bel nie want dit was voor selfone en die eerste week het jy nie eens geld vir ‘n tiekieboks nie. En teen die einde van die eerste week is die ergste verby, klasse begin en jy is maar te dankbaar dat jy bietjie kan slaap.
Dis fucked up gewees maar is nou als verby en ek kan 100% getuig dat dit nog steeds die beste tye van my lewe was en as ek dit weer kon doen sou ek. OK, miskien 98%, maar ek dink ons groep was uniek omdat ons dit erger gehad het as die jare voor ons.
Ek gaan nie noem waar hierdie gebeur het nie. Dit was amper 30 jaar terug en het net mooi niks te doen met die mense wat vandag daar is nie. Wat ek vertel is bloot my memories van hoe ek as eerstejaar ontgroen is en ook hoe ek self later jare ontgroen het.
Eerste 24 uur
Op papier het hulle dit net die Ontvangs program genoem, met ‘n nota onderaan wat vra jy moet ‘n rugbybroek, ‘n wit t-shirt en plakkies saambring, sodat almal mooi dieselfde lyk as ons oor kampus rondloop. Sondag kom jy met jou ouers koshuis toe, en ‘n vriendelike HK-lid wys jou waar’s jou kamer, jy ontmoet jou kamermaat en almal eet ietsie in die eetsaal. Lekker rustig. Jou klere word mooi in jou kas gepak, jou ma lyk te bly omdat die lakens wat sy spesiaal gekoop het mooi pas op die matras, jou pa waarsku jou oor te veel suip en sy geld mors. Jy begin verlig voel oor die HK so vriendelik is en dat al jou geworry oor ontgroening en almal se stories maar net bangmaak was. Maar so teen 5uur dan ry die laaste mamma en pappa, en dan begin jou kak.
Eerstens word almal vertel net die HK is daar om jou te ontvang, maar die waarheid is seker 80% van die seniors begin daai Sondag opdaag spesifiek om jou lewe hel te maak. Teen 6 uur is jy in jou rugbybroek-t-shirt-plakkies uniform, jou hare nr 1 kammetjie afgeskeer, jy’s vol bloukolle gestamp en jy’t al meer pushups en situps en starjumps gedoen as in jou hele lewe. Jy verstaan ook teen daai tyd mooi dat as een eerstejaar ‘n senior verkeerd opvryf, word ALMAL gestraf, so jy doen net alles en hoop en bid dis nie jy wat volgende moet staan en tel terwyl jou nuwe broers 50 pushups doen nie.
Dis ook in hierdie tyd wat jy jou posisies leer. Daar’s drie vir staan, drie vir sit. Staan een is met jou hande agter jou rug. Staan twee is met jou hande op jou kop. Staan drie is met jou arms reguit voor jou uitgesteek. Sit een, twee en drie is dieselfde maar jy moet op jou hurke sit. Dis nogal moeilik om op jou hurke te sit met jou hande agter jou rug, maar ek skat dit was die hele punt. As ‘n senior skree “SIT TWEE” dan moet almal onmiddellik op hulle hurke gaan sit met hande op die kop. Die pret is natuurlik om oor en oor verskillende posisies te skree en jarre te straf wat deurmekaar raak of te stadig is.
Teen 8 uur het jy al jou bed drie keer by die trappe op en afgedra en uiteindelik in die stoor agter die koshuis gebêre en besef jy slaap for the time being op ‘n dun sponsmatrassie in die sitkamer. Jy’t al jou klere uit jou kas weer terug in jou tas gepak terwyl ‘n senior vir jou skree “PAK WANT MORE HARDLOOP JY TERUG NA MAMMA TOE!” Die woorde wat jy meeste hoor is “KYK FOKKEN AF” of “IS JY FOKKEN HARDEGAT!?” en al wat jy sê is “Ja meneer, nee Meneer”. Die wat probeer stry of terugpraat kry ‘n klap waarvoor jy moet sê “Dankie Meneer”. Jy praat nie tensy daar vir jou ‘n vraag gevra word nie. Ek onthou twee ouens vars uit die army het besluit hulle duld dit nie en het teruggeslaan toe hulle klappe kry. Hulle is weggeseleep deur ‘n groep seniors en in een van die empty kamers toegesluit, ons sal later weer by hulle kom. Dis net chaos van eerstejaars wat oral rondhardloop met seniors agterna wat skree en alles wat jy doen is verkeerd of te stadig of te vinnig of jy lyk of jy dit nie geniet nie ensovoorts ensovoorts. Dit hou aan tot so 9 uur.
