Met Elk City en sy 12400 inwoners agter ons, het Amarillo Texas vir ons gewag. Op hierdie stadium was ons 850 myl van ons eindbestemming, Las Vegas, af. Ons het Amarillo geslaan net voor sonsondergang en dit was nogals iets spectacular gewees. Een of ander Amerikaner het my getune dat hulle Suid-Afrika (OK, Afrika – dis mos vir hulle een moerse fokken land) te danke het vir hulle pragtige sonsondergange. Blykbaar iets te doen met Afrika se rooi stof wat al die pad oor die Northern Atlantic waai. “You can go look it up!”, het die bra my getune. Wel, ek het. En jy praat poes! Julle kry mooi sunsets van pollution, tietkop! Nietemin, nog steeds baie mooi. *spuit ‘n slang dood met Doom en skuif cowboy hoed effe boontoe*
Ons blyplek vir die volgende twee aande was die Fort Amarillo RV Resort. Soos al die vorige resorts waar ons tot dusver gebly het was hierdie outjie ook uitgerus met al die basics soos fancy storte en kakhuise, laundry fascilities, ‘n rec room en ‘n moerse curio shop. Hierdie plek het ook ‘n jacuzzi en ‘n verhitte swembad gehad onderdak. Zef, dog stylvol. Salig op die eiers.
Daar is besluit om die eerste aand te gaan tand by die legendary The Big Texan, een van Route 66 se grootste attractions, omdat ons ‘n moerse sign vir hierdie restaurant van Interstate-40 af gesien het soos ons Amarillo vroër die aand genader het. In Texas is alles groter en ons wou ‘n sample hiervan beleef. Jy moes al van die plek gehoor het? Vreet ‘n poesgroot steak op en score ‘n t-shirt? Dit gebeur nie net in movies nie. Dis ook net ‘n oproep weg – jy bel die restaurant en hulle kom haal jou en vat jou dronk ass weer terug na die tyd met ‘n bussie of ‘n poeslelike limo.
Daar aangekom het ons dadelik so paar massiewe biere bestel terwyl ons deur hulle menu begin scan het. Die plek is soos ‘n Spur vir die criminally insane en dit vat ‘n ruk om te besluit wat getand moet word want die variety is moerse en nou en dan dwaal jou oog na die challenge toe: die 72 ounce steak. Daai outjie wat verniet is as jy hom kan opvreet. As jy geskiem het Rand/Dollar conversion is faktap, try 72 ounces. Dis fokken 2 kilogram vleis.
Ek het maar vir ‘n budget meal gegaan teen $15. Jy weet, ietsie klein soos beef quesadillas. Toe maak ek ‘n fokken groot fout en bestel ‘n starter saam met dit: mountain oysters. In plein Afrikaans vertaal dit na “die fokken ballas van die bul”. Die fout was nie soseer die die ballas self nie. Dit was onkunde, want saam met elke meal kry jy drie side dishes for free. Toe my kos finally aankom het ek soos die grootste poes op aarde gelyk: quesadillas die size van ‘n pizza, ‘n bak sop, ‘n bak rys, jalapenos, ‘n aartappel die size van ‘n kind se rugbybal en wat ek vermoed ongeveer drie bulle se saadsakke was.
Jirre. Jissis.
Nadat ek my ballas opgevreet het en nog twee porsies bestel het.. Daar is vir my kolon se onthalwe liefs op die bier gefokus en planne is begin beraam oor wie die 2kilogram steak sou vreet. Hier is vir jou ‘n spoiler: Iemand van ons groep het dit probeer, miserably gefail en ons het $72 ingeclub vir skoolgeld en verder gesuip asof fokol gebeur het. Iemand het wel daardie aand gewen – ‘n ou wat soos ‘n rugbyspeler lyk. Nie ‘n dik voorspeler nie, die harloop-sterk-tipe: ‘n bra van Australië genaamd Bodhi Simpson. Hy het dit gemaak met 17 sekondes oor op die klok en tipies Amerika het ‘n groep van omtrent 50 mense reg rondom die ou gestaan en geskree en gefluit in die laaste paar sekondes soos hulle hom aangemoedig het. Die ou het bleek dog verlig gelyk maar ek was oortuig daarvan dat hy heavy geworry was oor hoe hy vir die volgende drie dae sou moes baklei met ‘n actual grissly beer in die kakhuis. ‘n Kwaai een. Een met naels en tande…
Terloops, hier is hoe die challenge werk:
Jy moet die hele meal opvreet. Dit bestaan uit shrimp cocktail, gebakte aartappel, slaai, ‘n broodrolletjie en botter. O ja, sorry – en die poesgroot 2kg steak. Jy het ‘n uur om dit te doen. Jy mag voor die klok begin die vleis sny en ‘n klein happie vat om te check of jy happy is met die smaak. Jy kan nie na die tyd gaan huil en tune iemand se voorvelkaas het die smaak opgefok nie. Hulle begin die aftelklok en hulle stop hom vir die eerste keer na ‘n uur.
