Ryan Connoly is ‘n film maker, skrywer en director in Texas wat hopelik een of ander tyd deur Hollywood raakgesien sal word. Hy run ‘n YouTube channel genaamd FilmRiot al van 2009 af, waar hy allerhande tricks en tips share met mense wat ‘n interest het in movies, filming en editing. Dis nogal befok, want hy share graag sy kennis wat hy in filmskool bymekaargemaak het. Sharing is caring en filmskool is poesduur. Wat sy shows befok maak is dat hy konsentreer op low budget vibes – hy weet obviously hoe duur dinge kan raak. En die bra maak zak uit die kennis wat hy so for free weggee op YouTube. Dis fokken moeilik om ‘n bestaan uit YouTube te voer, maar die ou kry dit reg. Hy het ook goeie support van sy family, want vier van sy tien (ja, fokken tien!) siblings is aktief involved in sy company, Triune Films. Of dit nou acting of make-up of whatever is – sy peeps help hom uit.
Hy het vandag ‘n short film, Proximity release op YouTube. Dis nogal action packed, fokken goed geskiet en briljant aanmekaargesit. En sy budget was fokol. Dis reg – hy het dit gedoen met fokol zak. Gaan check nou bietjie so paar Afrikaanse “music videos” en dink hoe mense genaai word vir absolute drek. Of dink aan die nuutste O Shucks, Hier Fokken Gaan Ons Alweer, Al is Dit 25 Jaar Later.
As jy ‘n interest het in filming, editing of enige tipe van production, subscribe aan Ryan se YouTube channel. Even al is dit net ‘n effense belangestelling of ‘n hobby wat jy dalk wil probeer. En vir die outjies wat sopas klaar is met matriek en daaraan dink om filmskool toe te gaan nadat jy ophou droom het oor meisies vinger in Margate, moenie pappa se zak wegpoes nie – koop eerder gear met daai geld en fokken leer alles wat jy kan van YouTube af. Maar leer asseblief alles mooi voor jy iets uitkak. Ons is moeg vir tos movies en TV programme. Hoe mooier jou filmpies lyk, hoe vinniger sal mense se ogies oopgaan en substandaard programme op KykNet sien vir wat dit is…
As jy weet van lekker YouTube channels daarbuite, tune ons gerus daarvan. Verkieslik befokte local channels wat gereeld update. Nie ‘n ou wat in 2007 laas ‘n video afgeneem het van sy klein nefie wat ‘n snotbubbel bars en dan huil nie.
(O ja, en tune vir Ryan sommer op Twitter as jy sy movie geniet het. Hy is Amrikaans, so jy moet obvisouly Engels met die man praat.)
Watkykjy staan op 3,056,186 post views in totaal sedert 1 November, 2019.