Tussen deur al dit daag die res van die seniors op, en die bier en brannas vloei vrylik. Vure word in die vierkant gemaak vir braai. Ons doen pushups en starjumps en word verskree en jy moet elke senior se naam leer. Niks om te eet nie, maar jy kry minstens water uit die buitekrane by elke braaier. Jy’s moeg en seer en natgesweet en honger teen die tyd wat al die seniors daar is, seker so 50 van hulle teen ons 20 eerstejaars. Eerste ou wat vra om badkamer toe te gaan word verskree en gevra of hy wil pis of kak. Dan leer jy dat eerstejaars soos honde buite pis, die pismuur is die vierkant se verste muur waar al die pype van die koshuis se badkamers uitkom. Jy moet daar gaan staan met jou een been teen die muur soos ‘n hond en in een van die drains pis daar waar almal jou kan sien. Die arme eerste ou wat dit moet gaan doen het ek altyd jammer gekry want in my eerstejaar was dit ek gewees en ek weet hoe moerse embarrassing dit is. Almal kyk vir jou en die seniors skree jy moet soos ‘n hond blaf en jou been hoog oplig teen die muur. Om eerlik te wees was my nood teen daai tyd so groot ek sou dit enigeplek gedoen het, maar as die laaste druppel val die en pressure is weg dan besef jy jy staan daar voor 70 manne op jou een been wat so bewe van al die PT met jou tril uit en 50 van hulle lag vir jou, en jy moet mooi dink hoeveel keer jy gaan skud. Nie lekker nie. Maar vir die res van die week is dit waar jy gaan pis, selfs in die nag moet jy daar gaan staan en behoede jou as ‘n senior jou hoor pis in die badkamers of jou sien regop staan by die muur, dan kry almal PT of selfs ‘n opfoksessie, maar dit kom eers later. Teen die einde van dag twee is enige skaamgeit anyway vir ewig uit jou stelsel uit en selfs al sou jy wou skaam voel is jy te moeg vir die effort.
Braaivleis begin, en jy moet bier aandra en braai. Geen sigatette nie want almal weet jy moet eers jou rooklisensie kry, wat eers volgende naweek is. Ek het gelukkig nie gerook nie so ek moes dit nie doen nie maar ek het gelê en luister hoe suffer die rokers vir daai vooreeg daai volgende Sondag aand na die res van ons kon gaan slaap.
Maar terug na die eerste aand. Seker so teen 10 uur word vir ons geskree “STAAN TWEE! TEEN DIE MUUR!”. Dan trek hulle 20 3de en 4dejaars se name uit ‘n sak, en elkeen van daai ouens word ‘n “koshuispa” wat vir hom ‘n eerstejaar moet kies as ‘n “seun”. As ‘n ou se naam gelees word cheer almal, dan kom hy vorentoe en maak ‘n moerse show om vir hom ‘n “seun” te soek wat nie te dom, lelik, maer, vet, slapgat of watookal is nie elke insult wat jy aan kan dink. As jy gekies word dan sê hy sy naam vir jou dan kan jy op jou hurke sit. So gaan dit aan en jy kom gou agter die ouens wat bietjie te vet of te maer is bly staan tot die einde want niemand soek hulle nie. Ek was nie eerste nie maar gelukkig ook ver van laaste. Die rede vir dit is die kompetisies, maar dit weet jy nie op daai stadium en ons sal later by die kompetisies kom, want dit was eintlik wat jou lewe vir 6 maande hel gemaak het.
Dan as almal ‘n pa het relax alles skielik ek onthou ek het gedink dit was nou erg maar dis verby. Jy kry ‘n tjop en dop, en die seniors los jou bietjie uit. Nog ‘n dop. En nog een. En nog een of twee, ek kan nie meer onthou nie. Dan skree iemand weer “STAAN TWEE!” En dan is dit onderbroek seremonie. Teen daai tyd is jy so moeg, seer, vol bloukolle en dronk jy kan nie meer regop staan nie. Prim maak ‘n speech en vertel mooi vir ons hoe slapgat en sleg ons is, maar ons het nou koshuispa’s wat ons gaan help om manne te word waarop die koshuis kan trots wees. En omdat ons nog so sleg en slapat is mag ons nie koshuisbaadjies dra nie, maar uit die goedheid van hulle harte het hulle darem vir ons elkeen ‘n onderbroek laat maak in die amptelike kleure van die koshuis, en ons gaan dit nou as persent kry. Tot en met ontheffing in Julie mag jy net daai een onderbroek dra, jy moet hom mooi oppas en hom elke aand was. Dan gaan haal jy vir jou ‘n onderbroek uit ‘n boks, mooi toegedraai in bruinpapier en sellotape. En dan begin die sports. “TREK HOM AAN!” Dit was ‘n ou koshuistradisie en ek het