Die fokol groei nogal heelwat volop en hoog tussen New Mexico en Arizona. En elke meter gebeur daar fokol en dit hou aan vir maande, maar dis wat ‘n ware road trip so lekker maak. Wie wil nou in traffic vas sit of vir oor die 500 myl travel langs iets wat soos die N1 lyk tussen Pretoria en Johannesburg? Al wat jy soms kort is die oop, reguit pad met piele musiek of die teer wat onder die wiele raas, veral as jy nog nooit ‘n roete aangepak het nie of nie weet wat op die pad vir jou wag nie.
Teen hierdie tyd het ons nou al soortvan geleer dat daar lekker surprises op die pad is – die gas stations wat bier en ys verkoop, die odd weird sign wat uitdraai om ‘n interessante museum te wees of plekke wat jy nooit sou raai next level brekfis verkoop nie. Daai tipe van dinge. Die pad na Arizona is egter fokken reguit en fokken lank. Dinge het klaar droog begin lyk soos ons Texas verlaat het, so ons het onsself nie regtig opge-psyche vir iets earth shattering nie. Asof daar ‘n unspoken deal van “geniet net die tyd op die pad” was tussen almal.
‘n Hele paar myle met die Texas/New Mexico state border agter ons was dit tyd om bene te rek, daai poepe wat ons ingehou het in die RVs te laat vvvvaaaar en ons huise op wiele se pense vol petties te stop. Ons kyk gewoonlik vir groterige gas stations uit, so Russells Truck & Travel Center het gelyk of dit die job sou doen. Van buite af het dit gelyk soos ‘n moerse Ultra City wat jy oppad Kaap toe kry, so ons kon snacks koop, curious uitcheck en bruinbere gaan stoei. Dit het so rukkie gevat voor ons agterkom het die deur wat agter in die shop se hoekie wegkruip tune nie “Staff Only” nie en ons het gaan kokkenodge wat daar aangaan. En toe ontdek ons ‘n poesgroot karmuseum, kompleet met fokweet wat alles uit die 1930’s tot 1960s. Amerikaanse memorabilia wat by jou ore uitloop. Die waarde van die karre word geskat op ongeveer $3.5mil. Dis R35mil in die middel van fokken nêrens. Net so. Daar vir almal om te aanskou en te geniet. For free. My brein wou breek.
Dis die tipe kak wat jy met luck vang as jy nie voor die tyd bietjie die area Google nie. En Google kon ons fokol want New Mexico druk 4G (ja, Amerika het 4G en dis doosvinnig) ‘n vet fokken pit. Ongelukkig moes ons weer die pad vat. Om sulke gems op die pad te ontdek vreet nogal travel tyd, maar dit was ‘n uur well spent. Soos ons dieper in New Mexico ingery het, het dit gevoel of die pad nog langer raak. Elke nou en dan is die monotony verbreek deur weird signs wat jou vertel dat hulle jou spoed vanaf vliegtuie dophou of dat jy versigtig moet ry omdat daar ‘n tronk naby is. What the fuck?
Later, in Santa Rosa, is daar gestop sodat ‘n paar van die dudes kon wi-fi score om hulle chicks en family te bel voordat almal in SA gaan doedoes. Shamepies. Van ons ander het buite die garage rondgehang met koeldrank, gerook en gekyk na die mense wat in-en-uit Santa Rosa ry. ‘n Bra het met ‘n trailer en ouerige karre en ‘n bike het ingepull en ‘n krimpie met ‘n moerse classic silwer Airstream RV uit die 60s, het kom geselsies aanknoop. Kyk, ons ken mos nou van RVs. Ons het nou al fokken ver getravel in die goed sonder om dit te rol, so ons gesels lekker met die omie soos twee toppies wat hulle plaasbakkies se modifications om ‘n braaivleisvuur bespreek. Hy’t ons vertel hoe hy die kakhuis uitgehaal het om ekstra slaapplek te maak. Hy’t my heeltemal verloor by suspensions van 4×4’s (hy’t ‘n lekker ou bakkie ook gehad) en die conversation het opgedroog. Soos hy wegloop winkel se kant toe het ons gewonder hoekom die arme omie so alleen travel toe iemand opmerk dat hy miskien ‘n Chinese vrou toesluit in sy RV soos daai siek naai van Bates Motel. ‘n Rukkie later kom die omie terug met groceries vir sy RV en sy vrou maak die deur van binne af oop. Sy was Chinese. Dit was super fokken weird. En snaaks. Ons gelag. Toe spat daar so melk by ons neuse uit.
