Die rede vir vandag se blast from the past is sodat julle outjies kan saamspeel. Ons bou 'n nuwe parkie waar julle kan speel en maak die hekkie net voor krismis oop. As jy tried en tested respte het, laat hoor van julle. Kiekies sal ook lekker wees (nie hierdie Nokia kak uit 2006 soos hieronder nie). Laat hoor van julle…
Biltong is 'n funny dier. Dit lyk soos kak, maar proe nogal oraait. Maar dit ruik nogal kak as jy te veel gevreet het en heeltyd poep. Dit laat chicks en mamma se seuntjies in Londen huil en huis toe verlang. Net soos Marmite en Mrs Balls. Persoonlik dink ek daai mense is net fokken simpel en kort PK's. Hierie is vir my 'n eerste gewees. Ek het nog nooit in my lewe biltong gemaak nie, totdat ek in Rrrtgerië opgeeindig het.
Dis actually moerse fokken basic en het my laat dink dat die Boere wat so kaalvoet op aaptwak rondgehardloop het oor die berge en veediewe gejag het nie sulke rocket scientists was soos wat party aweregse klipkoppe vandag nog voorgee nie. Skiet dier. Hang vleis. Hang bal. Eet. You get the picture. Nietemin, hier volg grifF se keurige basic resep vir billies soos hy hom geleer maak het by Uncle Egghead.
Daar is 'n so paar bestanddele en ons draf gou deur hulle met 'n paar sweterige Puma breakdance tekkies: Vleis: Fokken obvious. Maak nie saak watse vleis dit is nie. Daar word vir ons vertel dat die vleis wat ons hier eet bees fillet is. Dit is tien teen een nie. Dis seker bok of iets. Mens glo maar net sulke mense, want as die vleis rooi is en dit ruik nie soos jou voete of jou voorvel nie, is die saak pers (pers beteken reg, soos in: My saak is pers met die Skepper).
O ja, en moenie fokken brag oor jy al baber of volstruisbiltong gevreet het nie. Hoiti-toiti-fokken-hoiti. Niemand gee om nie. Daar is chicks op die Internet wat al erger dinge in hulle monde gehad het as jou patetiese eksotiese volstruisbiltong. Jy moet nou jou wiskunde watch, want ek gaan werk met 2kg fillet. Al die hoeveelhede hieso moet jy maar maal en deel volgens jou behoefte. As skommies een van jou behoeftes is, moet dit asseblief nie deel nie. Bêre daai ding.
Asyn: Doodgewone wit asyn wat jy in jou baadjie se binnesak druk in Spar as jy net geld vir skywe het. Vir 2kg het jy minder as 'n halwe glas vinegar nodig, so jy kan by die buurtannie gaan leen as jy nie zak het nie en jy like nie van shoplift nie. Actually as jy nie zak het vir vinegar nie, sal jy ook nie zak hê vir vleis nie, so jy sal dalk 'n fillet voor in jou broek ook moet indruk as jy uitmaak van steel. Of maybe vir die buurtannie met 'n leepoog en 'n bewestemmetjie vra vir die vleis ook as jy 'n goodie-two-shoes is.
Spices: Vir spices het jy die basics nodig: 2 hande vol sout, 'n hand vol swart gemaalde peper en koriander na smaak. Ek like hierdie laaste deel – na smaak. Dit klink fancy. "Die spietkop het die motoris na smaak gepoes toe hy hom eventually aftrek." Ek verloor nou die punt… O ja soos ek gesê het 2 hande vol sout en 'n handvol peper. Maak seker dat jy al die sout en peper afvryf en dat dit nie vassit op daai hare in jou handpalms nie. O ja fok, jy het ook twee glase water nodig. Jy bliksem 6 eetlepels vinegar in die water om dit te verdun. Die asyn te verdun, nie die water nie, jou blerrie fool. Ons gaan assume dat jy twee 1kg stukke fillet het. Dit gaan opgesny word, maar jy kan eers bietjie fun hê. As niemand by is nie, gebruik dit vir shadow Mortal Kombat fighting asof jy twee ninjastokke het. Dit kick serious ass vir 'n rukkie tot jy jouself in die pere raakmoer of die bure jou betrap.
Raait, moving swiftly along. Sny elkeen op in repe van omtrent tien stukke vleis. Jy kan dit in meer stukke sny, maar die tien stukke waarvan ek hier praat is jou standaard Villeria slaghuis size top tipe biltong. Moer alles in 'n bak. Alles. Dit beteken jy het die sout, peper, asyn water en koriander (na smaak – hehe) gemeng en nou bliksem jy alles bo-oor die vleis in 'n bak. Cover dit met ouma se doilie as jy wil, jy wil nie he die vlieë moet op jou potensiële sukses kak nie (jy gaan mos nou daai stalletjie oopmaak in Hatfield – Billie's Bites). Los die hele gedoente vir so ses tot agt ure laat alles lekker insoak. Dit gee jou genoeg tyd om die ander buurtannie te gaan brand op die oom se lessenaar in hulle studeerkamer. Maak seker jy steel daai boksie paperclips daar langs die familiefoto…
Raait, na jy terug is van jou uitstappie by die bure het jy klaar gestort en gehuil en die biltong is reg om opgehang te word. Sien jy nou waarvoor die paperclips was? Slim plan gewees, nê? Jy kan ook bloudraad probeer, maar buig verkieslik jou biltong hakies as daar 'n chick is om jou te bewonder. Trek ook sommer jou hemp uit as jy dit doen, jou fokken yster. Hang die biltong sommer in die badkamer aan vislyn op wat jy iewers span (maybe tussen die diefwering en die stortkop of iets). Sien die foto hieso saam met die resep om 'n idee te kry. Nee, dis nie my Bear onnebroek nie en nee, ek weet nie wie s'n dit is nie. Dit sal jou droogkamer wees vir die volgende week en 'n half. Ek moet ook beklemtoon dat jy dit slegs doen as jy twee of meer badkamers het. Mens kak nie waar jy eet nie. Jy kan wel lees waar jy kak. Dit vat die aandag af as die groot bere kom kuier.
Daar het jy dit nou. Lekker basic billies. Nou kan jy raggas met vertroue kyk saam met jou tjomme terwyl hulle jou biltong tand en progressief dronker word op rum en Castle. Jy is fokken main! Twee vinnige wenke vir vegetarians en humaniste: Vegetariërs en humaniste kan presies dieselfde resep vir biltong gebruik. Vegetariërs kan die vleis vervang met een of ander vrugte of groente. Daarso, nou het jy skiltong. Humaniste volg ook dieselfde resep vir biltong, maar in plaas van diere gebruik hulle humans. Die tril is veral sag. Mooi so, eet nou jou triltong saam met koffie en beskuit…
Watkykjy staan op 3,101,774 post views in totaal sedert 1 November, 2019.