"Dusty Rebels is nie jou stock standard festival nie," dink ek by myself terwyl ek my pieperige tweemantent in die Kaapse wind probeer pitch sonder tentpenne. Op die volstruisplaas vir 'n festival wat een dag lank is. Maar ek dink dit meer want ek kyk vir 'n beautiful glimmende blou vintage GMC trok in die kampplek en 'n paar warm, 50s style opgedolliede dolls wat verleidend oor die bonnet gedrapeer is. Hier gaan dit mos lekker raak…
'n Rukkie later mission ons na die dirt track toe waar genuine hotrods en ratrods rondgegooi word in die stof. Die geraas is lieflik oorverdowend en die karre is mean genoeg om uit 'n Mad Max movie of ZZ Top music video te wees. Veral Frikkie van KZN is 'n treffer met sy monster van 'n rod. Toe hy die kamera sien, smaail hy so breed as wat hy al die kleppe 'n sekonde later oopmaak en REVVVVVVV tot daar so bietjie bloed by ons ore uitkom. Net genoeg dat dit lekker bly, maar ook bietjie seer. Jy ken?
Behalwe vir die rods is daar myle myle myle se classic karre. Mustangs, Thunderbirds, Valiants, Buicks, Corvettes, Impalas, Chargers, you fuckin' name it pappie. En bebliksemde bikes. Fokken oral. Soos seuntjies voor die Hot Wheels rak by Reggie's verloor ek en Fredit mekaar soos ons kyk en fluit en afneem en wens en droom en kwyl en geniet.
Ons verkas net om die roller derby by te woon. Check, roller derby is 'n kont-aksport waarin girls op rolskaatse mekaar uithaal om 'n skaatsbaan. Poeshot. Ja, daar is ook reëls en goed maar dis nie nou hier ter sake nie. Try fokus man, jissis. Girls. Rolskaatse. Rokkies. Kontak. Ons sit lekker naby aan die aksie terwyl die Cape Town Rollergirls mekaar afskryf en al die mans die sport bewonder. Mans like mos sport. Dis vir ons mooi.
(Daar was ook sogenaamde 'bike polo' vroeër. Met 'mans'. Dit was presies die teenoorgestelde van die roller derby.)
Tussenin vang ou Chopper 'n vinnige skeer by 'n barber shop, koop 'n dagger op 'n ketting, check die tattoo karavaan uit en graze bietjie Mexican on the run. Jy check, hulle het al hierdie vibes daar asook massages, 'n haarsalon, 'n Harley Davidson stalletjie, 'n American diner en nog ander stuff. Fokken mal kak.
(Fredit manage ook om baie amper deur 'n Hell's Angel getimmer te word oor fotoregte op die man se colours. Darem net amper.)
Maar toe sak die son en daai ou kroegkreet roep in my swart hart. 'n Paar tequilas later en ons kom by die bands uit. Rockabilly so daar is 'n lekker dik groove waarop jy kan boogie. All night long. So gesê, so gedaan. Ons trek los…
Tussen solid gold performances van local rockabilly favourites soos die Ratrod Cats, Th' Damned Crowes , Them Tornados en ander word ons ook getreat deur volborstige burlesque performances wat die manne ge-olie hou vir die dansery. Tiete doen dit.
Special mention moet gemaak word van The Pits (fokken awesome band) wat hulle tweedelaaste gig daar gedoen het. En ons met CDs gegooi het, but in a good way. (Bly was ek om na die tyd te hoor hulle verdwyn nie, maar vorm 'n nuwe groep: Die Flaming DeVilles. Kyk uit.)
En dans het ons gedans pappie. Blase op my voete, stof in my onna, gefokte nuwe tekkies, seer arms van my favourite rollergirl queen herhaaldelik optel en (probeer) dip en 'n wrede hangover te groot om in my tent te pas die volgende oggend. So ook my asem.
Sweerlik was ek die dronkste mens by Dusty Rebels. En dis nie 'n brag nie. 'n Groep uitruilstudente van Europe het dit selfs in my gesig vir my gesê. Oh well. Sharp en volgende jaar maak ons weer so. Once.
(Foto's en video deur die Image Engineer)
Watkykjy staan op 3,084,297 post views in totaal sedert 1 November, 2019.