Fok shopping malls hierdie jaar. Nee, seriously, fok hulle pers! Ek het verlede geskip om online te shop en het alles last-minute gaan soek in Pretoria en Joburg se malls op die 24ste Desember. Dit was 'n Maandag en dit was 'n fokop. Daar is nogsteeds fokol persente gaan koop in die winkels vir hierdie Krismis en die kak slaan die fan volgende Woensdag. Voorbehoed is beter as nageboorte, so ek het so paar options online gaan soek. Die tipe kak wat jy online kan bestel en binne 24 uur voor jou deur kan verwag. Dis uiteindelik my trick hierdie jaar.
Hier is 2013 se voorstelle vir krismisboks en so paar tips:
Gaming:
Vir ander rede het ek 'n groot swakheid vir games wat ek bestel, in 'n box pak en soms glad oopmaak nie. Die intention is altyd daar om 'n "Xbox" dag te hou waar ek net uitzone en muf raak voor die TV maar vir een of ander rede gebeur dit fokken nooit nie. Tyd is nogal 'n doos. Maybe hanteer jy dit beter. In daai geval, hier is so paar voorstelle vir games:
Die games waarvoor ek soms wel tyd maak is enige iets wat Lego uitbring. Heavy gay, ek weet, maar fokken lekker. Grand Teft Auto kan jou vir die hele 2014 ook besig hou en jy kan dit afwissel met 'n kar game. Kar games fokken rule en Need For Speed loop al 'n lank pad en sal nie disappoint nie.
Ander games op die lys van voorstelle:
Fifa 2014 – sokker is about die enigste sport wat realisties genoeg lyk op gaming platforms. Golf ook maybe. Maar fok golf. Golf op enige vorm van TV is kak.
Call Of Duty Ghosts – enige game waar jy die kak uit iemand uit kan skiet is befok, dis net kakmoeilik op 'n gaming console as jy vir jare lank soos ek gewoond was daaraan om met 'n mouse en keyboard te jol. Ek wil elke keer kots as ek Gears Of War speel want ek maak myself fokken dronk (met die game, nie die brannas nie) en gee gewoonlik op.
'n Goeie gaming accessorie sal iets soos die Orb Xbox360 Magnetic Induction Charging Disc wees. Ek het dit nog nooit voor vandag gesien nie, maar dit lyk of dit die hassles uit weggooi batteries kan vat en jou controller wirelessly kan recharge.
Musiek
Ondersteun hierdie jaar bietjie die local muso's en koop hulle CDs of download dit. Daar is 'n hele paar befote CDs hierdie jaar release. Fokofpolisiekar verkoop byvoorbeeld limited vinyls by hulle shows en het 'n DVD uit. Jack Parow het 'n live DVD release. Daar is Shadowclub se nuwe CD (gister release), Liela Groenewald, Aidan Martin, Nomadic Orchestra, Van Coke Kartel het Bloed, Sweet & Trane release. Daar is nuwe international releases soos Avicii se True, Robbie Williams (Swing both Ways), Jake Bugg (Shangri La) en Eminem.
As CD's nie jou ding is nie maar jyself rondfok met musiek in jou garage, wat van iets eenoudig soos nuwe snare of 'n loop station sodat jy soos Jeremy Loops kan rondfok by die huis? Jirre, daai loop station lyk masjien. Ek skiem ek gaan dit koop. Met my goose se zak. En haar nie vertel nie.
So paar tech voorstelle:
Wat van 'n media player om al jou movies en TV series wat jy illegally download op jou TV te kyk?
Maybe kort jy 'n nuwe laptop – as jy net een soek om mee rond te fok op die internet en basic shit te doen behoort jy nie meer as R4k te betaal nie. Iets soos 'n Dell Inspiron sal lekker werk. Die stuk kak wat ek het doen die job vir die day-to-day dinge en trek al amper by 6 jaar oud. Andersins gaan vir fokken goud en kryvir jou 'n gaming laptop. 'n Asus met 16gb RAM doen fokken alles. Ek het een van hulle ook. Soggens word ek wakker dan het die ding klaar koffie gemaak en is besig om my draad te trek. Next level shit.
Dalk kort jy 'n nuwe TV. Try maybe 'n 23" LED TV vir 'n kleinerige vertrek – ek gebruik myne sommer vir 'n screen op my desk top PC en sy stert is by my een DSTV decoder ook ingeplug. Andersins in my VHS masjien waarmee ek 80s Duitse porn kyk.
Daai is alles voorstelle vir persente wat jy heel moontlik vir jouself kan koop, tensy jou beter helfte versrkiklik goed is met draties kap of velle blaai en dus duur persente verdien vir vermelde gelukkie, bederfies en gunsies. Vir lower budget options dink miskien aan basic goed soos 'n 16gb flash drive (wees creative en laai dit vol familiefoto's) of 'n dual charging station waar jy 'n iPad en iPhone kan connect.
Vouchers kan ook lekker werk. Iets soos 'n 60gb internet data bundle kan ook befok werk. Maybe kleiner goed soos bluetooth keyboards of 'n wireless mouse. Krap bietjie rond onder tech. Daar is fokken baie klein gadgets ook vir nie te veel zak nie.