As jy eers begin vreet het, mag jy nie weer opstaan nie. Nie om te gaan kak of te pis nie. Nie om ‘n ‘n dratie te gaan kap nie. Jy sit en vreet tot 60 minute verby is, anders word jy gediskwalifiseer. En dan betaal jy $72 vir jou vleisie. Niemand anders mag aan jou kos raak of dit even vir jou help sny nie. As jy vir een of ander rede kots (in die emmer wat hulle vir jou gee), verloor jy. As jy wen, is jou meal for free, jou naam word verewig op ‘n goue plaatjie teen die restaurant se muur en jy score ‘n t-shirt wat vir almal vertel hoe enorm jou piel is. O ja, en jy moet by die tafel sit wat hulle vir jou aanbied – so klein verhogie. Lekker fokken sirkusapie vibes. “Kyk na my! Ek fokken eet poesbaie vleis op ‘n verhoog! KYK NA MY!” *lig linkerboud op en los skril poep. RRrrrt! Sny verder aan vleis*
Ons is eventually terug RV park toe waar ek vir die eerste keer in my lewe ballas uitgekak het om verder te gaan fles vat en ons volgende moves te beplan. Die beplanning het nie baie lank gevat nie – die volgende dag was Halloween. En wat doen mens vir Hall.. STRIP CLUB!
Ek lieg, man. Ons het sulke touristy goed gaan doen. Die een helfte van die groep het Palo Duro Canyon, die tweede grootste canyon in Amerika, gaan besoek en cowboy boots ten duurste aangeskaf. Die enigste plek wat jy nie soos ‘n kont lyk met cowboy boots aan nie, is in Texas. What a waste! En wie wil in elk geval iets besoek wat die tweede grootste van iets is? Die ander helfte het in Walmart gaan uithang. Ek was een van die losers wat Walmart toe is. Ek sou eintlik graag die tweede grootste canoyn in Amerika wou bewonder terwyl ek soos ‘n kont lyk in my cowboy boots. Hindsight is mos 20/20. Mos. Snik.
.
Gelukkig het ons die Cadillac Ranch per ongeluk ontdek toe almal weer by mekaar uitkom. Wat ‘n befokte plek! Daar gaan fokol aan, maar hoe cool is dit om toevallig ‘n plek te ontdek wat jy al in music videos en movies gesien het?! Dit het nogal ‘n interesting geskiedenis waarmee ek jou nie gaan verveel nie, so gaan lees hierso op daaroor. Ons het ook nie geweet dat jy jou eie spray paint kan saamvat en die karre kan gaan graffiti nie, maar dis gelukkig uitgesort deur ‘n gawe tannie wat op pad uit was en al haar spray paint kannetjies vir my gegee het. As jou raaiskoot is dat ek “Wat Kyk Jy Poes?” sou spray paint op die karrre, is jy honderd persent in die kol:
Ons het ons kort tydjie in Amarillo afgesluit deur Cassidy’s Polo Club te besoek om perde te gaan kyk. Met “polo” club bedoel ek strip club en met “perde” bedoel ek tiete. Of course was ons na die fokken strip club toe, jou naai! Wat de fok anders doen mens vir Halloween as jy in Amerika is? D-uh! Vanweë budget constraints, dronkenskap en algehele gebrek aan verbeelding het ons maar bra kak vertoon teenoor die ander punters. Ek meen, jissis, een van ons dudes wou lyk soos The Joker van batman, maar dit het eerder gelyk asof iemand sy hare met ‘n parkeermeter gekam het. Heavy skaam. Somehow het hy dit tot op die stage gemaak saam met nege ander finaliste waarvaa een ou presies soos The Joker uit The Dark Knight gelyk het. Plus hierdie ou kon breakdance soos ‘n motherfucker.
Dit het hom egter fokol gehelp, want die beoordelaar wat die $500 prysgeld moes weggee het ‘n noise meter gehad waarvolgens hulle die crowd se response en aanmoediging beoordeel het. Ons het fokken vuvuzela’s gehad. Vat so, Texas! Ka-ching!
Check die video uit:
Hierdie leg van die trip: 154 myl (sowat 250km)
Fun facts: Amarillo staan ook bekend as “The Yellow Rose of Texas” en was ook in ‘n stadium na verwys as “The Helium Capital of the World”. Amarillo operate ook een van die grootste “meat packing areas” in Amerika terwyl San Francisco weer bekend is vir hulle fudge packers
Roete en kaart:
View Larger Map
Watkykjy staan op 3,056,192 post views in totaal sedert 1 November, 2019.