Jack Parow is terug met sy derde vollengte album en dit is gevaarliker as ooit! Die dubbel album, NAG VAN DIE LANG PETTE, kan van vandag af vooraf bestel word op iTunes. Bestel nou en kry die eerste enkelsnit, BLOUBEK, onmiddelik – ‘n eerste vir Suid-Afrika.
Verwagte datum van vrystelling op iTunes: 14 Februarie 2014
Verwagte datum van vrystelling in winkels: 14 Februarie 2014
Meer oor Nag NAG VAN DIE LANG PETTE
Jack Parow vat dit na die next-next-level met Nag van die Lang Pette. Dit word vrygestel as ‘n dubbel album wat beide sy romantiese en gevaarlike kante verteenwoordig.
Die akoestiese deel stel Parow se romantiese sy voor met splinternuwe komposisies en verwerkte ouer treffers. Die verwerkte liedjies sluit Byellville, Eksie Ou, Tussen Stasies, Hard Partytjie Hou en ander gunstelinge in.
Verwag epiese samewerkings met onder andere Valiant Swart, Francois van Coke, Pierre Greeff en Mr. Cat & the Jackal. Parow reis deur ‘n oop nuwe landskap met akoestiese kitare, kontrabas, perkussie en donker Blues melodieë. Hierdie deel van die album is vervaardig deur Justin de Nobrega en Loki Rothman.
Die berugte gevaarlike gedeelte word verteenwoordig deur pompende nuwe elektroniese klanke en kief samewerkings wat die tannies sal bang maak. Dirt Nasty, Francois van Coke, Klipwerf Boere Orkes, Naaldekoker, Rian Zietsman van Taxi Violence and PHFAT – is jy al opgewonde?!
Nag van die Lang Pette sluit 11 akoestiese snitte, 12 elektroniese snitte en 6 Radio Raps insetsels in.
Die eerste enkelsnitte en musiekvideos wat vrygestel sal word is Bloubek vanaf die elektroniese kant en Tema van jou Lied met Valiant Swart vanaf die akoestiese kant.
Skakels:
Twitter: @JackParow
Facebook: www.facebook.com/pages/Jack-Parow/64726534124
iTunes
Watkykjy staan op 3,048,776 post views in totaal sedert 1 November, 2019.