Ons het weer die pad gevat en so uur of wat se ry buite Santa Rosa het ons op ‘n weird Indiaan shop afgekom – Amerika se tipe Indiaan, nie call centre of krieket indaan nie. Dis hier waar mens Delta Airlines en die Rand se decline se ma se privaat dele vloek, want fok, daar is soveel cool goeters daar om te koop maar jy weet voor jou heilige siel dit weeg swaarder as jou gemoed of jou bankbalans. Plus jy weet nie wat nog vir jou voorlê nie. Dis ‘n fyn balans tussen beplanning en verwyte va die tyd, want jy weet nie of jy weer so iets op die pad sal sien nie. Ons het nie:
Sante Fé was ons aand se bestemming, so ons moes ophou rondfok en begin gatte roer. Soos met meeste van die RV parks het ek dit voor die tyd op die interwebs uitgecheck (TripAdvisor is fokken handig) en daar is besluit op Sante Fé Skies – so tien myl buitekant die dorp self, soos meeste van die RV parks. Daar aangekom het van die ouens egter hulle neuse opgetrek en gebitch oor die plek (sonder om uit te klim en dit uit te check) en daar is vir meer as ‘n uur rondgefok en en petrol gemors tot hulle belsuit het op KOA RV Park. Hierdie plek was nog verder uit die dorp uit en was tien keer kakker. In fact, dit het actually soos kak geruik. ‘n Fokken laagtepunt van die hele adventure tot dusver…
Omdat ons net ‘n paar ure in Sante Fé sou spandeer (meeste van dit aan slaap omdat ons die volgende oggend vroeg moes fokof) moes ons die beste van die situasie maak. Dit kom min of meer neer op gaan uit, scope die town centre vinnig uit en gaan maak ‘n paar happe by ‘n bar. As jy ooit die kans kry om Sante Fé te besoek, hou ten minste drie dae oop – daar is fokken baie om te doen (in terme van buitelewe aktiwiteite soos hking, biking, skiing en snowboarding) en te sien. Die plek is heavy kuns en musiek befok. Maar nie die swartraambril en rooiwyn tipe kuns en musiek nie. Properse culture, my broe! Ons het toevallig op ‘n klein club afgekom nadat ons die town sqaure moerse haastig ‘n once over gegee het. Hulle het $5 deurgeld gevra omdat ‘n band bietjie later sou speel.
Ons was die enigste mense (behalwe vir die staff en twee dronk tannies) in Undeground (ook op ‘n tyd bekend as Evangelo’s Cocktail Lounge). Die cover band het begin jol en ‘n fokken goeie job gedoen. Ons het ‘n paar biere in ons gorrelgatte afgegooi en gesit en kyk. Een van die ouens in ons groep het die basement gaan uitcheck waar daar glo ‘n DJ sou musiek maak. Hy’t redelik lank weggebly en eventually gesurface met skaapgesig en die nuus dat daar fokol mense in die basement is nie, behalwe vir die hot bar lady.
Ek het gaan ondersoek instel…
Die baie vriendelik meisie het haarself aan my voorgestel as “Satan” – seker oor die outfit wat sy twee dae na Halloween eers begin dra het. Whetever die rede was, was fine met my. Nooit sou ek dink dat die gedagte ooit deur my brein sou flits nie maar dit was daar: “As ek nie gelukkig getroud was nie, sou ek nie omgegee het om my piel so paar keer in Satan te druk nie.”
Na fokweet hoeveel biere het ons so paar Giro tequila’s afgesluk. Dit was dan dit vir Sante Fé. Klaar met kees. Behalwe vir die mexican ganster ouens wat ‘n hele paar keer fokken stadig verby ons gecruise het, was die res van die aand ‘n blur gewees. Dankie, Satan.
Vroeg vrot, vroeg op was ons weer op die pad. Lank en reguit, hard en aanhoudend, met Arizona as eindbestemming vir die nuwe dag. Niks regtig om oor huistoe te skryf nie, tot ons ‘n bordjie langs die I-40 gewaar het laat die middag: “Welcome – Navajo Land – Visit Us Inside – Yellowhorse” – reg op die border van New Mexico en Arizona in Navajo County. Die Yellowhorse familie het hierdie besigheid in die 50’s begin waar hulle versteende hout en Navjo matte aan toeriste verkoop het. Classy. So reg in die middel tussen fokkol en nêrens waar die landskap lyk soos iets uit ‘n Roadrunner cartoon, behalwe dat daar wrakke van ‘n hele klomp classic karre rondlê wat tien teen een honderder duisende Rande werd sou wees terug in Suid-Afrika. Hier het ons weer vasgehaak en zak spandeer op whatever hulle te koop gehad het voor Arizona se befokte sondsondergang ons begin inhaal het…
Daar is besluit besluit om die aand in Holbrook oor te slaap. Population: 5000 (ons tien ouens ingesluit). Nadat ons kos gemaak het in die RV park en een van die ouens twee liter tequila omtrent by homself opgedrink het was dit tyd om onsself blink te gaan kuier by die Empty Pockets Saloon. ‘n Bar straight uit die movies uit. Een van daai plekke wat jy in Western movies sien waar mense mekaar opfok met vuiste, bar stools, bottels en six shooters. Heeee-haaaa!
Kom hierso, jou fokken hangover! Jy kom saam Vegas toe!
Check die video uit:
Hierdie leg van die trip: 562 myl (sowat 904km)
Fun facts: Op 19 Julie, 1912, het ‘n meteoriet van ongeveer 190 kilogram oor die dorpie van Holbrook ontplof. Daar het ongeveer 16000 klippe oor die dorpie neergebliksem en het gewissel in grootte van tussen 0.1 gram tot 6,6 kilogram
Roete en kaart:
Check groter map
Nog so paar kiekies:
Watkykjy staan op 3,048,726 post views in totaal sedert 1 November, 2019.