Fotografie en filming
Jy weet daai familielid wat nou fotografiebefok geraak het en besluit het om in 2014 'n besigheid te begin deur troues en baba's in waatlemoene af te neem? Fokken tit idee! Moenie daai pad loop nie, want elke tweede marabs met 'n kamera dink aan daai plan. Maar jy kan nogsteeds fun hê, right? Jy wil nogsteeds kiekies neem by Koppi of van daai groot vis wat jy gevang het. Oom manie se poepe wat hy dronk om die vuur aansteek moet op video vasgevang word en op YouTube stelling inneem langs "Charlie bit my finger".
Hier is so paar tips: As jy in die mark is vir 'n videokamera, maak dit nie regtig saak vir watter brand jy gaan nie, solank dit net HD is. Die goed is deesdae baie cheap. Sony se entry level kamera's is moerse lekker en werk befok in low light. Enige Canon Legria se beeld is fokken uitstekend maar die battery hou net oor 'n uur. Dis 'n goeie koop as jy die longlife battery as 'n ekstra koop. Of as jy natuurlik OK is met 'n uur se battery life.
As jou sakke bietjie dieper is en jy mik na 'n DSLR, Gaan gerus vir die Canon 650D. Dis 'n uitstekende kamera wat in nice bundles uitkom met lense en what-not. Goei kwalitiet foto's (depth of field is befok met 'n 50mm lens) en baie befokte HD videos. Hoor nou mooi: die 700D is ook nou uit en is duurder. Daar is fokol verskil tussen die 650D en die 700D. Gaan eerder vir die ouer model – dis cheaper en jy mis uit op niks nie. Dis steeds gewild. Daar is ook niks verkeerd met Nikon in enige van die DSLR reekse nie. Dis maar 'n persoonlike keuse.
Accessories wat goeie geskenke sal maak is 'n lekker tripod en vir video entoesiaste is die Rode VideoMic 'n piele idee. Sy prys het in die laaste jaar met omtrent R1000 geval. Kombineer hierdie drie outjies en jy het jou trouvideo besigheid op die been. Nou moet jy net geleer word om van Windows Movie Maker af te klim en van kak musiek en tos transitions af weg te bly…
Kinders:
Om vir kinders onder die ouderdom van 2 jaar oud kerspersente te koop is 'n fokken waste. Gee hulle jou eie persente se wrapping paper of laat hulle met die bokse speel. Daar is ook allerhande kinder TV shows wat heavy incash op toys en die goed is poesduur. Passop vir daai trap. Hannah Montana se chastity belt en S&M leathers. Jy check? Ongelukkig is Lego ook fokken duur, maar meestal die moeite werd. Gaan Fong Kong al die pad – koop die rip-offs. Dit werk cheap uit vir speelgoed soos Transformers. Daai kak gaan in elk geval breek, so hulle kan net sowel die cheap kak breek, huil en oor dit kom.
Koop iets wat jy saam met die kinders kan jol of wat hulle buite besig sal hou. My keuse vir die familie se sewejarige enkelbyter hierdie jaar was een van daai boxing balle op 'n paal saam met traning gloves en wraps dat die laitie nie sy vuiste breek nie. Dit hou hom besig en leer om teen imaginary dose te baklei. Of iets in daan lyn. Of gaan vir 'n treinstel, 'n oranje zombie robot en 'n swembad. Ek sal nogsteeds met hierdie kak kan jol, veral met 'n brannas in die verkakte swembad:
Vir pappa (of mamma as jy dalk 'n hint van 'n adamsappel het of Crocs dra):
Jy kan vir enige iemand 'n Leatherman gee en daai persoon sal happy wees. Nog iets wat 'n hit sal wees (ek fokken belowe myself nou al vyf jaar lank ek sal dit vir myself kry – dalk hierdie jaar) is 'n cordless drill stel. Jy wil nie noodwendig shit regmaak nie, (dit kan 'n moerse las raak as so persent vir iemand anders 'n inspirasie of aspirasie was) jy wil net die fokken boor hê sodat jy kan sê jy het die fokken ding.
O ja, en daai fokken deurmekaar tuin van jou kan dalk doen met 'n leaf blower. Moerse snaaks, huh? Dan blaas jy die blare net so van die een kant van die erf na die ander kant toe. Sorry, maats, maar die comedians (en daai tannie van 702) wat grappies maak oor die apparate het nie 'n fokken clue dat dit 'n vacuum function ook het nie. Waarvoor dink jy is die bliksemse sak daar, jou fokken tietkop?
En laastens, wat van 'n lekker ou kampstoeltjie vir twee? Dis ideaal vir mense wat die buitelug ten volle geniet asook couples wat foto's van hulleself saam op Facebook het as 'n profile pic met 'n naam soos "Danie en Anette Van Der Kannie-'n-dag-sonder-mekaar-nie". Nou kan julle sommer ook gate in die stoel sny en saam kak ook, hoor. Merry fokken Krismis!
Watkykjy staan op 3,090,627 post views in totaal sedert 1 November, 2019.