die onderbroek seremonie 4 keer gesien, en daai arme jarre is altyd stomgeslaan. “Wat, hierso voor almal?” “KYK FOKKEN AF JA FOKKEN HIER TREK HOM AAN TREK UIT JOU HEMP OOK!!” Dan maak jy daai bruinpapierpakkie oop en daar is net mooi boggeroll bine-in, geen onderbroek nie. Jy kyk so verslae op en probeer sê maar hier’s niks dan skree jou pa “IS JY FOKKEN BLIND DIS DIE MOOISTE ONDERBROEK OOIT DINK JY JY’s TE GOED OM DIE KOSHUISKLEURE TE DRA!!?” Partykeer besef hulle vinnig en partykeer vat dit ‘n paar minute maar eventually dawn dit op die jarre wat aangaan – ‘n koshuisonderbroek is eintlik geen onderbroek. Dan volg 20 minute van pret waar jy kaalgat uittrek en moet pretend om daai onderbroek aan te trek. As hy aan is skree jou pa “JOU DOM BLIKSEM HY’s ONDERSTEBO, PROBEER WEER!”, dan moet jy “uittrek” en weer probeer. Dan’s hy agterstevoor. Dan’s hy kastig te groot vir jou klein balsak, en jy moet ruil met ‘n ander eerstejaar. Dan’t hy ‘n gat in en jy moet ‘n nuwe een gaan soek in die boks. Dan skielik skree ‘n senior vir jou “HOEKOM IS JY FOKKEN KAALGAT WAAR’s JOU ONDERBROEK!?” dan moet jy hom oral loop soek. Eventually is dit weer “STAAN TWEE!”, en dan staan julle almal daar in julle birthday suits. Tyd vir die eerste streak van die jaar – al rondom twee dameskoshuise wat se name ek nie sal noem nie.
So teen 2uur of 3uur kom jy terug by die koshuis, dan sien jy jou klere is weg en jy kry net ‘n kombers, en almal slaap op die grond in die sitkamer. Deur die nag hoor jy manne huil, en jy hoor hoe word die twee army ouens wat in die kamer toegesluit is gemoer tot hulle sê “Ja Meneer, dankie Meneer”. Daai aand gedink dis die ergste ooit, gedink ek wil net weghardloop. Maar dan dink jy aan hoe teleurgesteld jou pa sal wees en jy sal soos ‘n sissie voel, dan byt jy maar vas. Volgende dag is die twee army ouens weg, en jy word vertel hoe hulle terug is na hulle mammas toe soos moffies, wat net meer maak dat jy vasbeslote is om nie te quit nie. Of course vind jy later uit die twee army ouens was alles net ‘n show, dis twee van die seniors se vriende wat geplant is om te maak of hulle eerstejaars is wat hardegat is, en as senior is dit ‘n moerse show om daai aand geluide te maak uit die kamer wat klink of hulle gemoer word sonder om te lag.
Sesuur word jy opgejaag, nog steeds kaalgat en reguit storte toe. Drie reels vir eerstejaars om te stort: Een: Almal moet klaar aangetrek wees in 10 minute, of daar is ekstra PT. Twee: Jy mag net koue water gebruik. Drie: Eerstejaars stort onderstebo. En as jy nie weet wat dit beteken nie, kyk die foto. Vir ses maande van my lewe het ek elke oggend so gestort, met koue water.
Uiteindelik as jy daar klaar is kan jy jou rugbybroek, hemp en plakkies gaan soek op die hoop waar die seniors dit gedump het die vorige nag, minus jou eie onderbroek wat teen daai tyd in die asblik is. Natuurlik word jy dan eers uitgekak omdat jy nie jou precious koshuisonderbroek gewas het nie, so dan moet jy weer uitrek, en gaan maak of jy hom in ‘n wasbak was. Trek weer aan, dan word daar op jou geskree hoe kan jy so dom wees om ‘n nat onderbroek aan te trek, so dan moet jy hom eers droog kry, wat behels om so vininig as jy kan vir 20 minute heen en weer in die gang te hardloop terwyl jy jou koshuisonnie in die lug swaai bo jou kop.
Uiteindelik kan jy aantrek, eetsaal toe gaan en ontbyt kry, en dan begin die amptelike Ontvangs program om kampus. Wat ‘n saligheid, want dan is dit net die HK saam met jou en jy kry ‘n toer van die kampus, die bib, admin, al die geboue, leer van klasroosters ensovoorts. Omtrent die ergste ding wat jy mee moet deal is om mooi te sit dat jou balsak nie by jou broek uithang nie. Middagete weer by die koshuis, dan is die seniors op en oor hulle babelas, dan begin die rumours oor wat daai aand gaan gebeur. Res van die dag is registrasie en sport-spanne en finansies, en so teen 5uur is jy terug vir aandete. En dit was jou eerste 24 uur, wat jy daai aand besef eintlik die maklikste was, want dan begin die kompetisies. Meer oor dit volgende week…
Watkykjy staan op 3,049,129 post views in totaal sedert 1 November, 2019.