Uiteindelik het die laaste leg van ons USA trip aangebreek. Ons het Holbrook, Arizona vroegoggend verlaat om die laaste 350 myl aan te pak na Las Vegas, Nevada. Vanweë verskriklike gesuip en embarrassing dance moves die vorige aand by Empty Pockets Saloon (wat ek later op video ontdek het en delete het), was daar hangovers in abundance. So twee ure in die trippie in was dit tyd vir brekfis en die timing was goed – ons het Flagstaff in Arizona geslaan, ‘n plek met ‘n population effens meer as Vereeniging en rofweg dieselfde grootte. Net baie, baie fokken mooier.
Ek het nie mooi gekop wat die ouens in die voorste RV se mission was nie, want ons het verby een befokte all American diner gery wat hulle soos ‘n stopstraat ignore het. Hulle plan was seemingly om vinnig by ‘n garage te stop en take-aways te koop by Wendy’s (min of meer soos Wimpy, behalwe hulle smous vierkantige burgers) en te vreet terwyl ons verder deurduk met die trip. Hulle het net Vegas op die brein gehad. Gelukkig het ek soos ‘n kind tekere gegaan en my sin gekry. Hangovers maak vir lelike gedrag. Ons het omgedraai en terug gery na die diner toe. Dit was heel moontlik die beste ontbyt ooit op die trip. Hierdie plek is die real fokken deal op Route66.
Tussen die tien van ons het ons sweerlik elke ding op die brekfis menu gevreet. Die variety was amper groter as die hoeveelheid politiese partye waarvoor mens in Suid-Afrika kan stem. As jy ooit lucky genoeg is om deur die dorpie te cruise en hier in te pull om die energielevels bietjie op te kry, try gerus hulle waffles en stroop. Klap sommer ‘n ice cream on the side ook (ek het vergeet). Jirre, dis poeslekker.
Na sommige van ons so paar bruinbere in Flagstaff se rioolsisteem gelos het, was dit weer ons en die RVs op die oop pad. Iewers naby Kingman, ek skat seker so twee ure se ry uit Flagstaff, het ons by ‘n fokken ou Mobil garage gestop om vol te maak met petrol, bietjie deur die garage se shop te loop, so paar roke te maak en net bene te rek. Die plek se surroundings was fokken weird en vervalle – evidence van die ou Route66. Ek het ook besluit om vir my ‘n stukkie van Arizona se Route 66 te koop in die vorm van ‘n ou nommerplaat – iets teen $7 wat ek terug by die huis in my bar kon opsit.
Vir die peeps van Arizona was dit ‘n gewone sondag. Loop rond in jou cammo’s of kerkklere. Ons het ‘n bra met heavy olierige hare gesien in bos cammo. Aan die eenkant van sy belt het ‘n groot six shooter gehang en aan die ander kant ‘n groot fuck-off machete. Hy’t gelyk soos daai Mexican dude met die gate in sy gesig van “From Dusk Till Dawn”. Half ‘n vibe van “the only gun in the Wild West”. Die tipe persoon waarvan jy nie ‘n foto neem nie, want as hy jou sien sny hy jou piel af en druk dit deur jou ore. Toe snap een van die ouens maar ‘n kiekie van een van die minder intimidating ouens, want skielik was daar ‘n trop van hulle. Skelm van agter af. Besig om sy six shooter te polish.
Aan die ander kant van die garage was daar ‘n ou saam met sy vrou/suster/ma in sy kerkpak wat op en af geloop het vir een of ander rede. En met loop bedoel ek hobbel. Hy’t ‘n horrelpoot gehad, een arm was missing en ander ander arm was meer iets soos ‘n krom kloutjie gewees. Ons was nie seker of hy homself in so toestand in geskiet het nie, want hy het ook twee poesgroot rollies gehad wat weerskante van sy belt onder sy kerkbaadjie se flappe uitgehang het. Jy weet, tipies fokken kerkmense… Toe fokus ons maar eerder op die pa-en-seun-spannetjie wat sopas teruggekeer het van ‘n suksesvolle jagtog af met ‘n bok agter op hulle bakkie. Ek kon fokol onthou wat hierdie ouens my probeer vertel het. Hangovers + dooie diere = mondkatjies.
Die son het water getrek en ons het amps getrek. Sorry, Oom horrelpootjie en jagspannetjie, ons moet Nevada toe fok. Sterkte met… wel, alles.
Arizona se landskap het geleidelik begin verander. At least was daar nou meer kronkels in die pad, ‘n bossie hier en daar en ons het al hoe meer Mustangs op die pad begin sien. Fok Duitse motors. Nie een wa-Benzie of Beamer op die pad nie. Proudly American, fuck yeah!
Toe ons weer sien is Hoover Dam se afdraai voor ons. Ons het dit uiteindelik tot in Nevada gemaak! Na fokken dae en dae op die pad in stadige huise op wiele het ons die tiende Amerikaanse staat van ons trippie ingejuig. Die states wat ons gecover het was: Atlanta, Tennessee, Mississippi, Arkansas, Oklahoma, Texas, New Mexico, Arizona en Nevada. Dis poesvêr, maats. Hier was ons met net 35 myltjies oor om te gaan van ons epic road trip met die Hoover Dam reg voor ons – simbolies van ons moerse sense of accomplishment *haal sakdoek uit, blaas snot uit neus en vee trane uit die oë*
Las Vegas se sukses en voortbestaan is grootliks te danke aan die konstruksie van die Hoover Dam. Dit is ‘n 2.5miljoen kubieke meter monser wat deur die Colorado River gevoer word en ‘n oppervlakte van 640 vierkante kilometer beslaan – Presies 9 keer groter as Nelspruit. Lekker, Nelspruit, jou fokken loser!
Dis ook hier waar ons die heel eerste keer in Amerika ‘n roadblock of sorts gesien het. Voor jy by die area inry stop die cops jou en kyk met mirrors onder jou kar se pens. As jy met RVs cruise soos ons, dan gee hulle jou huisie ‘n once-over binnekant, so in case jy daar wil inpull, gooi jou zol weg voor die tyd en maak seker jy’t nie oop biere wat rondstaan en vir hulle waai nie.
Tyd vir die visitor centre, curios koop of vinnig iets in die restaurant graze was daar nie. Mos net fokken Vegas op die brein…
Kokkenodge die video:
Hierdie leg van die trip: 351 myl (sowat 565km)
Fun facts: In 1988 het die staat van Arizona dit ‘n strafbare oordtreding gemaak om in publiek te bedel en Flagstaff se Polisie was fokken hard op hierdie wet gewees. Op 4 October, 2013, omtrent ‘n maand voor ons klomp armgatte daar uitgeslaan het, het hulle weer hierdie wet laat vaar.
Roete en kaart:
Nog so paar kiekies van die Hoover Dam:
Watkykjy staan op 3,056,598 post views in totaal sedert 1 November, 2019.